Ronaldo deel hartseer nuus

Cristiano Ronaldo en sy lewensmaat Georgina Rodriguez. (Foto: OSCAR DEL POZO / AFP)

Die Portugese sokkerster Cristiano Ronaldo en sy lewensmaat Georgina Rodriguez het Maandag aangekondig dat hul babaseuntjie met geboorte dood is.

Ronaldo het in Oktober op sosiale media onthul dat hy en Rodriguez ’n tweeling verwag. Die paartjie het Maandag die geboorte van hul babadogtertjie bevestig.

“Dit is met die diepste hartseer wat ons moet aankondig dat ons babaseuntjie oorlede is. Dit is die ergste pyn wat enige ouers kan ervaar,” het Ronaldo en Rodriguez in ’n gesamentlike verklaring gesê.

“Slegs die geboorte van ons babadogtertjie gee ons die krag om hierdie oomblik met ’n bietjie hoop en geluk te leef. Ons wil graag die dokters en verpleegsters bedank vir al hul kundige sorg en ondersteuning.

“Ons is almal verpletter oor hierdie verlies en ons vra vriendelik vir privaatheid in hierdie baie moeilike tyd.”

Die paartjie, wat mekaar tydens Ronaldo se tyd by Real Madrid ontmoet het, het ’n vierjarige dogtertjie saam, terwyl Ronaldo drie ander kinders het.

Ronaldo se span, Manchester United, het intussen hul medelye met die paartjie betuig.

“Jou pyn is ons pyn, Cristiano,” het die sokkerspan getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Bitter hartseer.
Baie sterkte aan Renaldo, sy vrou en die hele familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.