Robot maak man dood in fabriek

Foto: http://www.volkswagen.de/

Foto: http://www.volkswagen.de/

’n Duitse tegnikus is dood nadat ʼn robot in ’n Volkswagen-fabriek hom teen ’n versperring vasgedruk het.

Die tegnikus en ’n kollega was besig om die robot te installeer toe die ongeluk gebeur het.

Volgens die fabriek was dit ‘n ouer soort robot wat nie so klein en afgerond is soos die jonger generasie robotte nie, wat by die ongeluk betrokke was. Die ouer generasie robotte werk juis in sogenaamde veiligheidshokke om direkte kontak met mense te voorkom, maar die tegnikus was ook in die veiligheidshok.

Die nuwe generasie robotte werk sy aan sy met mense op die produksielyn.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Bron: AP. Lees meer in Trouw en Financial Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieta ·

Dis nogal ongevoelig! Mens kan sien jy was nog nooit in ‘n soortgelyke fabrieks-situasie nie. Ek was daar, en glo my Produksie is ALLES, so die arme Ingenieur/Tegnikus is normaalweg onder geweldige druk om die Robot te laat werk…

annette duvenhage ·

Lyk my amper of tot Robotte nou teen die mensdom draai….ai tog….miskien moet ons ‘n paar van daai invoer om die Plaasboer op te pas.

Avatar ·

Klink na goeie voorstel Annette. Arme man, moes ‘n aaklige dood wees…net soos wat die marteling van ons boere tydens aanvalle ook afgryslik is. Dit is so erg dat die volle prentjie meeste vd tyd nie oor verslag gedoen word nie. Hierdie artikel het my ook laat dink…en toe is wetenskaps’fiksie’ nou nie net meer ‘fiksie’ nie!

neelsie ·

Pieta ek sekondeer.
Ken ook omstandighede in motorfabriek…..alles maar nie aangenaam nie.

veilig ·

Sterkte aan die veiligheidsverteenwoordiger in daardie fabriek, hy sal sy hande vol he met ondersoeke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.