Romeine keelvol vir slaggate, wildevarke, brandende busse

Sowat 8 000 Romeine het Saterdag die strate ingevaar om teen swak dienslewering te betoog. Foto: YouTube

Inwoners van Rome is keelvol vir die verval in hul stad se veiligheid en dienslewering en dring daarop aan dat die burgemeester bedank.

Nagenoeg 8 000 inwoners het Saterdag die Italiaanse hoofstad se strate ingevaar om te betoog teen die agteruitgang onder die burgemeester Virginia Raggi, berig Deutsche Welle. Hulle het ook beswaar gemaak teen misdaad, soos die onlangse verkragting van en moord op ʼn 16-jarige tiener.

“Rome sê genoeg!” het een van die plakkate gelui waarmee inwoners optrede eis om dié stad se verbrokkelende infrastruktuur te verbeter. Dit sluit slaggate, onvoltooide bouprojekte, oorvol asblikke, bome wat omval in verwaarloosde parke en stadige openbare dienste in.

Betogers het buite die stadsaal saamgekom om te betoog teen die administrasie van Raggi, wat die amp in 2016 aanvaar het, maar wie se gewildheid afgeneem het omdat sy nie die stad, wat in skuld gedompel is, se probleme kon oplos nie, berig die BBC.

Die stad gaan gebuk onder ʼn probleem met rotte en wildevarke wat vrylik in die strate rondloop, asook ʼn swak openbare vervoerdiens. Net in die afgelope 10 maande het nagenoeg 20 stadsbusse aan die brand geslaan.

Die treurige stand van Rome se sake is onlangs wêreldwyd uitbasuin toe ʼn roltrap op ʼn metrostasie ineengestort en 20 mense, van wie die meeste Russiese aanhangers, beseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lollie ·

Rome? Klink soos SA! Daar mag hulle dalk iets uitgerig kry maar hier is die meerderheid of tevrede daarmee of verantwoordelik vir die gemors!

Anoniem ·

Di mense in Rome hoef ni te wonder hoe lyk SA en wat alles hier aangaan ni. Dis dan al reeds by hull! Spaar sommer hope geld om te reis hiernatoe. Twyfel of hulle verdere opleiding nodig het want hulle vaar redelik goed so ver

Gemaskerde Sopbeen ·

Was tannie Virginia Raggi nie vroëer by Ekhuruleni munisipaliteit nie?

PJC ·

Hulle spandeer seker hul geld op die onwettige immigrante. Dit is wat jy kry wanneer mense aan ń oordrewe menlikheidsgevoel ly.

Liberalis ·

Moet nie transformasie teenstaan nie, anders verwys ons linkses na julle as verregs of verkrompt. Sit terug en laat die misdadigers oorvat aldus linkse waardes.

Liberalis ·

Hoe durf julle n vrou aanvat as burgermeester. Wil julle haar aanvat omdat sy ‘n vrou is? Aanvaar die agteruitgang in die naam van vroueregte.

Alida ·

Hulle moet n slag by ons kom leer om te betoog. Gee vir hulle buitebande, petrol, vuurhoutjies en klippe.

John ·

Bly die Katolieke pous nie ook in Rome nie? Hoe lyk dit kan die oom nie ‘n paar van sy skilderye laat opveil nie of ‘n paar van die juwele verkoop wat toentertyd van die landsburgers afgedwing is as betaling vir toekomstige sondes? Dit behoort ‘n paar $ te in. Begin eerste by die rotte… dis glo waar die Swart Dood se angel hou.

Vatikaan ·

Julle wil mos julle grense vir MIGRANTS oopmaak . kry vir julle . dit is wat die gevolge is ..

martin cilliers ·

Rome was die begin van die modern beskawing en wys nou die einde daarvan is naby!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.