Rusland sluit nouer bande met China

Presidente Xi Jinping en Waldimir Poetin Foto: EPA

Presidente Xi Jinping en Waldimir Poetin Foto: EPA

‘n Baie groot gas-ooreenkoms tussen Rusland en China is een van die manifestasies van die Kremlin se nuwe denke oor die “onbetroubare Weste” ná die Weste geteikende sanksies teen Rusland ingestel het weens dié land se rol in die Oekraïne.

Hoewel die sanksies nog net ‘n minimale uitwerking op Rusland het, het die feit dat die Weste “so maklik” sanksies kon instel, die Kremlin ontstig.

Ingevolge die ooreenkoms sal Rusland oor 30 jaar 38 miljard kubieke meter gas aan China voorsien. Dit sal die bou van reuse-gaspyplyne noodsaak. Volgens pres. Wladimir Poetin, is die ooreenkoms byna gefinaliseer. Sy tweedaagse staatsbesoek aan China het vandag begin.

‘n Voorlopige ooreenkoms is reeds gesluit toe pres. Xi Jinping van China die Olimpiese Winterspele in Sotsji bygewoon het.

Rusland het jare lank die gasprys aan voormalige Sowjet-republieke kunsmatig laag gehou om hulle binne sy invloedsfeer te probeer hou. Verskeie het egter by Navo en die Europese Unie aangesluit, en die Oekraïne het onlangs sy pro-Russiese president uitgeskop.

Bronne: Christian Science Monitor, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.