Rusland wil geslagsverandering verbied

Vlag van Rusland (Foto: Evgeni Tcherkasski/Pixabay)

Russiese wetgewers het ʼn konsepwetsontwerp by die parlement ingedien wat enige wetlike of chirurgiese geslagsverandering sal verbied.

Die voorgestelde wetsontwerp kom te midde van Rusland se pogings om sy konserwatiewe standpunt te verskerp in die oorlog teen Oekraïne. Russiese owerhede hou sedert die aanvang van die oorlog vol dat sy stryd nie net teen Oekraïne is nie, maar ook teen die liberale weste.

Rusland is al jare lank ʼn onwelkome ruimte vir enigiemand wie se siening verskil van die “gesinswaardes” wat die Kremlin en die Russies-Ortodokse kerk bevorder, maar daar was onlangs al hoe meer druk van LGBTQ-aktiviste vir groter transformasie.

Die wetsontwerp wat Dinsdag ingedien is, sal “mediese ingryping gemik op die geslagsverandering van ʼn persoon” verbied.

Dit sluit in “die vorming van ʼn persoon se primêre en (of) sekondêre seksuele eienskappe”.

Die wetsontwerp sal die regering toelaat om ʼn lys van aanvaarbare ingrypings “verwant aan die behandeling van aangebore fisiologiese afwykings by kinders” te bepaal.

Die wetsontwerp verbied in wese ook wetlike geslagsverandering, omdat dit “staatsregistrasie van geslagsverandering sonder chirurgie” verbied.

Sowat 400 parlementslede steun die wetsontwerp.

Rusland het verlede jaar sy sogenaamde “gay propaganda”-wetgewing verskerp deur alle positiewe verwysings na LGBTQ-verhoudings te verbied.

Alexander Khinshtein, ʼn senior parlementslid, het destyds die wetgewing geloof en gesê dat die Oekraïense militêre operasie “nie net op die slagveld plaasvind nie, maar ook in mense se verstand.”

Op ʼn ranglys van 49 Europese lande het die Rainbow Europe-organisasie Rusland  derde laaste geplaas wat betref verdraagsaamheid teenoor LGBTQ-mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

popsa ·

Mooi Rusland! Ten minste in hiérdie opsig is jy ‘n voorbeeld vir die hele wêreld om te hou by die wil en doel van die Skepper van hemel en aarde. En dapper daarvoor op te staan.

annie ·

… maar andersins is jy sleg omdat jy nie die sluwe Zelensky tot tzar wil verhef nie?

JohanEtz ·

Fantasties.
Stem oor in ding saam met Rusland …LGBTQ+-×÷
Toe ek gister as ñ vis identifiseer, wou nie my met visstokke vang nie….

Kirst ·

Bravo Rusland. Tog ironies hoe ons landsgenote sg koloniale geskiedenis en standbeelde wil vernietig maar die Weste se woke nonsens opvreet vir soetkoek en wil afdwing op ons kinders.

Hector ·

Ek ondersteun die Russe in hierdie saak. Hulle is eenhonderdpersent reg!

Nici ·

Die weste het weer ‘n baie onwelkome ruimte geword van diegene wat Christen en gesinswaardes het deur konstant beskuldig te word van fobias omdat hulle nie die Agenda ondersteun nie.

Faan ·

Hierdie is maar net nog ‘n voorbeeld van Rusland wat weier om die destruktiewe liberale agenda agenda van die Weste te volg. Soos Putin gese het…”I am here because a man and a woman came together” Einde van argument….. Ook het hy gese dat hierdie eendag beskou sal word as ‘n misdaad teen die mensdom. Ek dink dit behoort genoem te word ‘n misdaad teem MENSWEES. “Crime against humanbeing”

annie ·

En? Is dit nou wreed of word Bybelse waardes nagevolg? In 1984 word voorspel dat alles omgedraai sal word; dit wat reg is, verkeer verklaar. Mediese artikels op die web verwys nou na mense se aanvanklike geslag; almal steeds bly reageer volgens die aanvanklike geslag. Al is jy nou xyxxxyy sal jy nie jou brein- en hormonale werking kan beheer nie sonder dramatiese ingrepe met verreikende nagevolge. Breinoorplantings en erge fisiese veranderinge is seker nie meer sonde nie?

Chris ·

Dit is ironies hoe gesinswaardes in aanhalingstekens geplaas word in die artikel. Rusland is nou weer terug waar die weterse sienings was 50 jaar gelede. KOMMINISTEEEE!!!!!

Johan Botha ·

Hierdie simpatieke houding van “Rainbow Europa ” gaan nog tragiese gevolge hê.
Hierdie ongebalanseerde druk wat op die meerderheid normale mense uitgeoefen word is nie voordelig vir die toekoms van ons nageslagte nie.

andre ·

Die Westerse media skep n beeld van Rusland wat glad nie waar is nie !putin self is n Christen en gesinsman.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.