Rusland waarsku Finland oor moontlike Navo-lidmaatskap

Dmitry Peskov, die Kremlin se woordvoerder. (Foto: Natalia Kolesnikova/AFP)

Rusland het Donderdag sy buurland Finland gewaarsku oor die gevolge indien hy wel sou besluit om by die Noord-Atlantiese Verdragorganisasie (Navo) aan te sluit.

Die Kremlin se woordvoerder, Dmitry Peskov, het gesê die land sal genoop wees om “militêr-tegniese” stappe teen Finland te doen nadat dit aan die lig gekom het dat topleiers van die land ten gunste is om by Navo aan te sluit.

ʼn Besluit of Finland wel deel kan word van Navo sal teen die naweek geneem word.

“Die uitbreiding van Navo tot by ons grense maak nie die wêreld of ons vasteland meer stabiel of veilig nie,” het Peskov gesê.

Peskov het bygevoeg dat Finland se lidmaatskap van Navo “beslis” ʼn bedreiging vir Rusland sal wees.

“Alles sal afhang van hoe hierdie proses plaasvind en hoe naby die militêre infrastruktuur aan ons grense sal beweeg.”

Rusland se departement van buitelandse sake het gesê Moskou sal “gedwing word om wederkerige stappe te doen – militêr en ander – om die bedreiging van sy nasionale veiligheid hok te slaan”.

Die departement het Navo daarvan beskuldig dat hy probeer om nog ʼn flank vir militêre bedreiging teen Rusland te skep.

“Finland se president moet bewus wees van sy verantwoordelikheid en die gevolge van só ʼn stap,” het die departement gesê.

Die politieke en openbare mening in Finland het drasties ten gunste van lidmaatskap van Navo geswaai nadat Rusland troepe na Oekraïne gestuur en die land ingeval het.

Finland het ʼn grens van 1 300 km met Rusland en was dekades lank onverbonde en sonder enige militêre bondgenootskap.

Oekraïne soek plek in EU

Oekraïne wil ʼn plek in die Europese Unie (EU) hê, selfs al kan die verkryging van volle lidmaatskap tyd neem, het die land se minister van buitelandse sake, Dmytro Kuleba, gesê.

“Dit gaan nie oor die vinnigste moontlike lidmaatskap van die EU vir Oekraïne nie, maar wat vir ons baie belangrik is, is dat ʼn plek vir Oekraïne gereserveer word.

“Ons hoor gereeld dat Oekraïne tot die Europese familie hoort, so nou gaan dit daaroor dat ons plek [in dié familie] bespreek word.”

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het vroeër vandeesweek gewaarsku dat dit “dekades” sal neem vir ʼn kandidaat soos Oekraïne om by die EU aan te sluit.

Macron het eerder voorgestel dat ʼn breër Europese politieke gemeenskap geskep kn word om lede soos Oekraïne of post-Brexit Brittanje in te sluit.

Kuleba het gesê hy het nie voldoende besonderhede om Macron se voorstel vir ʼn breër Europese klub te oorweeg nie, maar het gesê dat hierdie voorstel nie die erkenning van Oekraïne se EU-kandidaatstatus ongedaan maak nie.

“Ek kan nou vir jou sê dat geen alternatief vir die Europese integrasie van Oekraïne aanvaarbaar sal wees nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Treurwilger ·

“Die uitbreiding van NAVO maak nie die wêreld meer stabiel of veilig nie”.
Ware woorde en dít maak die organisasie totaal oorbodig en onnodige moeilikheid soek, wat toe gekry is.

Bertie ·

Sover ek weet is NAVO op verdediging ingestel en nie om aan te val nie. NAVO is broodnodig om lande teen ‘n aggressiewe Rusland te verdedig. Dink jy nou regtig Rusland het Oekraine binnegeval oor NAVO besig is om uit te brei? Dis net die dekmantel.

Treurwilger ·

Bertie, presies my (en Peskov) se punt.
NAVO is ‘n mislukking as dit gevorm is om oorlog te
voorkom.
Heel eenvoudig en duidelik.
Terloops, Poetin het eers by die 14de, of daar rond, nuwe toevoeging tot NAVO effe ongemaklik begin raak.
Klink NAVO verdedigend, of dreigend?

