Ruimterobot kry uiteindelik sy bene

Foto: nasa.gov

Foto: nasa.gov

Die ruimterobot wat sedert Februarie 2011 die bemanning van die internasionale ruimtestasie met verskeie take help, het uiteindelik sy bene gekry.

Tot dusver het die robot net uit ‘n kop, lyf en arms bestaan, maar ‘n stel bene, deur Nasa klimbene genoem, het pas aan boord van die Falcon 9 / Dragon van Space X by die ruimtestasie aangekom. Nou hoef die werk nie meer alles na die robot geneem te word nie, die robot, Robonaut 2 kan nou self na die werk toe gaan.

Om die bene te ondersteun moes sowat 20 uur se aanpassings en opgraderings aan die robot gemaak word. Meer besonderhede kan hier gelees word.

Die klimbene is nie al interessantheid wat saamgereis het nie. Ook aan boord was lupinessaad wat deur die Europese Ruimteagentskap gestuur is, om die effek van verskillende grade van swaartekrag op plantegroei te toets. Verskillende saad sal teen verskillende snelhede geroteer word om die kunsmatige swaartekrag na te boots. Meer besonderhede kan hier gelees word.

Ook onder die 2,5 ton voorrade tel ook ‘n eksperiment bekend as “Vegetable production System”, of Veggie. Die Veggie is ‘n klein groentetuin wat slaai-tipe groente aan die bemanning sal kan voorsien. Meer kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.