Russiese tenks gaan Oekraïne binne

Armoured personnel carriers with Russian military plates move towards the Ukraine border

Gepantserde personeel draers in Rusland beweeg na die Oekraïne grens. Foto: Shaun Walker

Westerse joernaliste wat die Russiese humanitêre konvooi vergesel, berig dat hulle gesien het hoe Russiese tenks, brandstofwaens en ander miliêre voertuie die grens na Oekraïne oorgesteek het.

Die voertuie was aan die grens met Oekraïne teenoor die rebelle-beheerde Donetsk, maar het in die nag oor die grens gery. Beide die Telegraph en die Guardian maak vanoggend aanspraak daarop dat dit deur hul joernaliste waargeneem is. Blykbaar het die humanitêre konvooi van 280 vragmotors nog nie die grens oorgesteek nie.

Die weste beskuldig Rusland al ‘n geruime tyd dat hy die rebelle bewapen, iets wat Rusland ontken. Hierdie is egter die eerste keer dat so ‘n grenskruising deur westerse joernaliste aanskou is.

Meer in The Telegraph kan hier gelees word.

Ander bronne: De Standaard, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.