Ruimte vir meer demokrasie in Hongkong

Prodemokrasie-betogers vergader op 29 September 2014 in Hongkong Foto: Anthony Wallace/ AFP/Getty Images

Prodemokrasie-betogers vergader op 29 September 2014 in Hongkong Foto: Anthony Wallace/ AFP/Getty Images

In ’n eerste klaarblyklike toegewing aan die pro-demokrasiebetogers in Hongkong het die bestuurder van die gebied, Leung Chun-ying, te kenne gegee dat daar meer ruimte vir demokrasie is.

Met die oordrag van Hongkong aan China, het China volledige demokrasie in die verkiesing van 2017 beloof. Dit is onlangs omgekeer toe China bepaal het dat ’n komitee wat deur Beijing aangewys sal word, die kandidate sal keur.

Sedert die einde van September heers daar straatbetogings en besettings, en verskeie skermutselings met die polisie het al tot beserings en inhegtenisnemings gelei.

Leung het aangedui dat daar “meer ruimte vir demokrasie” is in die komitee wat die kandidate moet keur.

Reuter se berig in Trouw kan hier gelees word.

Dit is onseker of Leung se inskiklikheid verband hou met die Chinese Kommunistiese Party se jaarkongres wat dié week in Beijing verband hou. Die kongres word beskou as een waar pres. Xi Jinping sy gesag sal probeer konsolideer. Dit sluit onder meer ’n verskerpte aanslag teen korrupsie in, wat as ’n aksie teen teenstanders in die party beskou word. Hy beoog skynbaar ook ’n versterking van die ekonomie deur meer ruimte aan privaat ondernemerskap te gun. Ook hier word gevestigde belange aangetas.

China beleef ook onrustigheid en selfs terreur in dele van die land met Moslem-bevolkings. Om sy mag te konsolideer en nie planne met Taiwan te verongeluk nie, lyk ’n meer toegeeflike houding teenoor Hongkong, minstens in hierdie stadium onafwendbaar.

Daar bly altyd ’n moontlikheid dat die betogings in Hongkong, meestal gedryf deur studente, na ander dele van China kan uitbrei, en moeilik beheerbaar kan word.

Die Christian Science Monitor se bespreking oor die kongres kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.