ʼn Leeu het Woensdagoggend paniek gesaai toe hy uit sy habitat in die Nairobi- nasionale park in Kenia ontsnap en tydens spitsverkeer in ʼn besige woonbuurt amok gemaak het.
Paniekerige inwoners het die jong mannetjiesleeu agter ʼn betonmuur opgemerk in Ongata Rongai, ʼn residensiële gebied langs die wildtuin.
Die Keniaanse wilddiens (KWS) is in kennis gestel en wildbewaarders en veeartse is na die gebied ontbied. ʼn Groot skare het reeds om die dier bymekaargedrom.
“Die leeu is suksesvol verdoof, geïmmobiliseer en veilig na ʼn veeartseny-fasiliteit geneem vir waarneming. ʼn Opsporingshalsband sal ook aan hom vasgemaak word voor hy weer in die park losgelaat word,” het KWS in ʼn verklaring gesê.
Sommige inwoners was egter nie beïndruk met die onwelkome gas nie.
“Die leeu het groot paniek gesaai, want selfs kinders kon nie skool toe gaan nie en mense kon nie werk toe gaan nie,” het Roselyn Wangare, ʼn universiteitstudent, gesê.
Jackson Mwangi, ʼn inwoner van Ongata Rongai, het gesê KWS moet veiligheid by die wildtuin opskerp. “Uiteindelik gaan dit oor ons veiligheid; die park is nie goed beveilig nie en dit is hoekom die diere die heeltyd ontsnap.”
Die wildtuin is net 7 km van die middestad van Nairobi en voorvalle van diere wat ontsnap en in die stad van sowat 4 miljoen inwoners beland, is nie ongehoord nie. ʼn Man is in Desember 2019 dood toe hy net buite die wildtuin deur ʼn leeu aangeval is. ʼn Kat is in Maart 2016 doodgeskiet ná hy ʼn inwoner aangeval en beseer het. In Februarie 2016 het twee leeus deur Kibera gestap voor hulle na die park teruggekeer het. Nog leeus is dae later ook in die dorp opgemerk.
Die wildtuin is deur elektriese drade omhein maar dit is nie ten volle afgesluit nie en diere ontsnap soms. Leeus, luiperds, renosters en buffels is in die ikoniese wildtuin te sien.
Bewaarders sê leeus het daar gewoon voor mense en hulle ontsnap nie uit die park of loop rond in residensiële gebiede nie; dit is eerder mense wat in die leeus se habitat in beweeg het.
This morning, a sub-adult male lion was spotted stuck between a concrete wall and iron sheets in Ongata Rongai area, Kajiado County. KWS was alerted by members of the public and promptly dispatched rangers & the veterinary team to the scene. @tunajibu#BraveryBeyondExpectation pic.twitter.com/OwQdWpt1Bj
— KWS (@kwskenya) July 28, 2021
KWS wishes to thank the public for the prompt alert and cooperation during the capture exercise. We urge the public to report such occurrences on our toll free 0800597 000#BraveryBeyondExpectation pic.twitter.com/sP424QBDEa
— KWS (@kwskenya) July 28, 2021
O jitte
So waar diere was daar voor mense. Laat boere toe om met hulle leeus te boer en hulle is dan die verantwoordelike persoon, dit is sy bate wat hy voor betaal het, dus moet hy daarna omsien en verantwoordelik wees. In Parke werk staats amptenare dus verantwoordelikheid is tussen 9 en 5.
Nouja toe..lekker opwinding vir inwoners vir week! Hy het maar net inspeksie gedoen en hulle te lig bevind!
Kan nie help om te wonder watse chaos dit sou versoorsaak indien 1 van Johannesburg Dieretuin se spog mannetjies daaruit sou ontsnap . Die arme dier sou seker van kant gemaak word .