Romeine het reeds 2 000 jaar gelede slaggate herstel

Foto: Me Wootton by die uitgrawings waar sy ‘n Romeinse haarnaald vashou wat pas ontdek is.

Foto: Me Wootton by die uitgrawings waar sy ‘n Romeinse haarnaald vashou wat pas ontdek is.

‘n Baie besige Romeinse-pad in Brittanje wat kort na die tyd van Christus in gebruik was, het ook slaggate gevorm, maar dit is weer behoorlik herstel.

Voorts is die spore wat deur swaar vragte se wiele in die in die pad getrap is, ook herstel, het Danielle Wootton, woordvoerder van die argeoloë wat die opgrawings doen, aan Maroela Media gesê. Die pad so telkemale in effek herseël.

Die uitgrawings word by Ipplepen naby Exeter in Devon gedoen. Die uitgrawings word deur argeoloë van die Universiteit van Exeter gedoen.

Tydens die uitgrawings is op die ou Romeinse pad afgekom, wat duidelik baie swaar verkeer gedra het.

Die spore wat in die pad getrap is, herinner aan die spore wat met die opgrawings in Pompeii gevind is.

Talle Romeinse munte is tydens die uitgrawings gevind, wat van ongeveer 43 na Christus tot 341 na Christus dateer.

Ander artefakte, soos ‘n Romeinse haarnaald, is ook gevind.

Die volledige artikel in Phys.org kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.