Rolling Stones-dromspeler oorlede

Rolling Stones-dromspeler Charlie Watts op die verhoog (12 Julie 2003) (Foto: Eric Feferberg/AFP)

Charlie Watts, dromspeler van die legendariese Britse rock n roll-groep die Rolling Stones, is Dinsdag in die ouderdom van 80 oorlede.

“Dit is met groot hartseer dat ons die afsterwe aankondig van ons geliefde Charlie Watts. Hy is vreedsaam oorlede in ʼn hospitaal in Londen, omring deur sy familie,” het sy reklameagent Bernard Doherty in ʼn verklaring gesê.

“Charlie was ʼn geliefde man, pa en oupa en ook, as lid van die Rolling Stones, een van die beste dromspelers van sy generasie.”

Doherty vra dat die familie, musiekgroeplede en nabye vriende se privaatheid in dié moeilike tyd gerespekteer sal word.

Watts was bekend as die “stil ou” van die wilde groep wat die Swinging Sixties gedefinieer het met klassieke treffers soos “Jumpin’ Jack Flash” en “(I Can’t Get No) Satisfaction”.

Hy het metronomies tyd gehou op die verhoog – ʼn balans vir die energie en charisma van sanger Mick Jagger en kitaarspelers Keith Richards en Ronnie Wood.

Hy het vroeër vandeesmaand aangekondig dat hy die Rolling Stones se toer deur die VSA volgende maand sal misloop ná hy ʼn mediese prosedure moes ondergaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

MakersMark ·

Groot verlies vir die musiek wêreld. Was saam met die res van die stones lewende legendes.

Peach ·

Dis nou wat jy noem “age is just but a number”….. 80 jaar en steeds op toer as deel van ‘n “wilde” rock groep indien siekte nie ‘n moersleutel in die werke geval het nie. Rus in vrede ou grote.

Chuck ·

Sonder emosie en tierlantyntjies tyd gehou op sy tromstel vir die ander 3 wildes….RIV “Ice Man.”
( Net so terloops, dis tromspeler, nie dromspeler nie….)

Marthinus W ·

Tegnies korrek is dit trom…, maar ek voel ons moet ons taal begin aanpas, en skryf soos ons praat: van `n drom en dromspeler.

JohanR ·

Roll on Charlie. Thanks for the rock and roll. Always thought the Stoners music was deeper than that of the Beatles!

Jozigirl ·

Die berig opskrif is misleidend: ‘n drom is ‘n balie waarin jy olie / vloeistof stoor. Charlie Watts, TROMspeler van die legendariese Britse rock …

Janice du Plessis ·

Dagsê Bernardi
Dankie vir jou kommentaar.
AWS erken albei as slaginstrumente :)
Groetnis
Janice
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.