’n Private vliegtuig met ’n Roemeense miljardêr as vlieënier het Sondag in ʼn leë kantoorgebou naby Milaan in Italië neergestort.
Dan Petrescu, sy vrou, sy volwasse seun en vyf ander onder wie ’n kind was aan boord van die Pilatus PC-12 toe dit in die kantoorgebou neergestort het. Al agt het in die voorval omgekom.
Die ligte vliegtuig het kort ná 13:00 opgestyg by die Linate-lughawe in Milaan onderweg na Olbia in die noorde van die Italiaanse eiland Sardinië.
Die lugvaartagentskap ANSV sê die vliegtuig het enkele minute later in San Donato Milanese, ʼn stad suidoos van Milaan, neergestort.
Volgens ooggetuies was die vliegtuig reeds in vlamme gehul voordat dit in ʼn leë kantoorgebou neergestort het. Die kantoor ondergaan tans opknappingswerk en geen beserings is op die grond aangemeld nie.
Petrescu (68) was die hoof van ʼn groot konstruksiefirma en het ʼn reeks hipermarkte en winkelsentrums in Roemenië besit.
Italiaanse media berig die vliegtuig se swart boks is teruggevind en ’n ondersoek is van stapel gestuur.
Daardie jas het nie sakke nie.
Wat het hy nagelaat? Alles.
Naak kom jy die wêreld in en naak sal jy dit verlaat…….miljardêr nê?