Rusland wil Amerika se spore op die maan soek

Rusland sê sy ruimtevaarders sal oor sowat 15 jaar self gaan kyk of Amerikaanse ruimtevaarders regtig op die maan geland het. Hier poseer Buzz Aldrin in 1969 vir ’n foto tydens die eerste Amerikaanse maanlanding. Foto: Wikipedia

Het die Amerikaners regtig in 1969 op die maan geland? Rusland is nie so seker nie; daarom sal ruimtevaarders op ʼn eersdaagse Russiese maansending probeer vasstel of dit werklik gebeur het.

Die hoof van Rusland se Roscosmos-ruimteagentskap het Saterdag in ʼn video op Twitter gesê dié agentskap het hom voorgeneem om maan toe te vlieg en vas te stel of die Amerikaners regtig 49 jaar gelede op die maan geland het of nie, berig Deutsche Welle.

In sy antwoorde op vrae wat gebruikers getwiet het, het dit voorgekom asof Dmitry Rogozin ʼn grap maak oor die Russiese sending, hoewel samesweringsteorieë oor die Amerikaanse maanlanding volop is in Rusland.

Die Sowjetunie het sy maanprogram in die middel 1970’s laat vaar nadat vier eksperimentele vuurpyle ontplof het.

Rusland is van plan om sy eerste ruimtevaarders vroeg in die 2030’s na die maan te stuur. Die destydse Sowjetunie het sy maanprogram in die middel 1970’s laat vaar nadat vier eksperimentele vuurpyle ontplof het. Die ruimtevaarders sal na verwagting twee weke op die maan vertoef.

Rogozin het in die video gesê geen land kan so ’n sending alleen uitvoer nie en dat Rusland hoop om Amerika, Europa en China se samewerking te verkry.

Amerikaanse ruimtevaarders het die eerste maanlanding in Julie 1969 met die Apollo 11-sending onderneem toe Neil Armstrong die eerste mens was wat voet op die maan gesit het. Dit het plaasgevind midde-in die ruimtewedloop waarin die VSA en die Sowjetunie destyds gewikkel was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Gert ·

Stuur seblief tog vir ons EFF leier en sy maats saam maan toe. One way tickets. Ek sal help betaal.

HPV ·

OF neem ons saam sodat mens wegkom uit die anc regime se helhool.

Kommentaar nie geplaas; ek probeer weer... ·

Jan; niemand hoef die sogenaamde maanlanding te Google nie, alhoewel daar oorweldigende bewyse is dat die ‘maanlanding’ nooit plaasgevind het nie. Gelowiges hoef slegs die Bybel te lees om te weet dat dit onmoontlik is.
Jan Nortje; dit wat jy voorhou is die suiwer waarheid. Volgens God se Woord is die aarde inderdaad plat; daarom dat daar gepraat word van die fondasie, die pilare en die vier uithoeke van die aarde. Dit beskryf beswaarlik ‘n ‘spinnende bal’ – die aarde beweeg nie. Die Sowjetunie se vier eksperimentele vuurpyle het in die 1970’s ontplof, omdat dit teen die ondeurdringbare gewelf/”firmament” wat oor die aarde is ‘vasgevlieg’ het. Niemand het nog ooit op die maan geland nie, en niemand sal ooit nie.

Huisvrou ·

1 April 2030….?

Soos ek verstaan is die Russiese maansendings in die ’70’s al na die maan … ?

As Dmitry dan ‘n beentrekkery op tou sit, wil hy nie SA as vennoot inneem op sy maansendings nie? Hier is heelparty kandidate om as ruimterommel te gebruik.

Jan ·

Is daar nog steeds mense wat dink hulle was regtig op die maan. Gaan Google die storie….

Michael Bouwer ·

Jan, het jy dit gegoogle? Verstaan jy dat as dit nie gebeur get nie, meer as 400000 mense moes stil bly oor die, weet jy dat tot vandag toe is daar nie een werknemer wat gese het dat dit fake was nie….verstaan jy hoe onmoontlik dit is vir 400000 mense om stil te bly, verstaan jy dit?

Doen bietjie navorsing oor dit en lees bietjie die teen argumente van hierdie teorie wat die mense se. Ek twyfel sterk of jy dit sal kan verstaan, en sal dus vir jou makliker wees om te glo dat 400000 mense nie een hulle mond verby praat nie.

Jan Nortje ·

Ek is nou n ander Jan, maar stem 100% saam jou my naamgenoot. En het verseker my huiswerk gedoen. Die aarde is plat volgens God se Woord, en julle wat se dat aarde n spinnende bal is, moet jul huiswerk gaan doen. Niemand was nog ooit op die maan nie. Ek het nie eers nodig dat NASA vir my dit moet se noe. My suiwer geloof in n Almagtige Skepper gee die waarheid aan almal wat Sy waarheid soek. Lees jul Bybels, bid daaroor, ons is letterlik voor gelieg. Moenie so vinnig veroordeel nie.