Marthinus W ·

Navo het Kosovo vir 78 aaneenlopende dae gebombardeer. Die soewereine land Joegoeslawie het uitmekaar geval. Navo het die aanval op Libie gedoen waarin Gadaffi gesterf het. om net twee voorbeelde te gee.

casper ·

Komaan Putin — val hulle ook sommer binne — Jy kan mos –kan jy nie?????

Waarnemer ·

Ek het maande gelede al voorspel Rusland gaan oorlog verklaar teen al die state/lande wat aan Rusland grens.Poetin wil die wereld oorneem en as Amerjka of Brittanje en Duitsland nie gazn ingryp nie is die
3de wereld oorlog op hande.

Deon ·

Daai kaart mannetjie moet n paar bek klappe kry, hy maak die hele wereld swaarkry.

VaalDonkie ·

Hoeveel basisse het Rusland in ander lande? Hoeveel het Amerika?

Thom ·

Hoeveel burgerlikes vermoor Poetin se moordbendes? Hoeveel hospital is verwoes ? Hoeveel meisies word verkrag deur sy gemors ? Maar dié VSA is volgens jou die probleem !?

Cherokee ·

Dit klink soos ‘as ek ooit uitvind jy’s lid van die Vry Messelaars, ry ek jou en daai spul bricklayers tot in Oom Daan se boonste kallerhok.” Arrogansie omskep in oorlog.

Thom ·

Jy is reg , Putin soek heeltyd oorlog ___ gelukkig kry hy pak in Ukraïene .

Henry ·

Dit is al wat puten kan doen dreig en dreig. Wanneer gaan hy tot sy sinne kom.

marius ·

Moenie hierdie Rus of sy nasie onderskat nie . Hy het geen gevoel , emosie of vrees nie. Hy gee nie om wat die gevolge is nie. Hy het nie in ‘n meenthuis in Manhattan grootgeword nie . Hy is die grootste gevaar vir die ganse wereld op hierdie stadium maar die mense lag dit af .

Deon ·

Dan is daar ook die sogenaamde sanksies wat aan rusland se linkerhand ontrek word maar aan die regterhand gegee word.. Europa se gas en die 2,3 biljoen olie tenker wat aan SA verkoop is.

Kalmkop ·

Net om regverdig te wees en die vrede te bewaar, hoekom kan Rusland nie van hul militêre basisse en kernwapens in Kuba, Mexiko, Brasilië, ens plaas nie. China kan dan sommer dieselfde doen in die Solomon Eilande. Dan kan VSA, NAVO en al hul bondgenote verder voortgaan met hulle militêre uitbreidings… Wat goed is vir die een behoort mos goed te wees vir die ander.

Gaitsigubib ·

Buzz ek verstaan dit ook nie? Dit het immers in die verlede al gebeur. Rusland het sy missiele in Kuba gaan oprig. Die VSA moes toe eers hul eie wapens in Albanie gaan aftakel het en Rusland het op sy beurt hul eie goed in Kuba gaan verweider. Die argument was “wat goed is vir die een is goed vir die ander”. Die wereld is nou op die selfde punt.

annie ·

Duitsland is slinks. Dit moet mens toegee. Uiters min mense verbind Duitsland deesdae met die Nazi’s. Die idee is nou ingebed dat Nazi’s ‘ander’ wesens was ~ beslis vanuit die ruimte ~ wat ‘n paar Jode die skrik op die lyf gejaag het; nee, daar is beslis nie miljoene vermoor nie. En EU-Navo die vriendskapsband van goeie Duitsland met sy arme bure en die Heelal. Mmm… Zelensky en sy filmmaatskappy is ware vriende van Duitsland in hul lyding jeens die bose Russe/Kommuniste/ Sosialiste wat Hizler so belieg/vermoor het. Die waarheid is geduldig totdat hy sy geduld verloor.

Colin ·

Rubbish man! So jy beweer daar was nie gaskamers, gestapo, SS einsatzgruppe en kampe soos Auschwitz nie? En die vriende van my ma wat getatoeërde nommers op hul arms gehad het, het dit self aangebring?

