Rusland wil teen 2030 met kolonisasie van maan begin

volmaanRusland wil glo teen 2030 met die konstruksie van ‘n bewoonde maanbasis begin.

Luidens berigte wat ʼn amptelike dokument aanhaal, sal die basis op die maan se suidpool gebou word.

Die projek sal uit verskeie voorbereidingsfases bestaan. Die eerste, wat in 2016 sal begin en tot 2026 sal duur, sal studies doen van minerale hulpbronne naby die suidpool.

Reise na en van die maan sal in 2028 begin, en teen 2030 sal bemande verkenning van die maan begin.

Waar Rusland se mees onlangse ruimtepogings daarop gemik was om projekte saam met ander lande aan te pak, dui die jongste beplanning daarop dat Rusland sy eie interplanetêre vermoë wil ontwikkel.

Meer besonderhede kan hier gelees word.

Bron: Rianovosti

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.