PaulV ·

Jan; niemand hoef die sogenaamde maanlanding te Google nie, alhoewel daar oorweldigende bewyse is dat die ‘maanlanding’ nooit plaasgevind het nie. Gelowiges hoef slegs die Bybel te lees om te weet dat dit onmoontlik is.

Jan Nortje; dit wat jy voorhou is die suiwer waarheid. Volgens God se Woord is die aarde inderdaad plat; daarom dat daar gepraat word van die fondasie, die pilare en die vier uithoeke van die aarde. Dit beskryf beswaarlik ‘n ‘spinnende bal’ – die aarde beweeg nie. Die Sowjetunie se vier eksperimentele vuurpyle het in die 1970’s ontplof, omdat dit teen die ondeurdringbare gewelf/”firmament” wat oor die aarde is ‘vasgevlieg’ het. Niemand het nog ooit op die maan geland nie, en niemand sal ooit nie.

Michael Bouwer ·

Haha nee wat Jan, Jan, Paul, en die waarheid, die waarheid is: ek is stom geslaan, rerig, met sulke logika kan ek verseker nie debateer nie.

Al wat ek hoop is, is dat daar nie nog n nasie op die teenoorgestelde kant van die plant aarde bly, en die selfde redeneer nie.

PaulV ·

Michael Bouwer; jy is geregtig op jou opinie en kan glo net wat jy wil. Ons hier wat met mekaar saamstem, se ‘waarheid’ is nie op logika gebaseer nie, maar wel op feite in die Bybel – gun ons dit asseblief – nie een van ons het jou opinie bespot nie. My kommentaar is aan gelowiges gerig; jy glo duidelik nie in die Bybel nie.

Realis ·

@PaulV – Ek stem 100% saam met jou, daar is geen logika in jou argumente nie.

Cherokee ·

Waarom Pierv, moet 1ste wêreld-lande omsien na die finansies van die 3de wêreld? Natuurlik kan dit uiters debatteerbaar wees, maar ek sal graag jou redenasie daaroor wil hoor.

Smurfie ·

PaulV
Net n vraag, as die aarde plat is en ni beweeg nie. Hoe gebeuer dag en nag. En hoekom het nog niemand van die aarde af gesvaar met n boot nie. Sal graag jo verduideliking wil hoor

PaulV ·

Smurfie (en Daan, Willem & ZAR); ek is geen verduideliking aan jou verskuldig nie. Doen jou eie navorsing; indien jy ‘n gelowige is, lees jou Bybel. Indien nie, Google iets soos “flat earth proof” en sommer ook “moon landing hoax”, of “moon landing fake” – en besluit self. Dankie.

Snoekie ·

PaulV
Ek glo in di Bybel en ek glo in God.
Maar ek glo ni di aarde is plat nie. Verduidelik asb hoe gebeur dag en nag. Jy laat dit klink of alle Christene soos jy moet glo, en dis ni waar ni

Snoekie ·

PaulV
Ek glo in di Bybel en ek glo in God.
Maar ek glo ni di aarde is plat nie. Verduidelik asb hoe gebeur dag en nag. Jy laat dit klink of alle Christene soos jy moet glo, en dis ni waar ni

Willem ·

Aarde is plat??? Hoe is ‘n vlug van die VSA se weskus na Japan moontlik sonder om oor Europa te vlieg?

Ondeurdringbare gewelf/”firmament”???? Hoe kom die sateliete dan daar bo weermee jy so lekker DSTV kyk?

ZAR ·

@Willem jy dink dis ‘n voorbeeld van die plat aarde, maar dit bewys eintlik die ronde aarde, want die pad na japan is baie kort vanaf VSA. Die probleem is ons kyk altyd na ‘n plat papier in ‘n boek. Gaan kyk die vlug patroon van VSA na Japan,dan kyk jy sommer ook op google earth hoe naby die twee aan mekaar is, europa is net aan die een kant tussen hulle, en dis ook die lang pad.

ZAR ·

Ag askies willem, ek het jou antwoord verkeerd gelees, ek dog dis jou rede vir ‘n plat aarde, ek lees nou eers reg.

Poot ·

Janee Daan.
Hierdie “plat aarde mense” LOL!!! Ek weet nie watter bybel hulle lees nie. gelukkig bly ek nie op een van die uithoeke nie. So bang ek neuk van ons plat planet af.

