
Die Russiese ambassadeur Sergei Andreev vee Maandag sy gesig af nadat hy met rooi verf gegooi is. (Foto: Wojtek RADWANSKI / AFP)
Pres. Wladimir Poetin van Rusland het Maandag tydens ’n Oorwinningsdagparade daarop aangedring dat sy land se inval van Oekraïne nodig was om die “Moederland” te verdedig.
Dít terwyl Rusland se ambassadeur in Pole in Warschau met rooi verf in sy gesig gegooi is toe hy probeer het om ʼn krans ter viering van Oorwinningsdag te lê.
Russe vier elke jaar op 9 Mei Oorwinningsdag met militêre parades en openbare geleenthede ter herdenking van die Sowjetunie se oorwinning oor Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog.
Omstanders in Warschau het egter vroeër vandag tydens ’n Oorwinningsdagparade die woorde “fasciste” gedreunsing en die Oekraïense vlag geswaai terwyl hulle die Russiese ambassadeur Sergei Andreev se pad versper het.
“Ek is trots op my land en my president,” het die ambassadeur gesê nadat hy met rooi verf in sy gesig gegooi en die verf van sy gesig afgevee het.

Betogers versper die Russiese ambassadeur Sergei Andreev se weg in Warschau. (Foto: Wojtek RADWANSKI / AFP)
In Moskou het Poetin die Weste en Oekraïne vir die huidige konflik in Oekraïne blameer. Die Russiese president het aan duisende troepe op die Rooi Plein gesê dat Rusland deur ʼn “absoluut onaanvaarbare bedreiging” in die gesig gestaar word en teen die “gruwel van ʼn wêreldoorlog” gewaarsku.
“Julle veg vir die Moederland, vir haar toekoms, sodat niemand die lesse van die Tweede Wêreldoorlog vergeet nie,” het hy aan Russiese magte gesê.
Die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, wat ongeveer ʼn uur voor Poetin in ʼn video sy landsburgers toegespreek het, het op sy beurt die spoke van die Tweede Wêreldoorlog opgeroep om Rusland te berispe.
“Ons sal niemand toelaat om hierdie oorwinning te annekseer nie. Ons sal nie toelaat dat dit toegeëien word nie.
“Ons het toe gewen. Ons sal nou wen,” het Zelenski met verwysing na Oekraïense oorwinnings oor die Duitse magte tydens die Tweede Wêreldoorlog gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Ai tog. Hoekom dink Europeërs dit is n goeie ding is dat die EU se hoofsaaklik “puppet” leiers absoluut magtig word. Dit is goed dat iemand (Rusland in die geval) die EU bietjie in die bek ruk.
Swak smaak, soos eier-en poefgooiers in ander dele van die wêreld.
Putin kan maar oorwinningsdag vier. Eendag, voor die Troon, sal daar nie vir hom oorwinning wees nie, dan gaan sy wreedheid en leuens hom inhaal.
Hulle moes hom sommer n tweede laag olie verf gegee het
Ek sou graag wou hoor waarom die afmerkers so heftig reageer. n Inset van hul kant gaan ons seker nie beskore wees nie. Nou die dag is n pro-russiese jong man ook uitgejaag gedurende n Q&A in Australie. Die jang man het n vraag gehad i.v.m aanvalle in die Donbas omgewing (Russiese gebied) en is toe summier uitgejaag. Snaaks hoe sommige mense n “debat” wil hou, solank almal saamstem.