Russiese soldaat skuldig bevind aan oorlogsmisdade

Die Russiese sersant Vadim Shishimarin Maandag in die hof. (Foto: Yasuyoshi CHIBA / AFP)

’n Jong Russiese soldaat is Maandag in ’n hof in Oekraïne skuldig bevind aan oorlogsmisdade ná die koelbloedige moord op ’n burgerlike inwoner.

Die 21-jarige Vadim Shishimarin is in ’n hof in Kiëf skuldig bevind aan oorlogsmisdade asook moord met voorbedagte rade. Hy is lewenslange tronkstraf hiervoor opgelê.

“Shishimarin het die wette en gebruike van oorlog oortree,” het regter Sergiy Agafonov beslis – die eerste uitspraak teen Rusland se magte sedert hul inval van Oekraïne.

Die Russiese sersant het in die hof erken dat hy die 62-jarige Oleksandr Shelipov op 28 Februarie – enkele dae ná Rusland se inval van Oekraïne – in die noordooste van dié land doodgeskiet het.

Shishimarin het verlede week aan die hof gesê hy was onder druk van ’n ander soldaat om Shelipov te skiet. Die twee soldate het die betrokke dag – dag vier van Rusland se inval van Oekraïne – in ’n gesteelde motor probeer om na Rusland terug te reis.

Shishimarin het in die hof om verskoning gevra vir die moord en Shelipov se weduwee om vergifnis gevra. Die Rus se prokureur, Viktor Ovsyannikov, het egter aangedui dat sy kliënt teen die uitspraak gaan appelleer.

Die Russiese sersant Vadim Shishimarin Maandag in die hof. (Foto: Yasuyoshi CHIBA / AFP)

“Dít is die swaarste vonnis denkbaar en enigiemand by sy gesonde verstand sal dit betwis,” het Ovsyannikov gesê.

Ovsyannikov meen die hof het onder groot druk verkeer om sy kliënt swaar te straf. Aanklaer Andriy Syniuk stem egter nie hiermee saam nie en sê hy is tevrede met die uitspraak.

“Ek beskou die uitspraak as wettig en geregverdig,” het hy aan verslaggewers gesê.

Die Kremlin het Maandag voor die vonnisoplegging gesê hoewel hy “bekommerd” is oor Shishimarin se lot, kon hy geen bystand verskaf nie omdat daar geen Russiese diplomatieke teenwoordigheid in Oekraïne is nie.

“Dit beteken nie dat ons nie ander kanale sal verken nie. Die lot van elke Russiese burger is vir ons van sleutelbelang,” het Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, aan verslaggewers gesê.

Vandag se uitspraak sal na verwagting die eerste van vele wees. Duisende voorvalle van beweerde oorlogsmisdade word ondersoek sedert pres. Wladimir Poetin sy troepe in Oekraïne ontplooi het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Marthinus W ·

n Wyse persoon sal geen kommentaar lewer nie, omdat al die inligting nog nie beskikbaar is nie. Maar, n “Russiese soldaat” indien hy een sou wees, in n land waar sy eenheid veg, deur daardie land se hof skuldig bevind: dis nie regverdigheid nie, dis n kangaroehof. Indien Oekraine dan so “demokraties” en eerlik is, sou hulle moeite gedoen het om die “soldaat” ten minste in Den Haag aan te kla.

Kobus ·

Ironies, “n Wyse persoon sal geen kommentaar lewer nie….”

Marthinus W ·

Kobus, Cherokee: deur kommentaar te lewer het ek aangedui dat ek myself nie as wys beskou nie. Dis selfspot.

johan ·

Wonder wanneer leiers van Amerika vir al hulle oorlogs misdade in talle lande vervolg gaan word

annie ·

Ons weet teen dié tyd wat die absolute waarheid is. Zolly is ‘n voorbeeld daarvan. En toe vang hulle sowaar een outjie met misdadige gedrag; die ware voorbeeld van alle Russe op aarde. Zelensky is die droom president van alle tye. Maak hom asseblief koning oor die aarde!

Albert Kruger ·

Annie, die Russe is darem nie so sleg nie. En Zelensky is ook nie noodwendig die “droom-president” nie. Onthou net: die absolute waarheid sal niemand ooit weet nie

JM ·

Ja-nee, dit is nie net om te moor nie. Jy het nie ‘n hond doodgeskiet nie, maar ‘n onskuldige burgerlike. Jou president is ook ‘n gewetenlose moordenaar.

Anel ·

Moord bly moord. Pleks kla hulle vir Putin aan! Jammer vir die outjie. Hy is nog bloedjonk en ek glo daar is vir hom gesê om die man te vermoor ander word hyself geskiet. Oorlog is siek!!!

Frank John ·

Natuurlik sal Rusland probeer om hom vry te kry. Hulle mense is aangesê om te moor.

M ·

Hierdie absolute jong kind …. hy gaan vir die res van sy lewe …. droom daaroor …. dink daaroor ….herinner word daaraan …en huil daaroor… tóg, hy het moord gepleeg. Joeg ….

Sarel ·

Soldaat staan onder opdrag….so wie het die opdrag uitgereik…of was fitcsyveue besluit..

Di ·

Hy moes daaraan gedink het voordat hy die sneller getrek het. Die besluite wat mens neem het gevolge

LD ·

Dis absoluut ‘n hartseer storie! Ja hyt verkeerd gedoen maar soos ek verstaan word die Russiese soldate self vervolg as hulle nie opdragte uitvoer nie. Dis wat die saak so moeilik maak, wie sê hy wou dit werklik doen? Oorlog is oorlog, en soos die Nazi’s van daai jare in WW2 was daar ook soldate wat nie die gruwel dade wou pleeg nie maar moes omdat dit hulle opdragte was. Niemand wen in ‘n oorlog nie!!

Lian ·

Dis al weer ‘n geval vang die kleinste visse en die grotes swem weg . Ek stem saam: dit moes in Den Haag beslis gewees het. Maar hy gaan heel moontlik as ‘n troefkaart tydens vredes samesprekings gehou word .

Maritza ·

Hy lyk nog soos ‘n kind wat in die skool moet wees. Dis hart verskeurend

Thom ·

“Boris Bondarev, a counsellor at the Russian permanent mission to the United Nations in Geneva, wrote in a public statement: “Never have I been so ashamed of my country.”
“Today the Ministry of Foreign Affairs is not about diplomacy,” wrote the diplomat, a 20-year veteran of the Russian foreign ministry. “It is all about warmongering, lies and hatred. It serves interests of few, the very few people thus contributing to further isolation and degradation of my country. Russia no longer has allies, and there is no one to blame but its reckless and ill-conceived policy.”

Janee ·

Wat n totale hartseer storie….die kind her sekerlik nie eers geweet wat hy daar doen nie en tweedens het hy in opdrag van …blykbaar ‘n offisier..geskiet. Lewenslank….en ek glo werklik nie die Russe sal iets doen om hom tot hulp te wees. 21 jaar oud?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.