Russiese vliegtuig verdwyn met bekende orkes aan boord

Swartsee

Swartsee

ʼn Russiese militêre Tu-154-vliegtuig, met 91 persone aan boord, insluitend ʼn bekroonde militêre orkes, het Sondag oor die Swartsee verdwyn.

Die vliegtuig was op pad na Sirië en het kort ná dit by die vakansiedorp Sochi opgestyg het, verdwyn, het Rusland se ministerie van verdediging, gesê.

Die bekende Alexandrov militêre orkes was aan boord om ʼn konsert op te voer by die Russiese lugmagbasis in Sirië.

Altesaam 83 passasiers en agt bemanningslede was aan boord die vliegtuig toe die vroeg Sondagoggend van die radar verdwyn het. Nooddienste is op soek na die vliegtuig, ʼn Sowjet-ontwerpte drie-enjin-vliegtuig.

Nege verslaggewers is ook onder die passasiers, volgens die Interfax-nuusagentskap.

Russiese mediaberigte het gesê die vliegtuig het oor die see verdwyn ʼn paar minute nadat dit opgestyg het.

Interfax het berig die reddingsbeamptes het reeds die ligging van die ongeluk bepaal, maar daar is nog geen amptelike bevestiging nie.

Sergei Shoigu, minister van verdediging, koördineer self die reddingspoging, en pres. Wladimir Poetin het amptelike berigte oor die voorval ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.