Rosetta neem foto’s van gasuitbarstings op komeet

Die gasuitbarstings in die middel kan op hierdie saamgestelde foto gesien word. Foto: ESA/Rosetta/NAVCAM

Die gasuitbarstings in die middel kan op hierdie saamgestelde foto gesien word. Foto: ESA/Rosetta/NAVCAM

Terwyl die ruimtetuig van die Europese Ruimte-agentskap, Rosetta op ’n afstand van net 24 kilometer om die komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko wentel, het dit foto’s geneem van waar gas uit die komeet se “nek” spuit.

Die komeet, wat uit ’n “kop” en “lyf” bestaan, nader die son, en soos die ys begin wyk, word gas uit die kern vrygestel.

Rosetta het onlangs die landingsplek geïdentifiseer waar sy landingstuig, Phillae, oor sowat ‘n maand gaan neerstryk en hom gaan “vasboor” aan die komeet. Rosetta self sal die komeet steeds in ’n wentelbaan vergesel in sy reis om die son, en opnames doen van hoe die komeet veranderings ondergaan namate dit nader aan die son kom.

Lees die volledige berig in Astronomy Magazine.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.