Rusland, Oekraïne gaan ‘praat’

Rusland het Donderdagoggend Oekraïne ingeval (Foto: Aris Messinis, AFP)

Leiers van Oekraïne het Sondag gesê hulle sal in gesprek tree met sy Russiese eweknieë naby die grens met Belarus. Dit ná ʼn gesprek tussen Volodymyr Zelensky, president van Oekraïne, en Alexander Lukasjenko, president van Belarus.

Volgens die Russiese president, Wladimir Poetin, is ʼn Russiese afvaardiging reeds in Gomel, ʼn stad in Belarus.

Oekraïne het Sondag Russiese magte van Kharkiv probeer verdryf, die tweede Oekraïense stad om deur Russiese troepe geteiken te word.

Maroela Media het vroeër berig die Russiese weermag het Kiëf reeds omsingel.

Poetin het intussen wêreldwyd paniek gesaai deur aan te kondig dat hy sy kernafweermagte, wat kernwapens insluit, op hoë gereedheid geplaas het. Hy is klaarblyklik vies omdat die Weste wapens en ander hulpmiddels aan Oekraïne gestuur het. Verskeie sanksies is ook reeds teen Rusland ingestel in ʼn poging om dié land te dwing om die oorlog teen Oekraïne te laat vaar.

Die Verenigde Nasies het dié aankondiging van Poetin as “onaanvaarbare eskalasie” beskryf.

Volgens AFP het Rusland die wêreld se grootste arsenaal kernwapens.

Die konflik het reeds talle burgerlikes gedood en duisende uit die land laat vlug of laat probeer wegkom. Rusland het nou al Oekraïne vanuit die noorde, ooste én suide aangeval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Thom

‘n Vroueslaner aan die hoof van so’ n land kan niks goeds afgee nie.

annie

Die Weste is klei in die hande van Biden en sy span Soros-sies; fopnuus is topnuus. Navo as supermoontheid dreig Rusland maar dis ok. Alle negatiewe nuus oor neo-Nazi-Oekraïene word verswyg; sy aanvalle al vir jare op die buurstate onderdruk. RT News moet van die lug af. Poetin, glo die woeste beer en die Naziwood-akteur, Zelensky a la 007, in ‘n nuwe CIA-tragedie. 1984 word verfilm.

Janine
Frank John

Is dit nou ‘n vertaaling van sy naam na Afrikaans toe?

Lourens CFG

Poetin in Afrikaans is reg, dit was al hoeveelkeer verduidelik.