Realis ·

“Any technology far enough advanced will be perceived as magic” of iets tot daai effek het Ron L Hubbard kwytgeraak baie jare gelede. Dit is skrikwekkend dat in die huidige era van ‘n oorvloed van kennis daar persone is wat net eenvoudig nie daarvan wil gebruik maak nie. Hulle verkies om eerder alles af te skiet en dit samesweringsteorieë te noem as om net te gaan sit en dink.
Die mens was op die maan, die aarde is rond, die maan is nie van kaas gemaak nie, daar is nie mannetjies op mars nie, die aarde is nie die middelpunt van die heelal nie en die bokke speel sleg. Feite, geen redenasies nodig nie.

Die waarheid ·

Altwee Janne julle is reg. Michael jy is darem geniepsig asof jy daar was en dit kan bewys. My vriend die vyand mislei jou elke dag van jou lewe. 9/11, die dood van osama, die amerikaanse dollar wat niks wetd is nie eintlik die wereld se geldstelsel is n klug. Moenie net google ondersoek.

PaulV ·

Maroela Media; waar is my [baie ordentlike] kommentaar wat ek aan Jan & Jan Nortje rerig het?

Gert ·

Kan op mars miljoene ligjare land maar kan nie eers om die maan sweef en fotos neem nie. Snaaks

Katerina ·

Ai sommige mense..ai toggie tog..Die aarde is nie plat nie. Wanneer ek met my Amerikaanse vriende praat in die aand hier, is dit nog helder oordag by hulle. Hoe kan jy dag en nag he op verskillende tye – op n gelyke square of rectangular plat oppervlak?

Poot ·

@Katerina
Janee Katerina… dit verstaan ek ook nie. Dalk kruip die son onder die “plat” aarde weg. Come to think of it… dis waar die vulkaniese uitbarstings vandaan kom. Die son brand die “plat” aarde se alie so warm dat dit uitborrel. LOL!!!
Ek is nie ‘n Christen nie…. eks ‘n kind van die Here (GROOT VERSKIL). Die 4 uithoeke waarna verwys word is Noord, Suid Oos, en Wes mense van die “plat” aarde. Lees julle bybel nie net gedeeltelik soos dit julle pas nie.

Net so ·

Die mense wat so gou negatief reageer op die plat aarde, moet net weet dat ALMAL, ek ook daaroor gelag het.vat die tyd en gaan maak seker of jy reg is. AS jy in God glo gaan maak dit ook met Hom uit. DIE AARDE IS PLAT….

Plat is logies ·

Stem saam, loop doen self ondersoek of die aarde plat of rond is, moenie Google nie. ‘n Dam of meer se water kan vir kilometers ver plat en gelyk lê, maar ons sê die aarde is rond. Het NASA al ooit self gekyk hoe treurig lyk hulle photoshop prentjies oor die jare van hoe die aarde lyk, hoekom lieg NASA? Hoekom kan gewone burgers nie sommer net Antarktika toe gaan nie? Niemand was al ooit op die maan nie en NEE, die aarde is nie plat nie, daars heuwels ens, water is plat, die aarde is ook nie vierkantig, soos ‘n padkaart nie.

t ·

@Net so – Ek het dit met Hom gaan uitmaak. Hy sê my toe ek moet die verstand wat Hy my gegee het saam met al die tegnologie wat Hy ons laat ontwikkel het gebruik om die waarheid te sien. Ek doen dit toe en wraggies ek sien toe op die fotos wat van die aarde geneem word (100e per dag met komplimente van ISS) dat die aarde rond is. Ek sien toe ook dat jy ‘n eksperiment in jou eie agterplaas kan doen om die kubus reflekteerders wat deur die mens op die maan geplaas is te kan raaksien. Ek kry toe ook die boodskap die eenvoudiges van gees ook eendag die ewige lewe kan be-erwe. Hy sê toe ook vir my dat ek nie met oningeligte mense moet stry nie; hulle trek jou af na hulle vlak toe en klop jou met ervaring.

PJC ·

ń Mens kan ook maar net jou kop skud en lag vir al die Rip van Winkels war nie 100 nie maar wel ń 1000 jaar geslaap het. Dit is g’n wonder ons land is so deurmekaar nie. Dit is skrikwekkend om te dink sommige van hierdie mense het stemreg waarmee hulle ons toekoms moet help bepaal.

Net so ·

Dit is vreemd dat mense wat nie saamstem oor die plat aarde nie so neerhalende opmerkings teenoor ons maak, ons het baie tyd spandeer om inligting daaroor te kry. Ons het nie net besluit ons gaan ons oopstel om bespot te word nie, as ons nie seker was nie sou ons ons nie daaroor uitgelaat het nie. Al die vrae wat so gevra word oor die plat aarde is klaar beantwoord, doen maar die moeite en gaan soek die antwoorde, as jy regtig belangstel om jou opinie daaroor wil lig. Maak eerder ingeligte of oordentlike komentaar

Poot ·

@Net so
Hoeveel van julle is daar wat bepaal het die aarde is plat? Siende dat die uwe nou verwys na “ons” wat glo die aarde is plat.

