Rusland sak toe op sleutelstad in Oekraïne

‘n Oekraïense tenk in die nywerheidstad Severodonetsk tydens artillerievuur. (Foto: Yasuyoshi Chiba/AFP)

Hewige gevegte het Woensdag in die ooste van Oekraïne gewoed terwyl Russiese troepe op die punt staan om ʼn belangrike nywerheidstad in die land te omsingel.

Terwyl gevegte tussen die twee lande voortduur, het die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, teen die Weste uitgevaar omdat hulle glo nie “genoeg doen om Kiëf te help om die oorlog te wen nie”.

Sergiy Gaiday, streeksgoewerneur van Lugansk, het gevegte buite die nywerheidstad Severodonetsk – ʼn belangrike militêre doelwit vir Rusland – as “moeilik” beskryf en gesê Russiese troepe bestook die stad uit die buitewyke met mortiere.

“Die komende week sal deurslaggewend wees,” het Gaiday in ʼn video op Telegram gesê, en bygevoeg dat hy glo Rusland se doelwit is om die Lugansk-streek “te verower, ongeag die koste daaraan verbonde”.

“Daar is ʼn kolossale hoeveelheid artillerievuur wat op die stad neerkom.”

Vroeër die dag, toe Gaiday die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos toegespreek het, het die Oekraïense minister van buitelandse sake, Dmytro Kuleba, gesê sy land benodig dringend veelvuldige lanseervuurpylstelsels om hul aanvalle by dié van die Russe aan te pas.

Oekraïne ‘erg gebombardeer’

‘n Russiese vuurpyl wat nie in Severodonetsk ontplof het nie. (Foto: Yasuyoshi Chiba/AFP)

Moskou se weermag het ʼn stadige maar bestendige koers dieper in Oekraïne se oostelike Donbas-streek begin sedert hy sy magte aan die sentrale en noordelike streke van die land onttrek het.

Dorpe soos Soledar word erg deur die Russe gebombardeer, aangesien die dorpe op die pad is na die beleërde Severodonetsk en sy susterstad, Lysychansk.

Altesame 12 mense is reeds dood in “uiters swaar bombardering en aanvalle” in die naburige streek Donetsk, wat ook deel vorm van Donbas, het die Oekraïense presidensie gesê.

Die res van die land bly skynbaar steeds in gevaar nadat Russiese kruisermissiele die groot suidelike spoorlyn van Zaporizhzhia getref het. Een persoon is dood en talle huise is in die aanval beskadig.

Ongeveer 200 liggame is ook onlangs in ʼn kelder van ʼn verwoeste gebou in die hawestad Marioepol gevind. Rusland het onlangs Marioepol oorgeneem ná ʼn lang beleg.

“Dit is onmoontlik om in die gebied te wees weens die reuke van die lyke,” het die Oekraïense ombudsvrou Lyudmyla Denisova gesê.

“Rusland het die hele Marioepol in ʼn begraafplaas verander.”

Oekraïne desperaat, vies

In Kiëf het Zelenski dié pleidooi om meer hulp beaam.

“Ons het die hulp van ons vennote nodig – bowenal wapens vir die Oekraïense magte. Ons het hulp nodig, sonder uitsonderings of perke. Ons het genoeg nodig om te wen,” het hy gesê.

Zelenski het ook ander internasionale leiers geteiken omdat hulle glo te veel aandag aan Rusland se belange gee en te min aan dié van Oekraïne.

Die Oekraïense president het teen onlangse berigte en ander stellings deur invloedryke Westerse figure uitgevaar wat daarop dui dat Oekraïne dalk ʼn gebied moet opoffer om die konflik te beëindig.

“Ons moet alles in ons vermoë doen sodat die wêreld ʼn vaste gewoonte ontwikkel om Oekraïne in ag te neem, en sodat die belange van Oekraïners nie bloot oor die hoof gesien word nie.”

Rusland het reeds begin om sy greep op dele van Oekraïne, wat hy nou beset, te verstewig.

Pres. Wladimir Poetin het Woensdag ʼn dekreet onderteken wat ʼn prosedure vereenvoudig vir inwoners van die suidelike Oekraïense streke van Cherson – wat onder die volle beheer van Rusland is – en die gedeeltelike-besette Zaporizhzhia om ʼn Russiese paspoort te bekom.

“Hierdie vereenvoudigde stelsel sal ons almal in staat stel om duidelik te sien dat Rusland nie net hier vir ʼn lang tyd nie, maar vir altyd,” het die Moskou-aangestelde adjunkleier van die Cherson-streek, Kirill Stremousov, gesê.

Die nuwe owerhede in dié streek beoog om albei streke deel van Rusland te maak en dus diegene wat “by die groot familie van Rusland wil aansluit” help om dit te doen.

Die Oekraïense ministerie van buitelandse sake het egter teen hierdie “onwettige uitreiking van paspoorte” uitgevaar en dit beskryf as ʼn “skending van Oekraïne se soewereiniteit en territoriale integriteit”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Frederik C ·

Cyril se Russiese comrades is net so besig om die Oekraïne te verwoes, as wat sy “local” comrades besig is om SA te verwoes .

