Rowers se plan gefnuik om Kersgeld te steel

Kersfees-liggies

Argieffoto: Monicore/Pixabay.com

Nigeriese polisie het die Kersplanne gefnuik van twee rowers van ʼn misdaadsindikaat wat spesialiseer in aanvalle op mense wat geld by OTM’e onttrek.

Die rowers se pleidooi dat hulle kontant nodig gehad het om die Kerstyd saam met hul familie te vier, het geen indruk gemaak op die polisiebeamptes of lede van die publiek wat eie reg wou gebruik om die mans te straf voordat hulle in hegtenis geneem is nie.

Die polisie het die twee verdagtes in Lagos in hegtenis geneem met die hulp van 24-uur-kameras nadat hulle ʼn motorfietsryer met vuurwapens probeer beroof het pas nadat hy kontant onttrek het.

Lede van die publiek het die verdagtes agternagesit toe hulle op die vlug probeer slaan het. Die polisie het tussenbeide getree nadat die publiek die vermeende rowers lelik aangerand het.

Een van die verdagtes het beweer dit was die eerste keer dat hy geld geroof het en gesê hy wou net Kersfees vier en dat hy en sy makker geensins van plan was om enigiemand leed aan te doen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.