Rusland ontken permanente skietstilstand met Oekraïne

Pres. Wladimir Poetin van Rusland

Pres. Wladimir Poetin van Rusland

Rusland, by monde van pres. Wladimir Poetin, het ontken dat daar ‘n skietstilstand met Oekraïne gesluit is, soos vroeër deur die nuusagtentskap Interfax berig is.

Pres. Petro Porosjenko van Oekraïne het boonop ook kort ná Interfax se berig op Twitter bevestig dat so ʼn ooreenkoms bereik is.

Rusland meen hy kan geen party tot so ‘n ooreenkoms wees nie, omdat hy, volgens die amptelike Russiese standpunt, nie ‘n party in die oorlog is nie.

Poetin het wel aangedui dat daar in die telefoniese gesprek tussen hom en Porosjenko “beduidende vordering” gemaak is oor ‘n roetekaart na vrede.

Bron: Reuters

Lees ook:
“Permanente skietstilstand” glo in Oekraïne

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.