Rykste man in Hongkong tree af op 89

Li Ka-shing (Foto: EdTech Stanford University School of Medicine, Flickr via Wikimedia Commons)

Die 89-jarige Li Ka-shing, Hongkong se rykste man, het Vrydag bedank as die voorsitter van sy sakeryk. Hy het die leisels aan sy seun oorhandig.

Li het die aankondiging tydens ʼn perskonferensie gemaak waar vier van sy maatskappye, CK Hutchison, CK Asset Holdings, CK Infrastructure Holdings en Power Asset Holdings, hul 2017-jaarverslae bekend gemaak het, het die South China Morning Post berig.

Li vier in Julie sy 90ste verjaarsdag en sal die voorsitterskap van twee van die maatskappye aan sy oudste seun Victor oorhandig.

Volgens Forbes-tydskrif is Li die 23ste rykste man ter wêreld en is ongeveer $35.3 miljard werd.

Li, met die bynaam “Superman” in Hongkong, is bekend vir sy nederige begin in die suide van China, waar hy skool op 12-jarige ouderdom verlaat het om sy gesin te ondersteun, aldus sy amptelike biografie. Hy het later in 1950 ʼn plastiekvervaardigingsmaatskappy in Hongkong gestig en dit tot ʼn eiendomsagentskap-sakeryk uitgebrei, een van die stad se grootste konglomerate.

Li se jongste seun, Richard, is die hoof van PCCW, die grootste telekommunikasiemaatskappy in Hongkong. Victor en Richard is albei Kanadese burgers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Ons jong mense wat dink die lewe skuld hulle iets (insluitende GRATIS universiteitsopleiding) moet ‘n paar lesse by hierdie man gaan leer!! As Zuma nie so oud en onbetroubaar was nie kon mens HOM ook stuur, maar ek weet nie hoe “veilig” Li se bates sou wees nie!! HAHAHAH!!!

Sonja ·

Kon geweet het hy verjaar in Julie… daardie mense weet hoe om met geld te werk!

Petro ·

Plastiekvervaardigingsmaatskappy. Hoop nie dit het bygedra tot al die plastiekbesoedeling wat n probleem is in die see nie, anders moet hy dalk van sy rykdom gebruik om te help om die probleem op te los.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.