Russiese koerant vra Nederland om verskoning

Die voorblad van die Russiese koerant op 25 Julie 2014 Foto: AFP PHOTO / ALEXANDER NEMENOV        (Photo credit should read ALEXANDER NEMENOV/AFP/Getty Images)

Die voorblad van die Russiese koerant op 25 Julie 2014 Foto: AFP PHOTO / ALEXANDER NEMENOV (Photo credit should read ALEXANDER NEMENOV/AFP/Getty Images)

ʼn Toonaangewende koerant in Rusland het ʼn verskoning op sy voorblad gepubliseer waarin hy vergifnis vra vir die mense van Nederland wat geliefdes in Vlug MH17 verloor het.

Die koerantopskrif lui, “Vergeef ons, Nederland”, met ʼn hartroerende foto van die lykswaens wat slagoffers van die ramp vervoer. Die foto is Woensdag geneem toe die eerste liggame na Nederland vervoer is om uitgeken te word. Duisende mense het eer kom betoon.

Die liberale Russiese koerant is bekend vir sy teenkanting teen pres. Wladimir Poetin.

Vlug MH17 van Malaysia Airlines is vermoedelik neergeskiet. Rusland ontken steeds dat hy enige rol gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.