Waarnemer ·

Pres. Zelenski,my raad aan jou is,gee oor sodat hierdie oorlkg kan ophou.Dit is nie die lewens wat verloor is werd om aan te gaan nie,Rusland is doodeenvoudig te sterk en aan die einde van die dag lei die hele wereld agv hierdie onsinnige oorlog.As gevllg van hierdie oorlog is ons land se voedsel en brandstof oryse hemel hoog…..en duidelik is al die westerse lande nie genee om fisies in te tree en jou te help nie….

Anna-marie ·

Amerika, Navu, EU, WEF sal nie toelaat dat hy oorgee nie.

Andre ·

En die wêreld se gewone mense lei oor Amerika se sanksies. Ook maar lekker dom.

Andre ·

Dankie, jy is reg! Hulle ly! Ek sal maar sê onder hulle leiding!

Henri ·

Hierdie oorlog kan ‘n wêreldpresedent skep. Indien Oekraïne geforseer word om grond vandag op te gee om die oorlog te stop, wat verhoed Rusland om dan oor twee jaar weer ‘n inval te loods? Of wat keer enige ander land om ‘n stuk van ‘n ander land te annekseer? NAVO en die VN is drie skuiwe weg van skaakmat.

Nici ·

Jy begryp nie die geskiedenis of waaroor die oorlog gaan nie.

Henri ·

Verduidelik vir my asseblief.

Sover ek verstaan, is ‘n land se grense vasgestel en word internasionaal só erken. Indien ‘n ander land die grense verontagsaam en militêre aksie neem, staan dit bekend as oorlog.

Indien jy verwys na geskiedkundige agtergrond, kan jy dus sê die hele Afrika kan dan tussen stamme oorlog verklaar, want die lande in Afrika se grense is topografies vasgestel deur landmeters vir hul onderskeie koloniale besetters en nie op grond van kulturele grond gebied nie. Dus is twee, of meer, vyandige nasies vasgevang in die lande.

Europa is redelik uniek in die sin dat die onderskeie lande feitlik kultureel homogeen is.

Brandt ·

Wat het Isreal dan gedoen? Die presedent is al lankal geskep.

Johan ·

Dankie Brandt. Dis nie n “nuwe presedent” soos wat arme Henri dink nie. Dit is eintlik redelik algemeen, enigste verskil is dat westerse propaganda in volle swang aan die werk is.

Manie ·

In elke oorlog is die patroon presies dieselfde. Politici beplan die oorlog, soldate voer die oorlog en burgerlikes ly agv die oorlog.

Nommer 7 ·

“Forward, he cried from the rear, And the front rank died” (Pink Floyd, Dark Side of the Moon, Us and Them, 1973).

Deon ·

Hierdie oorlog moet tot n punt kom, die wereld leiers is besig om toe te kyk hoe daar massa moord gepleeg word en hulle bly geld na die mense toe gooi, geen wereldse item, geld ingesluit kan n lewe vir n dooie mens koop nie. Dan, intussen ly die res van die wereld onder hierdie gemors spul… Indien Oekraine regtig so groot deel van voedsel aan die wereld verskaf soos voor gegee word, dan is dit gewoon onnosel en dom van die res van die leiers om toe te laat dat hulle broodmandjie gebrand word,en hulle gee geld vir vuurmaakhout om dit te laat gebeur.

Kerneels ·

Oekraine kan die oorlog nou beëindig. Gee aan Rusland die Donbas streek, wat tradisioneel nog altyd Russies was, inruil vir vrede.
Maar ek twyfel of dit Zelenski se ego sal goed doen…

E ·

en more wil Putin net nog ‘n stukkie he, en so gaan dit aan, en dan ‘n stukkie van pole of ‘n ander land. En dan het hy een keer weggekom met moord en intimidasie.

Kerneels ·

Poetin soek nie ander, erkende soewereine grondgebied nie, net dit wat tradisioneel deel was van die ou Soviet unie – soos die Donbas streek.

marius ·

Korrek, maar die waarheid word verdoesel. Hierdie oorlog het niks met die weste of europa uit te waai nie , maar hulle is betrokke vir die biljoene wat uit belasting betalers se sake geruk word om hulself te verryk . Dieselfde storie oor en oor .

Johan ·

110% Marius, en boonop word dit nou uit die Joodse banke se hande geruk.

Anna-marie ·

Zelenski is nie die een wat die sê het nie. sy hanteerders sê vir hom voor wat hy mag doen en at nie. Hy is net ‘n akteur in hierdie hele saak.

