Mugabe is “skolier van die eeu”

Robert en Grace Mugabe. Foto: GCIS

Robert en Grace Mugabe. Foto: GCIS

President Robert Mugabe is deur die African Council for Distance Education as die skolier van die eeu aangewys.

Die Zimbabwe Broadcasting Corporation (ZBC) berig dat dr. Olivia Muchena, minister van hoër en tersiêre onderwys, tydens die geleentheid gesê het dat Mugabe ʼn fantastiese skolier is en dat geen leier al só prestasie behaal het nie.

Muchena het gesê as ‘n vooraanstaande afstandsonderrigstudent is Mugabe ‘n spesialis in politieke ekonomie en maatskaplike ingenieurswese.

Dit kom kort na berigte dat Mugabe sy vrou, Grace, se doktoraat nagesien het. Oppah Muchinguri, uittredende hoof van die Zanu-PF-vroueliga, het vroeër die week tydens ʼn saamtrek in Mazowe, noord van Harare, gesê Grace Mugabe het slapelose nagte gehad terwyl sy vir haar doktorsgraad studeer het, “terwyl president Mugabe dit nagesien het”.

Haar uitlatings het opnuut ʼn herrie veroorsaak oor die doktorsgraad wat deur die Universiteit van Zimbabwe aan Grace toegeken is, glo twee maande nadat sy daarvoor begin studeer het. Talle Zimbabwiërs glo dat die graad op ʼn bedrieglike wyse aan Grace, ʼn voormalige tikster, toegeken is om steun te verleen aan haar nuwe politieke loopbaan.

Die 49-jarige Grace gaan oorneem as hoof van die Zanu-PF se vroueliga en het al te kenne gegee dat sy ambisie het om president te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rupert Ashford ·

Hy’s alles behalwe dom julle. Die ou is hoogs geleerd en ‘n fantastiese spreker. Hy’s net so geslepe en boos dat al die goeie wat daaruit kan/kon kom vernietig is. O en Grace is ten minste slim genoeg om te weet waar om haar bedjie te maak by wyse van spreke…LOL

Grassie ·

Ek dink nie hy is “skolier’ van die eeu nie, eerder skandaal van die eeu.

Leon Strachan ·

Idioot van die eeu. Hierdie mense verbaas my elke dag meer en meer en dan glo hulle hulself ook. En eindig alles met ‘n enorme party met iemand anders se geld.

Leeutjie ·

Al die forumsprekers hierbo amuseer my meer as wat die artikel my beindruk het. Ek het nou lekker gelag oor julle uitlatings. Net ons boerenasie kan so fyn spot!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.