Rugbyster se vrou vermoor glo eie kinders

Andrea Benatti en Antonella Barbieri (Foto: Facebook)

Antonella Barbieri, die vrou van die voormalige Italiaanse rugbyspeler Andrea Benatti, is Woensdag in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat sy na bewering haar twee kinders vermoor en toe ook haar eie lewe probeer neem het.

Die nuuswebwerf Metro berig die tragedie het glo by die egpaar se huis in Lombardia in die noorde van Italië begin.

Barbieri het volgens mediaberigte eers haar tweejarige dogter, Kim, met ʼn kussing in hul huis versmoor voordat sy met haar seun in hul motor geklim en van die toneel gevlug het.

Die 39-jarige vrou het daarna glo langs die pad stilgehou en haar vyfjarige seun, Lorenzo Zeu, met ʼn mes doodgesteek voordat sy haarself ook verskeie kere in die maag gesteek het – glo in ʼn poging om haar eie lewe te neem.

Volgens ʼn verklaring van die Britse polisieowerhede het ʼn verbyganger die polisie na die toneel ontbied waar Barbieri en haar seun in die motor was. Lorenzo was reeds dood, maar Barbieri is na die Santa Maria Nuova-hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling.

Volgens Daily Mail is sy steeds in ʼn ernstige toestand in die hospitaal en sy sal aangekla word wanneer haar toestand stabiel is. Barbieri, wat volgens berigte aan “sielkundige probleme” ly, het glo intussen behandeling geweier.

Benatti het in 2011 uit professionele rugby getree weens probleme met sy sig. Hy het in vyf toetse vir Italië gespeel, onder meer een teen die Springbokke waarin hy ʼn drie gedruk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

snoefie ·

die tragedie het in die noorde van Italië plaasgevind maar die Britse polisie owerhede reik n verklaring uit?

Karma ·

Die tragedie het by hul huis in Lombardia in die Noorde van Italië BEGIN. Dit laat ‘n mens aflei dat die tragedie se “finale” dalk êrens elders kon afgespeel het – moontlik in die VK of op VK grondgebied (elders, bv, die Engelse Kanaal-eiland/e)? Vandaar die uitreiking van ‘n verklaring deur Britse owerhede. Of dalk het een of albei van die Barbieri/Benati’s Britse burgerskap?

Geen hoop... ·

Tragies hartseer. WAT moes duer hierdie Mamma se kop gaan? WAT moes so erg wees dat sy gevoel het daar is geen hoop meer?
Baie baie hartseer….en steurend

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.