Rou riool vloei deur Harare se strate

Riool in Zimbabwe se strate (Foto; AP Photo)

Rou riool vloei vrylik in sommige strate in Zimbabwe se hoofstad en dit is ʼn dodelike uitdaging vir die nuutverkose president wat ʼn nuwe era vir dié land belowe het, berig AP.

ʼn Cholera-uitbreking het reeds meer as 30 persone se lewens geëis en meer as 7 000 is besmet. Die uitbreking het reeds na ander dele van die land versprei.

Die huidige regering het onderneem om die ineengestorte ekonomie teen 2030 om te keer.

ʼn Cholera-uitbreking ongeveer 10 jaar gelede het meer as 4 000 persone se lewens geëis. Water en sanitasiegeriewe is nou grootliks erger as vantevore.

“Dit is deur God se genade alleen dat ons nog nie besmet is nie,” het die 66-jarige Elizabeth Limamu aan die Associated Press gesê. Sy het ʼn ry klippe van die straat na haar huis gepak om te keer dat sy nie in die riool trap nie. Kinders, sommige kaalvoet, speel langs die riool.

“Ek sluit my kinders toe in die huis. Dis nie veilig buite nie,” het haar buurman gesê.

Sommige inwoners het slote gegrawe om die riool se vloei te beheer, maar ander kan nie die riool verhoed wat reeds in hul huise in gestroom het nie.

Een van die inwoners in Budiriro lag oor radioaankondigings dat mense hul hande met lopende kraanwater moet was. “Hierdie krane is al maande lank opgedroog. Wanneer daar water uitkom, is dit bruin en onwelriekend,” het Norman Marambe gesê.

Sommige inwoners het boorgate gesink en vlak putte gegrawe wat dan gesluit word. “Diewe steel die water en die krane as ons dit nie sluit nie,” het die 61-jarige Annatolia Chivanga bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

John ·

Moet net nie hierheen vlug nie. Die probleem ditto hier en ons hospitale le reeds vol Zimmers… mind you, ons tronke ook. Waarom stem die mense weer vir dieselfde party wat misdrywe vervolmaak het onder his majesty, Mogabe and her Gracious Me?

Brutus ·

Riviere hier in SA word alreeds besmet met riool so ons het ook rede tot kommer.

Marius ·

Hoekom hieroor berig Maroela? Ons sit met diesefde probleme. Riool wat voor my huis en in my erf uit die riool pype, wat a.g.v. apartheid gelê was, uitstroom. Apartheid se ministers en slimkoppe moes mos voorsien het dat infrastruktuur in duie gaan stort. Wil graag nog tik, maar voordat ek jare se riool gaan hê, druk ek eerder die “send” knoppie ….

laweveld kind ·

graskop,mp. toeriste dorpie. maar bly eerder weg. ek weet nie hoe dit in sir townships lyk nie maar in die dorpie, waar ek seker is die (wit) mense betaal erfbelasting en dienste, looo die … straat af. om die hoeke, in opritte en die reuk is onmenslik. blykbaar verwag hulle munisipaliteit die doroenaaes moet so lewe. hulle maak n drein oop om blykbaar twee tot sewe dae later weer oor te loop. is dit n voorbeeld van vervolging oor apart heid?

louis ·

Dit gebeur in Bloemfontein… ten minste 10 straate onder riool…..

Blikkies ·

“Civilisation is the distance that man has placed between himself and his own excreta” …

Johanna Botha ·

SA se riool is al deur die strate en nou in die reviere ….kyk wat gebeur by die Vaal ….eintlik is ons Harare dalk een voor op die ene !

Wilma ·

Hahaha. Skuus dat ek lag. Maar nix in Afrika verbaas my meer nie. Talking about the Low IQ. Jy het dit of jy het dit ni. Sorry Afrika se leiers het dit beslis ni. Die ongeskooldes stem vir Staatstoelae die res skeel hul min

Nita ·

Wat n pragtige stad was Salisbury nie? Wat n lieflike land was Rhodesie nie. Nou bankrot en vervalle.Dit het so 38 jaar geneem. Ditto Suid-Afrika. Wag net en sien.

HPV ·

Kom neem lesse hier by Bankrot Mangaung. Hulle het rioolbestuur vervolmaak. Hier word riool behendig bestuur van een straat na die ander, soms sommer deur erwe tot weer in die volgende straat…maar dit bly beweeg… “city on the move”…

Anoniem ·

Komaan Mnr Die Nuwe President wys ons wat kan Jy doen ! of wat kan Jy nie doen nie

Callie ·

Komaan aan. SAA bankrot, Eskom bankrot, Denel bankrot, Rand water bankrot. Noem n staatsinstelling wat nie is nie. Kan iemand een plus een bymekaarsit. Ag tog en dan glo party nog daar is hoop. Veral as ons grond vat en herverdeel.

FRAN ·

Dit klink soos Bloemfontein (Mangaung) Presies die selfde hier en daar word niks daaraan gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.