Ruimtetuig sien “ronde reënboog” in Venus se atmosfeer

venus_glory

So lyk die sirkelvormige reënboog op Venus “links” en die een op aarde (regs)

‘n Tuig van die Europese Ruimte-agentskap, Venus Express Orbiter, het die eerste ronde reënboog, in Engels bekend as ‘n “glory” op ‘n ander planeet as die aarde waargeneem. Dit is in Venus se atmosfeer waargeneem.

Hierdie sirkelvormige reënboë is gewoonlik heelwat kleiner as die gewone soort wat met ‘n pot goud aan die punt spog, en kan gewoonlik ook net vanuit ‘n vliegtuig of deur bergklimmers gesien word.

Weens die feit dat Venus se atmosfeer heeltemal van dié van die aarde verskil, sal die sirkelvormige reënboog in Venus se atmosfeer heeltemal anders lyk as dié van die aarde.

Meer kan hier gelees word.

Bron: Astronomy.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.