Marthinus W ·

Norman Finkelstein se ma het die Warskou-opstand, en sy pa Auschwitz, oorleef. Omdat baie Jode die Nazi-holocaust misbruik het, het hy n boek daaroor geskryf: The Holocaust Industry. Daarin noem hy hoe baie skelms nommers op hul laat tatoeer het, net om geld te kry. [Dis natuurlik n klein groepie, en dit verneder diegene wat werklik daar was en oorleef het.] Die boek is gratis op die net.

WynandM ·

Aai, dis nou om ‘n sameswerings teorie na die volgende vlak te vat.

Deon ·

Die wereld moet hom inwag, almal weet presies wat sy bewegings is, as hy oorval word in n ander land en hulle kan daai stuk van sy weermag neutraliseer dan is sy militere mag soveel minder, “lather rinse repeat” elke keer as hy oor n grens beweeg. Dan ook, alle Russe wat hul land wil verlaat oor Putin se manewales, maak plek vir hulle, verwelkom hulle in ons midde.

Kerrie ·

Julle raak heeltemal te emosioneel ….moenie alles glo wat julle op Facebook en Twitter sien nie…..gaan kyk self op die internet rond wat is die Ukraine se geskiedenis met ander politikusse van ander lande …. jy sal verbaas wees.

Johan ·

Die agressor en destabiliseerder van die streek dreig sy bure omdat hulle probeer om hulself te beskerm teen potensiële aanvalle vanaf dieaggressor.

Alfred E Neuman ·

Die Ukraine is n “rogue country,” soos Suid Afrika, en word bestuur deur n klmp misdadigers. Hulle moét in die bek geruk word. Finland is n normal land, met n wetsgehoorsame burgery. Rusland behoort glad nie daar in te meng nie.

Kokerboom ·

En Rusland is nie? Alle lande is! Dit gee jou egter nie die reg om jou buurland te verwoes en ongekende tragedie te skep terwyl jou mense veilig is. Dis siek verby

WynandM ·

Rusland se besigheids kultuur met een voet in die vorige era en een voet in die moderne era is ook maar vol korrupsie, wie jy ken ens. amper soos hier…doen maar navorsing. Daar is maar orals verloorders of ongeruimdhede, maar ek vat liewer my kans met die Weste as daai spul. Ek het ondervinding met beide kulture

Ek verstaan nie hoekom Ukraine meer rogue is as Rusland. Jy glo tog seker nie die Nazi nonsense nie. Ja dit het die russiese kwessie in die ooste maar Rusland het dit al geannekseer en ‘n klomp wapens daar al ingegooi, lank voor hierdie oorlog. Na hierdie oorlog sal die land (die deel wat oorbly) nooit weer pro russiese presedente verkies nie.

Thom ·

Absoluut, gelukkig het hy in Ukraïene meer afgebyt as wat hy kan kou !

Marthinus W ·

Toe Poetin (wrnmd) president word op 31 Des 1999, het hy besef dat al die ou sowjet kernduikbote en skepe in hul hawens le en roes. Indien die kernreaktors sou deurroes, sou daar n duisend Tsjernobils wees, en ons almal op die planeet sou geraak wees daardeur. Poetin het buitelanders in sy land se geheime militere basisse ingeneem om hom te help om die kernreaktors te help uithaal en skoonmaak. Dis net een van die dinge wat hy doen, sonder om te loop en spog daaroor.

Gaitsigubib ·

As Joe Biden onthou wie Valdimir Putin is gaan die poppe behoorlik dans! Ek veneem hy het nou die dag op n wereldberaad so hard n neut gekraak, dat jy dit kon meet op die richterskaal. Sy vyande is nou almal vreesbevange. Putin, jy is gewaarsku!

VaalDonkie ·

Julle mense is vinnig om Rusland te kritiseer, maar julle is dieselfde mense wat die polisie of ADT bel as daar ‘n plakkershut opgaan in die veldjie langs julle huise. NAVO is die plakkers in hierdie skets as dit nie duidelik is nie.

