Rusland beskryf sanksies as “gekskeerdery”

Pres. Walidimir Poetin

Pres. Walidimir Poetin

Rusland se adjunk-premier het gelag oor die sanksies wat die VSA teen hoë Russe en ‘n paar Oekraïners ingestel het. Hy het gesê die lys is die werk van “iemand wat poetse bak”.

Altesaam 11 Russe en Oekraïners is op die lys van geteikende sanksies weens protes oor Rusland se rol om die Krim van die Oekraïne te laat wegbreek.

Rusland het teruggekap deurdat pres. Walidimir Poetin ‘n dekreet onderteken het wat die Krim se onafhanklikheid erken en die weg ooplaat vir inlywing by Rusland. Daar is ook aanduidings dat verskeie Amerikaanse kongreslede nie meer toegelaat sal word om na Rusland te reis nie.

Intussen het die gebeure in die Krim ook nog ‘n nare nadraai gehad. Die lyk van ‘n vermoorde Krim-Tataar is in ‘n woud gevind. Die bekende Reshat Ametov het volgens Human Rights Watch op 3 Maart verdwyn terwyl hy aan ‘n teen-Russiese betoging deelgeneem het, en deur onbekende mans in uniform weggeneem is. Die Krim-Tatare, die oorspronklike inwoners van die gebied, is teen Russiese inlywing gekant.

Bronne: Trouw, ABC News, The Daily Beast

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.