Rusland stel sanksies in teen Turkye

Die vegvliegtuig wat afgeskiet is. Skermskoot: Haberturk TV via AP

Die vegvliegtuig wat afgeskiet is. Skermskoot: Haberturk TV via AP

Rusland het sanksies teen Turkye ingestel ná verlede week se voorval waarin ʼn Russiese vegvliegtuig afgeskiet is.

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye het glo gesê hy is “hartseer” oor die gebeure en dat hy wens dit nooit gebeur het nie. Rusland se president, Wladimir Poetin, het egter voortgegaan om sanksies in te stel en gesê verskeie nuwe sanksies word bespreek.

Rusland is die grootste verskaffer van natuurlike gas aan Turkye en is ook die land se tweede grootste handelsvennoot. Poetin het aangekondig dat die volgende sanksies onmiddellik van krag is: die invoer en uitvoer van sekere goedere tussen die lande is onmiddellik gestaak; geen verlenging van enige werkkontrakte van Turke in Rusland is vanaf 1 Januarie toelaatbaar nie; geen verdere vlugte tussen Rusland en Turkye nie; geen Russiese maatskappye mag vakansiepakkette verkoop wat verblyf in Turkye aanbied nie en gemeenskaplike projekte tussen Turkye en Rusland soos die gaspyplyn is gestaak.

Die Kremlin het gesê dit is “om Russiese burgers te beskerm”. Die sanksies gaan Turkye sowel as Rusland na verwagting hard slaan. Erdogan het intussen samesprekings versoek om die geskil op ʼn positiewe manier te probeer oplos tydens die VN se klimaatkonferensie in Parys.

Poetin weier egter om met Turkye te praat, aangesien Erdogan nie om verskoning gevra het vir die Turke se aksies nie. Erdogan het gesê Rusland moet om verskoning vra omdat dit hul vliegtuig was wat die Turkse-lugruim ongevraagd binnegedring het.

Volgens Poetin is dit nie verskoonbaar om ʼn vliegtuig wat “vyf sekondes” lank in jou lugruim was, af te skiet nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Mnr. Erdogan – Knock knock. Who’s there ? Putin. Putin you to sleep. Oppas ou bul.

Adriaan Odendaal ·

Jy beter maar onverskoning vra Mr. Erdogan, vinnig vinnig het jy jou land in ‘n groot krisis gedompel, ‘n verskoning is tog nie so moeilik in vergelyking met die impak wat jy op al jou landsburgers het wat werkskontrakte in Rusland het nie.

Genis ·

Nee, nee. Turkye is ‘n lid van NAVO. ‘n Aanval op enige NAVO lidland is ‘n aanval op ál die NAVO lidlande. Poetin sal versigtig te werk gaan en Turkye in sy invloedsfeer dwing, sodat Rusland beheer oor Turkye sal hê, eerder as om Turkye aan te val. Dit is Turkye en Iran wat onder Russiese beheer sal staan en Israel vanuit die noorde sal aanval nadat Israel Palestina uitgewis het.

Trolle ·

Genis nee dis Turkey wat Israel gsan aanval uit đie noorde hulle gaan teen Europe nog draai.
Satan se stoel is al klaar daar in Turkey .
Dis nou n museum.

Bloues ·

Dit lyk my dis n moeilike beginsel vir sommige mense om te verstaan. Die een wat die mag het en die beursie dra, slaan die kitaar. Finish en klaar

Trolle ·

Gedink daar gaan iets kom na Turkey se kant toe. Lyk vir my Turkey is die opsteker, julle het met verkeerde ou nou gesukkel kry vir julle.
Putin gaan nie julle sin gee vir n oorlog nie, hy is te koelkop daarvoor. Ek het bietjie navorsing op Russiese wapens gedoen, dinge lyk maar donker vir die ander kant.

pop ·

Putin!! jou ou doring. Ek hou van iemand wat standpunt inneem, en dit dadelik doen.

Dee ·

Jou held is net soos Zuma ‘n aanhanger van Al-Basjir van Soedan.

Trolle ·

Dee gaan kyk bietjie wie jou ouens as vriende het.
wonder hoe val n vliegtuig in Syria as hy oor Turkey gevlieg het, so dit se my Turkey het Syria se lug space ingedring, hulle het dan tot Turkse soldate in Syria wat word daai genoem? Turkey is isis.
Dis n land waar daar geen persvryheid is nie en die USA is happy dasrmee, niks dictatorship daar nie?
Dubele agendas daar, en die soudies wat koppe afkap as iemand iets teen goverment se is ook ok volgens USA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.