Thom ·

Antwoord net een vraag dan gesels ons verder : hoeveel ” vreemde ” soldate in Rusland en hoeveel Russiese soldate in sy buurlande ?

Thom ·

Maak dit saak ? Jy sou net tevrede gewees het as Ukraïene maar net oorgegee het. Gelukkig is Rusland militêr nie naastenby so sterk as wat hulle wou voorgee nie gevolglik is hulle besig om die oorlog te verloor .

WynandM ·

Na die val van USSR, moes Ukraine maar net nog Rusland se skoothond gewees het. Ja daar is baie Russe in die oorste van Ukraine, maar soos enige EU land waar die grense nie altyd kultuur grense is nie (laat hul dit dan nou maar dit koop of hul het dit mos nou al gevat). Waarom sal Ukraine soos Rusland ‘n eenman korrupte staat (Tjaristiese) soos met Poetin wil navolg. Hy gee voor om so vroom te wees, Moes Ukraine net toekyk in 2014 hoe wapens oor die grens kom om seperatiste te bewapen. Hul kan mos by die EU aansluit, hoekom nie, dis hul keuse. Hierdie oorlog het net mooi vir die grootse deel van Ukraine laat besef dat hul nie weer wil na die Russe wil vry nie.

Jou plakkers voorbeeld is absurb.

Nic jy bedoel seker vir 80 jaar deur Rusland/USSR geboelie – ek is trots op Ukraine wat vir hul regte opstaan

gpsa ·

Ironies dat ‘n sogenaamde vredes organisasie moontlik die begin van ‘n wereld oorlog veroorsaak. Vir wat is die organisasie gestig beskerming teen wie? Rusland, dis waarom hulle nie toegelaat word nie. Moet Rusland nou maar terug sit terwyl die hele wereld teen hulle begin opstaan? Slapende reus wakker gemaak onnodig, maar ja weste sal altyd die helde wees.

Dooierus ·

Jammer maar rusland is geen slapende reus… dis n globale krimenele organisasie met baie jare ondervinding. Daar is meer as een land wat grens aan rusland en wat eersterangs ondervinding het met hulle. Gaan vra hulle opinie.

Suidafrikaner ·

Mens moet ook verstaan dat NATO hulle bedrywighede al hoe meer oos vat. Histories is daar vyandskap tussen die weste en Rusland. Ek is van die opinie dat Rusland seker maak dat die Weste nie verder oos expand nie. As jy met wapentuig op jou grense sit dan reageer mens seker maar so. Maar ja oorlog maak niks beter nie. Ek is katvoet vir die media. Want hulle almal is klomp lieg bekke. Hulle sal sê wat die persoon wat hulle betaal sê hulle moet sê.

” Form public opinion not inform it”

Gaitsigubib ·

As Rusland nie n reus is nie dan weet ek seker nie? Blykbaar is my feite verkeerd, want die donbas rivier in Ukraine is nie russiese gebied nie ( Hoewel dit nie die Rus waarna ek geluiser het, se opinie was nie). Wie was eerste daar – dis n regte nuttelose eff redenasie? Putin is n “nut case”, Biden is te “useless” om iets aan sy eie grens te doen, wat nog van Ukraine se grens? Zelensky bedryf n Bio lab in Ukraine met die hulp van die VSA. Putin wil die petro- dollar verwoes en die USD verloor oor nag 70% van sy waarde. Dis maar van die redenasies. Party is waar en ander getuig van mense wat net die hoofstroom media sien en dit na alles steed glo! Min mense besef egter die tragedie van oorlog. Die verlies van onskuldige menselewens is so tragies. As iemand nie die waansin stop nie gaan dit in n nagmerie vir die hele wereld ontaard.

JohanR ·

Hoekom staan niemand op teen die bullebak en waarsku hom wat kan gebeur as hy soe aangaan. Almal het wapens en party is beter en grooter as syne. Ons het weer ‘n Winston Churchill nodig.

Colin ·

Ongelukkig het Rusland 1000 meer kernwapens in hul arsenaal as die VSA. Dan is daar ook ‘n man aan stuur van sake wat reeds gedreig het om dit te gebruik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.