Soekenjysalvind ·

Intercape Office, Unit 2, Old Marine Drive, Cape Town Station

anton ·

Ek kan wraggies nie glo dat daar sekere ”mense” is wat glo en sê die aarde is plat!!!
As hulle miskien hul lewe lank in die bos gebly en ongeletterd is, kan ek dalk nog verstaan.
Dan wil hulle regtig die bybel en God daarby insleep!!!
Red nou so n nasie/mense, sê ek met trane in my pot blou oë…………

Akram ·

Nou dink ek, as die aarde rond was, so die water mos alles aan die onderkant gaan le het. Helfte water en helfte land. Indien moontlik, as ek n gat regdeur die aarde sou kon grou, hoe sal ek aan die anderkant uitkom? kop of voete erste? Waar begin die weste en die ooste? Hoe werk my waterpas op n ronde aarde? Nou die plat aarde. Waar is die einde? waar sal ek afval van die aarde? Met die verskillende see getye, ry ons nou wipplank? As ons bo is, dan is die see getye laag en ook anders om? Hoe kan n skip agter die horison verdwyn?Hoe lyk die aarde aan die anderkant? dalk beter, groener? Of is dit waar al die pre historiese diere heen gevulg het? Hoekom sien ons net beelde van n deel van die ronde skyf van die ruimte stasie? Hoekom is die maan nie weer besoek nie? Dalk is ons almal verkeerd en is die aarde a buis. Dis sulke dinge wat my wakker hou deur nie nag.

Pieter-Jan Van Zyl ·

Die aarde is PLAT soos 95% van die wêreld bevolking se koppe. Die mensdom glo in die aardse wysheid en wil nie die VADER sy Geestelike wysheid vra en bid om dit te verkry nie. Gaan vra enige Japanees en Chinese geletterde oor die Jing en Jang se oorsprong (Beweging bo-kant die aarde) en kyk na die navorsing stuk van Charles K. Johnson. Gaan kyk ook boek van Henog (wat juis deur die kerke verwyder is weens die Geestelike waarheid waarin hy geleef het), was ook die tweede profeet wat lewendig verwyder is deur die Vader, die eerste was Melgisedek gwees. Die tyd raak min om tot waarheid te kom. As jy glo dat aarde ‘n sokker bal is, glo dit as jy glo die aarde is miljoene jare oud, glo dit deur te doen ontken jy die Woord en Vader YHWH se Skeppings aksie. Die ram wat Abraham geoffer het in plek van sy seun Isak, was die eerste ram wat geskep is deur die Vader YHWH, So die ram was ook in die Ark saam Noag. So kon nie miljoene jaar oud gewees het nie. Gaan kyk ook na die Suid-pool se omtrek. Dit omsirkel die hele aarde sal aarde afval nie. Job skryf dat die aarde hang in ‘n niks, dws staan stil. Son en Maan ewegroot volgens Joshua, hy vra die Vader om so die SON TE LAAT STIL STAAN, Letwel: nie die aarde nie en maan staan stil. Sodat hy die vyand kon wen.

CAH ·

Dit is so ironies dat die spotters nie verstaan of kan verstaan dat hulle gesindheid teenoor die plat aarde hulle self diskrediteer nie , dit is daardie die soort reaksie wat mense het as hulle nie verstaan waaroor iets gaan nie .gaan kyk maar self dalk leer julle iets,as n mens te lui is om iets te leer, ontdek sal n mens n dwaas spotter bly,moet nie so groot ego he om te dink jy weet als nie,JY SPOTTER is dalk di dwaas

Poot ·

@CAH
Ai….. die plat aarde mense darem. As julle dalk eendag ‘n boodreis gaan doen….. vra die kaptein hy moet net betyds terug draai. Wil nie weer hoor van nog ‘n boot wat van die aarde afgeval het nie. HEY!!!!! dit val my nou by…. dis dalk die Bermuda teorie. Die waar die bote en vliegtuie heen verdwyn. LOL!!!!!!

Kwasi ·

Natuurlik is die aarde plat. Hy het ook eintlik 5 hoeke, maar niemand kon nog die vyfde hoek opspoor nie. Dis versteek tussen die bybelverse. Baie interresant is ook dat Australië nie eintlik bestaan nie. Almal glo net eenvoudig hy bestaan, maar daar is geen bewys daarvan nie.

Judge Dredd ·

Ai tog mense – daar is ‘n baie makliker manier – die Amerikaners het met hul daaropvolgemde maan landings mos ‘n vierwiel voertuig daar agter gelaat – gebruik net eenvoudig alreeds bestaande teleskope om die voertuig te identifiseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.