Rusland wil glo teen 2030 met die konstruksie van ‘n bewoonde maanbasis begin.
Luidens berigte wat ʼn amptelike dokument aanhaal, sal die basis op die maan se suidpool gebou word.
Die projek sal uit verskeie voorbereidingsfases bestaan. Die eerste, wat in 2016 sal begin en tot 2026 sal duur, sal studies doen van minerale hulpbronne naby die suidpool.
Reise na en van die maan sal in 2028 begin, en teen 2030 sal bemande verkenning van die maan begin.
Waar Rusland se mees onlangse ruimtepogings daarop gemik was om projekte saam met ander lande aan te pak, dui die jongste beplanning daarop dat Rusland sy eie interplanetêre vermoë wil ontwikkel.
Meer besonderhede kan hier gelees word.
Bron: Rianovosti