Russiese vliegtuig word vermis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Russiese vliegtuig met 212 mense aan boord word vermis nadat dit Saterdag in Egipte opgestyg het en daar kort daarna kontak met die bemanning verloor is.

Volgens berigte het die vliegtuig Saterdagoggend van die Rooisee-dorpie Sharm al-Sheikh opgestyg. “Minute nadat die vliegtuig opgestyg het, is kontak verloor. Die vliegtuig was op pad na ʼn lughawe in Rusland,” het ʼn lugvaartbeampte gesê.

Volgens die beampte is al die passasiers aan boord Russiese vakansiegangers. Hy het gesê reddingsdienste is na die toneel ontbied waar kontak met die vliegtuig verloor is. “Ons probeer nog bepaal hoekom kontak met die vliegtuig verloor is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.