Rusland beskuldig Oekraïne vir karbom waarin ideoloog se dogter sterf

Aleksandr Dugin (Foto: Fars Media Corporation via Wikimedia Commons)

Rusland se vernaamste intelligensieagentskap, die FSB, het Maandag gesê Oekraïne is verantwoordelik vir ʼn karbom in die buitewyke van Moskou wat die lewe van ʼn Russiese ideoloog, Aleksandr Dugin, se dogter geëis het.

Dugin, ʼn ultranasionalistiese intellektueel en ʼn uitgesproke ondersteuner van die Kremlin se aanval op Oekraïne, was vermoedelik die teiken van die aanval.

“Dit was ʼn voorbereide aanval en is uitgevoer deur Oekraïne se spesiale dienste,” het die FSB in ʼn verklaring gesê waaroor Russiese nuusagentskappe berig het.

Volgens die mediaberigte het die oortreder, ʼn vroulike Oekraïner wat in 1979 gebore is, Sondag na Estonia gevlug. Die FSB het die vrou as Natalia Vovk uitgeken.

Daria Dugina is Saterdag dood toe ʼn bom, wat in ʼn Toyota Land Cruiser geplaas is, afgegaan het. Sy het op ʼn snelweg sowat 40 km buite Moskou gery.

Russiese president Wladimir Poetin het Maandag sy “innige meegevoel en ondersteuning” betuig ná Daria se afsterwe. Volgens haar het sy “met haar dade bewys wat dit beteken om ʼn patriot van Rusland te wees”.

Volgens die FSB het die aanvaller in Julie 2022 in Rusland aangekom saam met haar minderjarige dogter. Sy het ʼn woonstel gehuur in dieselfde gebou as waar Daria gebly het.

Die vermeende aanvaller het Daria in ʼn Mini Cooper agtervolg waarvan die nommerplate in Kazakhstan uitgereik is. Die aanvaller was Saterdag ook by ʼn fees buite Moskou wat Dugin en sy dogter bygewoon het.

Plaaslike media berig Daria het terelfderure haar pa se motor geleen.

Dugin (60), ook bekend as “Poetin se Raspoetin” of “Poetin se brein”, is uitgesproke oor die strewe na die vereniging van Russiessprekende gebiede in ʼn nuwe Russiese ryk. Hy is op ʼn lys van Westerse sanksies geplaas ná Rusland die Krim in 2014 geannekseer het. Hy het dié skuif ook ondersteun.

Mykhaylo Podolyak, ʼn presidensiële raadgewer in Oekraïne, het Sondag ontken dat Kiëf op enige manier betrokke was in die bomaanval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dries ·

Die Russe kan darem lekker skuld uitdeel en lieg. Hoekom sal Zelenski homself ophou om moord in Rusland te gaan pleeg. Hy is baie besig om sy land te verdedig. Belaglik man

VaalDonkie ·

Zelenski is te besig om te pose vir fototjies om sy land te verdedig.

Lillian ·

Maar Rusland vergeet van al die onskuldige mense wat gesterf het agv hul oorlog met Oekraïne.

Anna-marie ·

Weet jy van die aanvalle op die Russe in die Donbas gebied vanaf 2014? Weet jy hoeveel Russe is dood in hierdie aanvalle?

Gaitsigubib ·

Heeltemal korrek Anna- Marie, Die Nazi Azov battalion het Russe in die Donbas area geterroriseer en Zalensky het niks gedoen nie.

Marthinus W ·

Volgens een bron was Natalja Wowk betrokke by Azof. Toe Boris Nemtsof naby die Kremlin doodgeskiet is, was sy Oekrainse meisie gearresteer, maar weer vrygelaat. Dit wil voorkom asof hy ook deur oekrainers geteiken is.

Treurwilger ·

Dit klink heel geloofwaardig.
Alles wat uit Rusland kom, word egter as “Kremlin-propaganda” verwerp, sal nie anders wees hier nie.

Pieter ·

Zelenski is ook nie so onskuldig en voorbeeldig soos hy geskilder word nie.

Gaitsigubib ·

Pieter jy is in die kol. Garbachev het ingestem om Ukraine sy onafhanklikheid te gee op voorwaardes wat later totaal geignoreer is. Putin is geen engel nie, maar Zelenski het vir dit gesoek en dit toe gekry. Ek is verstom dat hy n anders uitkoms verwag het. n Sekere Tannie Petoors wou my laas van die feite vertel, maar sy het die kat aan die agterkant beet gehad. Mens moet mooi gaan kyk wat het die konflik veroorsaak dan sal dit eers duidelik word. Hierdie saak het nie net 2 kante nie, maar tenminste , myne, joue en dit wat agter die skerms gebeur.

Kokerboom ·

Die wereld bly ‘n wrede siek plek agv mense. Magsbehepte individue speel woer woer met lewens van onskuldige mense. Maak nie saak hoe skuldig beide partye is..dit gee jou GEEN reg om ‘n ander land eensydig in te val en mense se lewens en bestaan te verwoes!!Oorlog het GEEN wenners!!
Dit bly uiters tragies en hartseer en kan onder geen omstandighede gekondoneer word!!!

annie ·

Goeie ou Poolse (neo-Nazi) Zelenskyy-y-y. Sy saalsakkie is vol dollars oor kamma Joodse familie wat dan glo dood is in strafkampe en die $s rol in, anders is hy nie so rojaal gehelp nie. Die akteur skryf sy eie draaiboek soos hy gaan as 007 vir alle goedgelowiges, met baie in SA. Rusland het die bewegings van ‘n sekere vrou uit Oekraïene op video waar sy die dogter van die filosoof volg en later uitvlug. Erge probleme wag vr Zolly en sy rollie-patrollie. You can fool some of them some of the time…

Republikein in die Wes Kaap ·

Smaak my die CIA was betrokke by dié een.

Gaitsigubib ·

Jy weet nie hoe naby kom jy nou aan die waarheid nie. Rusland het die VSA beskuldig van ‘n bio lab in die Ukraine. Toe die oorlog uitbreek was die VSA ewe skierlik bang dat hulle laboratorium, waar hulle kastig navosing op diere siekes doen, in die Russe se hande gaan val. Toe was die nuus reeds uit dat die skelm Dr Fauchi navorsing in China op bio- wapens gefinansier het. Rusland het geweet dat die “onskuldige” navorsing wat die VSA op sy grens doen, kan niks goeds voorspel nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons lewe in ‘n wêreld waar vreemde dinge gebeur. Sit maar in jou hoekie en lag. Net nie te hard nie, want die FSB, Mossad, M15 en CIA het jou nommer.

Gaitsigubib ·

Ag jy hoef nie in Q- Anon of die Simpsons conspiracy te glo om bogenoemde goed te weet nie. Dr Fauchi kom gereeld onder kruisondervraging in die senaat. Arme Leon gaan eerder sy kop in die grond hou.

Veronika ·

All is fair in love and war…..
Soos die gesegde lui! Rusland probeer die Ukraine uitroei en nou wil hul baie te së hê!

VaalDonkie ·

Die enigste slim ding om hier te doen is om NIE kant te kies nie.

Andre ·

Nee, VSA wil. En probeer die EU aanhits om te doen wat hulle self te bang is. En Europa skiet hulle self in die voet ten koste van hulle eie mense wat die komende winter moet trotseer.

andre ·

Rusland kon Ukraine binne 2 weke gestoomroller het as dit hul plan was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.