Russe gebruik glo fosforbomme teen burgerlikes

Die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski. (Foto: AFP/ Oekraïense presidensie)

Die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, sê daar is ’n “werklike” bedreiging dat Rusland chemiese wapens in Oekraïne sal gebruik. Rusland word reeds daarvan beskuldig dat hy fosforbomme teen burgerlikes gebruik het.

Volgens die goewerneur van die Loehansk-streek is fosforbomme onlangs op ’n dorpie in die ooste van Oekraïne laat val. Dié aanval het die lewens van vier mense, van wie twee kinders, geëis.

Brittanje se ITV-netwerk het ook intussen beeldmateriaal uitgesaai van fosforbomme wat op die dorp Irpin naby Kiëf geval het.

Navo se hoof, Jens Stoltenberg, sê dié alliansie is tans besig om sy magte in Oos-Europa se chemiese en kernverdediging op te skerp in die lig van toenemende vrese oor Rusland se gebruik van chemiese wapens.

Die Amerikaanse president Joe Biden het Donderdag gesê Navo sal reageer sou Rusland chemiese wapens in Oekraïne gebruik.

“Die aard van die reaksie sal afhang van die aard van die gebruik,” sê Biden.

Die Amerikaner glo ook nie Poetin kon daarin slaag om die Weste te verdeel met sy oorlog teen Oekraïne nie.

“Navo was nog nooit meer verenig as wat dit vandag is nie. Poetin kry presies die teenoorgestelde reg as waarvoor hy gehoop het met sy inval van Oekraïne,” het Biden ná ’n Navo-beraad in Brussel gesê.

Zelenski het Donderdag ’n beroep op die alliansie se lede gedoen om sy land van aanvalswapens, onder meer tenks en vegvliegtuie, te voorsien. Navo voorsien in die stadium slegs verdedigingstoerusting.

Volgens Zelenski kan Navo Oekraïense sterftes voorkom “deur vir ons al die wapens te gee wat ons nodig het”.

Die leiers van die G7- lande (Brittanje, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan en die VSA)  het intussen gesê hulle sal alles in hul vermoë doen om Poetin en sy ondersteuners persoonlik verantwoordelik te hou vir Rusland se inval van Oekraïne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jacobus

Lyk vir my NAVO is bang vir Putin.

Twallie

Fosfor bomme…dis waansinnig en uiteraard wreed.

VaalDonkie

Hoekom dra die ou altyd groen army-hempies?

casper

En die weste kyk lekker oorlog op TV pleks van inklim en dit stop !!!

Pietertjie

Dis nou as fop-nuus nie meer bestaan nie.