Russe bring Amerikaanse ruimtevaarder wel huis toe

Die ruimtevaarder, Mark Vande Hei. (Foto: Alexander Nemenov/pool/AFP)

Rusland het onderneem om ʼn Amerikaanse ruimtevaarder ʼn rit terug aarde toe te gee, ten spyte van vrese dat hy in die ruimte agtergelaat gaan word weens die VSA se sanksies teen Rusland.

Mark Vande Hei (55) is al byna ʼn jaar lank op die internasionale ruimtestasie (IRS), maar sal nou op 30 Maart saam met twee Russe aarde toe  terugkeer.

Die ruimtevaarders sal aan boord van die Sojoes-kapsule vertrek en in Kazakstan land, berig die nuusagentskap Unilad.

“Ons is in gesprekke met ons Russiese kollegas en niks het verander nie,” het Joel Montalbano, Nasa se IRS-programbestuurder, gesê.

“Ek kan definitief sê dat Mark saam met die Sojoes-kapsule huis toe kom.”

Vrese het onlangs ontstaan dat Vande Hei nie sal kan terugkeer aarde toe nie, nadat Dmitri Rogozin, die hoof van Rusland se ruimte-agentskap, gedreig het om hom agter te laat.

Dié uitlating kom nadat die Amerikaanse president, Joe Biden, meer as die helfte van Rusland se hoëtegnologie-invoere opgeskort het weens die Russiese inval van Oekraïne.

Hierdie sanksie sal volgens Biden verseker dat Rusland se “lugvaartbedryf, wat sy ruimteprogram insluit”, sal verswak.

Rogozin, wat glo noue bande met Russiese pres. Wladimir Poetin het, het glo op Twitter gedreig om Vande Hei in die ruimte agter te laat, asook Rusland se gedeelte van die IRS heeltemal los te maak en in Amerika te laat neerstort.

Die oudruimtevaarder Scott Kelly het Rogozin se dreigemente gekap en aan ABC News gesê hy is “woedend dat hy [Rogozin] die [ruimtevaarders] aangesê het om ʼn Amerikaanse bemanningslid agter te laat”.

“Ek het nooit gedink ek sou iets so verregaande hoor nie,” het hy gesê.

Nog ʼn ruimtevaarder, Cady Coleman, het aan ABC News gesê dat Amerikaanse en Russiese ruimtevaarders altyd saamgewerk het om lewe-of-dood-voorvalle te bowe te kom.

“Ek was daar bo saam met drie Russiese ruimtevaarders en die doelwit het nooit verander nie, ongeag van wat op aarde aangaan,” sê Coleman.

Ten spyte van die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne, hoop Kelly dat die vennootskap tussen die VSA en Rusland in die ruimte sal voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JohanR ·

Dries – die Russe is wonderlike mense. Lag baie, praat baie, kuier baie en drink baie. Maar as jy by ‘n Rus se huis kuier is die gasvryheid second to none. Is Vladmir Putin en die siek oud KGB om hom wat siek is, maar ek dink Putin se tyd is verby na die aanval op die Okreaine.

Samuel ·

Het saam met Russe in die buiteland gewerk. Gawe mense ja, maar moet nie by hulle politiek betrokke raak nie.

Jacques ·

Drie weke gelede was die Russe nie “siek en geweldadig ” , soos sommige kommentators hier beweer nie.

Ek wonder of hierdie mense ook die “siek en geweldadige” gedrag van die Amerikaners in Irak, Afghanistan en elders ook so heftig veroordeel het.

As jy nie het nie, vra jouself af hoekom die Amerikaners altyd die “good guys” in die media is ten spyte van hulle agressiewe buitelandse beleid, en hulle slagoffers, altyd die vark in die verhaal.

Thom ·

Het jy geweet dat Rusland VOOR die VSA in Afghanistan was !?

Pieter J ·

Die Amerikaners se foute van die verlede(daar was baie) maak nie die huidige gemors van die Russe reg nie. Ons weet almal die Amerikaners is nie die engeltjies soos wat die media soms wil voorgee nie.

Marthinus W ·

Afganistan grens aan Rusland; dit maak nogal n verskil. Die Russe was van 1979 to 1989 daar, en toe hulle onttrek was dit ordelik, gedissiplineerd, sonder om die land in chaos agter te laat. Met Amerika was die weghardloop vir baie van hul oud-soldate nogal vernederend.

Om die Russe in Afganistan aan te vat, het die CIA Osama bin Laden opgelei, gefinansier met biljoene dollars, en toe hulle maaksel teen hulle draai, het hulle hom gaan vermoor (of probeer vermoor). Volgens Leon Panetta [in n onderhoud met Charlie Rose] het die Navy Seals wat hom moes gaan uithaal, Panetta laat weet dat hulle hom nie kry nie. Hy skree toe vir hulle “But I saw you do it in movies!” I kid you not, folks. Die direkteur van die CIA verwar Hollywoodflieks met die werkilikheid. Vraag: Het hulle Osama toe gekry? En het hulle hom werklik doodgemaak?

Onnie ·

Soos ons nou al gesien het, is Putin nie ‘n man van sy woord nie. Ek hoop vir die ou se part dat Rusland hierdie keer sy woord gestand doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.