Rockster dood in huis aangetref

Chester Bennington by Chris Cornell se begrafnis in Los Angeles (26 Mei 2017). Foto: Chris Pizzello/Invision/AP

Die hoofsanger van die rockgroep Linkin Park, Chester Bennington, is dood nadat hy homself glo Donderdag in sy huis in die suide van Kalifornië in die VSA gehang het.

Die webtuiste TMZ berig wetstoepassingsagentskappe het bevestig die 41-jarige Bennington het in sy huis in Los Angeles selfmoord gepleeg.

Die Daily Mail berig sy liggaam is kort voor 09:00 in sy huis in Palos Verdes in Los Angeles gevind.

Bennington het ʼn geskiedenis van dwelm- en alkoholprobleme gehad. Sy dood kom op dieselfde dag as sy goeie vriend, Chris Cornell, se verjaarsdag. Cornell was die hoofsanger van die groep Soundgarden en het homself in Mei om die lewe gebring deur homself te hang. Hy sou vandag 53 jaar oud geword het.

Bennington laat ses kinders uit sy twee huwelike agter.

Linkin Park se agente het volgens mediaberigte nie onmiddellik op versoeke vir kommentaar gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Freddie ·

Nee, ek dink dis maar net plein depressie. Ander se boeke is duister.

H ·

Natuurlik is dit nuuswaardig. As dit ‘n plaaslike sanger was sou almal sekerlik daarvan wou hoor. Hoekom nie as dit ‘n internasionale bekende persoonlikheid is nie?

Wagter ·

Natuurlik is dit nuus !!!! Dis een van die bekendste groepe wat vandag se 20 – 30 jariges meer groot geword het ! So sad..

Ashlee ·

Ja????? Dalk ook die maan landing destyds veroordeel net omdat dit nie in jul agterplaas was nie.

VanAfrika ·

Natuurlik is dit nuus, dis een van my seun se gunsteling groepe en hy is geskok dat die ou dit gedoen het. Hy kyk nooit nuus nie en het glads voor die tv CNN news gekyk maar kon niks sien want OJ Simpson se paroolsaak het voorrang gekry

Duh?! ·

Hy is n bekende. Bekende se lief en leed – lewe en sterwe is nuus.
…gaan klim teruf onder jou klip!

Lynni ·

Ai, hul musiek laat my dink aan my seun se tienerjare. Musiek altyd so hard gespeel.

Danny ·

Wagter, ek stem saam – en dit bly hartseer, ongeag omstandhede of redes. Ek is nie hier om te oordeel of veroordeel nie, hy het sy eie skoene volgestaan, nie ek nie.
*Another legend lost|*

yolandi ·

Mense dink soms datdepressie net in die kop sit, hy was verby die punt van hulp, mag sy siel nou vry wees van die donkerte wat so maklik sy intrek in n gelukkige liggaam neem, ek weet, ek is self bipoler, goeie dae is uitstekend maar die donker dae is soms te donker….
My gebede gaan uit na sy familie

Elsie ·

Wat ‘n sanger……..sy dood laat ‘n groot leemte in die musiek bedryf

Ek ·

Definitief! Die musiek bedryf sal nooit weer dieselfde wees nie.
Ek is n groot fan! Gaan hom mis! Hoe hartseer!

Christo ·

Goeie kunstenaar, het hulle gesien toe hulle getoer het in SA

VanAfrika ·

En wat nou van sy band lede, hulle moet nou so verlore voel

Johann Oosthuizen ·

Mike Shinoda is eintlik die brein agter die musiek maar Chester se unieke stem was die kenmerk.

Johann Oosthuizen ·

Tragies – hy het veskroklik baie vir mishandelde kinders gedoen deur sy agentskap, jammer dat hy nie self help kon kry nie. Hy was ook op n stadium met n tipe keelkanker gediagnoseer maar was oppad om te herstel. So jammer – hulle musiek is kragtig en dalk nie almal se smaak nie maar treffend.

Malan ·

Ons gesin ken ook die donker greep vaan depressie. Chester die sanger van Linkin Park het jare n stryd teen dit gehad, ook agv seksuele aanranding toe hy 7 was. Hy het fantastieke lirieke geskryf uit n baie seer binneste. Ek dink sy sanger vriend se dood, 2 maande terug het hom finaal geknak in sy depressie toestand. Dis baie hartseer maar eindelik is sy pyn nou stil. Hy was werklik n begaafde sanger en liriekskrywer!

Leon Stevens ·

Tragies. Hy het ‘n baie moeilike kinderlewe gehad, was as kind seksueel misbruik. Op 11-jarige ouderdom skei sy ouers en dit plaas hom op die vernietigende pad van alkohol, kokaïene & meth. Hy was ‘n bergie teen die tyd toe sy sangtalent raakgesien is. Hy het nooit werklike genesing en bevryding vir sy “addictions” & verlede gekry nie en dit daagliks met hom saamgedra. Die lirieke van Linkin Park se liedjies handel alles oor sy verlede. Die Satan eis hier weereens een van musiek se sangtalente…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.