Romeinse stadsruïnes langs Tunisiese kus ontdek

duikers-duik

Foto: Skeeze/Pixabay.com

State, monumente en sowat 100 tenks garoem, ʼn soort gefermenteerde vis wat met speserye behandel is, is Donderdag in die Middellandse See ontdek.

Die ruïnes aan die noordoostelike kus van Tunisië strek oor 20 ha en bevestig nou argeoloë se teorie dat die stad Neapolis gedeeltelik deur ʼn tsunami die vierde eeu ná Christus in puin gelê is. Die tsunami wat die kus op 21 Julie in 365 n.C. getref het, het Aleksandrië in Egipte en Kreta, ʼn Griekse eiland, ook sleg laat deurloop.

Die Tunisies-Italiaanse argeologie-ekspedisie is verheug oor die ontdekking wat die span dié week aan die kus van Noord-Afrika naby die hedendaagse stad Nabeul gemaak het. Uit die vonds kon die argeoloë aflei dat Neapolis die hoofsetel was vir die voorsiening van garoem en soutvis aan Rome. Dit was uiters gewilde lekkernye in die antieke Rome en het waarskynlik Neapolis van sy rykdom voorsien.

Die span argeoloë soek sedert 2010 na die hawe van Neapolis, maar het dit nou eers ontdek danksy gunstige weersomstandighede hierdie somer in die Noordelike Halfrond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marous ·

SA se ruines kan sommer met ‘n kar gesien word….van Kaapstad tot by Messina.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.