Rusland plunder pensioenfonds om sanksies teen te werk

Dmitri Medvedev. Foto: Wikimedia/  http://www.kremlin.ru/eng/articles/bigphoto.shtml

Dmitri Medvedev. Foto: Wikimedia/ http://www.kremlin.ru/eng/articles/bigphoto.shtml

Rusland het sowat 309 miljard roebel (sowat $8,13 miljard) uit die land se pensioenfonds geneem om bedrywe in die land teen die effek van sanksies te verskans.

Die VSA en Europa het pas verskerpte sanksies teen Rusland ingestel weens die land se betrokkenheid by die krisis in Oekraïne.

Die bedoeling is nie dat die hele bedrag wat nou in ‘n spesiale fonds geplaas word, vir hulp gebruik word nie. Of die bedrag egter genoeg is om te help, is te betwyfel. Die Russiese gasreus, Rosneft, alleen het sowat $40 miljard se hulp nodig.

In ‘n TV-onderhoud het premier Dmitri Medvedev, gesê Rusland kan nie nou na maklike oplossings kyk nie.

Die volledige berig in Trouw kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

Hier word die pensioenfondse ook geplunder soos deur Transnet om sodoende die pensioenarisse brandarm te laat en die regering om E-Tol te finansier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.