Grassie ·

Dit is jammer dat die Russiese media geblokkeer is, ons hoor nou net een kant van die storie. Ek wonder of Zelenski dink dat die Donbas gebied die dood van duisende van sy mense werd is met miljoene wat landuit gevlug het en infrastruktuur wat onherstelbaar verwoes is. Donbas is nie juis een van die voruitstrewendse dele van die land nie maar daar is massiewe steenkoolneerslae. Zelenski is ‘n “show man” en ek dink hy waardeer die wêreldaandag. Hy is sekerlik intelligent genoeg om te weet dat Rusland gewetenloos is en nie ‘n probleem met bloedvergieting het nie.

marius ·

Korrek . Hy vertel nie die waarheid nie . Geen oorlog breek sommer oornag uit nie . Hy het hom openlik geskaar by diegene wat Rusland as ‘n bedreiging beskou. Nou het hy die wereld betrek.

Henri ·

Moes Transvaal destyds die Witwatersrand dan maar ook net oor gegee het aan Brittanje?

Aan wie het die Witwatersrand immers behoort?

Oorlog is magsvergryping in die ergste graad.

Deon ·

Hoe ookal sy, die boere het op die ou einde dit weg gegee, dit nadat hoeveel mense dood is aan alles behalwe oorlog.

Andre ·

Henri, die Weste is jare lank gewaarsku, en NATO het ook net aanhou uitbrei. Soek en jy sal vind.

Henri ·

Ek verstaan nie wat is jou punt nie. Wie het die Weste gewaarsku? Oor wat is die Weste gewaarsku?

Anna-marie ·

Indien Oekraiene die Minsk 1 en Minsk 2 ooreenkoms met Rusland (wat Frankryk en Duitsland onderteken het), eerbiedig het sou die Donbas gebied binne Oekraiene gebly het maar net met meer outonomie( soos federale state in Amerika). Maar die Amerikaanse regering het vir Zelensky voor geskryf om dit te ignoreer.

Kokerboom ·

Deur net die kommentare te lees sien mens duidelik die verdeelde psige van die Afrikaner!
G’n wonder SA is in die toestand wat hy is!

Nettie ·

Ek beskou die kommentare as verfrissend! Dis vir my ‘n riem onder die hart dat die Afrikaners meer lees as net een nuusbron. Dat hulle hul kennis en opinies wil deel. Meer nog, dat hulle opinies en kritiese denke het en vorm oor wat hulle lees.

Miskien is almal se bronne nie dieselfde nie, of miskien stem ons nie met elkeen se gevolgtrekkings saam nie, maar dis vir my verblydend dat die Afrikaners nog wil debatteer, wil leer, hulself ingelig wil hou oor beide kante van ‘n saak en wereldgebeure as interessant genoeg beskou om hul tyd daarop te spandeer. Ek dink dis wonderlik!!

VaalDonkie ·

Ek dag dan Oekraine wen die oorlog. Hierdie klink nie soos “wen” nie.

Deon ·

Ek stem, as ek reg kyk, oor die algemeen, rusland moker n area totdat die plek tot niet is, dan trek hy terug, hergroepeer, volgende area… Sodra iemand noem dat Oekraïne steeds in beheer is van die area, dan pomp rusland weer so paar bomme daar in…. Dit is oorlog, en hy wen stukkie vir stukkie….. Oekraïne wen op die oomblik absoluut niks, hulle infra struktuur word verwoes, bulle mense word dood gemaak.

Johan ·

Ek wonder wat sal die VSA doen as Rusland wapens op Kuba neersit, so lekker naby aan hulle, sal hulle dit duld of sal hul aandring dat dit verwyder word of die land inval.. hoekom klink dit so bekend.

gpsa ·

Rusland het tydens die 2de wereld oorlog omtrent sy hele weermag verloor teen Finland. Toe Duitsland hulle inval was hulle weermag nog nie sterk genoeg vir hulle nie. Dink hulle maak dieselfde fout en die weste weet dit.

Phil ·

Wat al die Putin-boeties in die kommentare nie besef nie, is dat, as Rusland die oorlog wen of Oekraїne afsny van die Swart- en Azovsee (en Putin sal nie stop voor ten minste dit gebeur nie), is dit skaakmat vir ‘n baie groot deel van die res van die wêreld wat van beide Oekraїne en Rusland afhanklik is vir hulle basiese kosvoorraad (koring, sonneblomolie ens). As Rusland die hawens van Oekraїne beheer, het hy ‘n groot stok in sy hand om die wêreld na sy pype te laat dans. Oekraїne veg nie hierdie oorlog net vir hulleself nie, maar vir die res van die vrye wêreld. Word wakker ouens, en trek julle koppe uit Putin se agterent uit. Dink julle regtig hierdie inval gaan oor om Oekraїne te bevry van Nazi’s of oor Navo? Ha!

andre ·

Ek is nou n Putin -boetie.NG Kerk opvoeding,Millitere Diensplig in die 80 tigs gedoen .
Nou met mense soos Sorros ,Biden,Gates,Zuckenberg die hele NWO kabaal.die Corona plandemie ,Aap pokke het ek my mening verander . Ek kry jammer vir die Pro- NWO boeties

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.