SA buite stemming toe Rusland uit VN-Menseregteraad geskors word

(Foto: TIMOTHY A. CLARY/AFP)

Die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering het Rusland uit die wêreldliggaam se Menseregteraad geskors as straf vir sy inval in Oekraïne.

Dit is slegs die twee keer ooit dat ʼn  land uit dié raad geskors word – die eerste was Libië in 2011.

ʼn Totaal van 93 van die 193 lede van die Algemene Vergadering het ten gunste van die skorsing gestem, terwyl 24 daarteen gestem het. ʼn Totaal van 58 lande het buite stemming gebly en die res het nie deelgeneem nie. ʼn Meerderheid van twee derdes word vereis om ʼn land te skors met die weerhouding van stemme wat nie tel nie.

Suid-Afrika was een van verskeie Afrikalande wat buite stemming gebly het. Brasilië, Mexiko en Indië het ook buite stemming gebly. Lande wat daarteen gestem het, sluit in China, Iran, Kazachstan, Rusland self, Belarus en Sirië.

Die skorsing het Moskou as ʼn “internasionale uitgeworpene” bevestig, het Amerikaanse president Joe Biden gesê.

“Die tekens van mense wat verkrag, gemartel, tereggestel word, en in sommige gevalle van liggaamskending, is ʼn skande vir ons gemeenskaplike menslikheid.”

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het die besluit verwelkom as “’n belangrike stap” en dit as  “nog ʼn straf vir Rusland se aggressie” teen Oekraïne beskryf.

Rusland het die skorsing verwerp, met sy ministerie van buitelandse sake wat die stap as “onwettig en polities gemotiveerd beskou, wat daarop gemik is om ʼn soewereine VN-lidstaat wat ʼn onafhanklike binnelandse en buitelandse beleid nastreef, grootdoenerig te straf”.

Die VN se Menseregteraad is in 2006 gestig. Washington voer aan dat die skorsing van Rusland uit die raad, wat die VN se vernaamste menseregtemonitor is, meer simbolies van aard is en Rusland nog meer isoleer ná die aanval op Oekraïne wat op 24 Februarie begin het.

Zelenski het ook gevra dat Rusland uit die VN-veiligheidsraad geskors word “sodat dit nie besluite oor sy eie aggressie, sy eie oorlog kan teenstaan nie”.

Washington het erken daar is min wat enigiemand kan doen aan Rusland se posisie op die veiligheidsraad, waar dié land vetoreg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Henri ·

Twee BRICS lande stem teen die besluit en die ander 3 bly buite stemming. Interessant hoe die lande wat teen die besluit stem, van die lande is wat die grootste menseregteskenders is, maar die vinnigste is om hulle op hulle menseregte beroep as iemand teen hulle stelling inneem.

Menseregte lei tot die mensdom se lyding. As jy nie eers jou verantwoordelikhede kan besef en nakom nie, hoe kan jy jouself dan beroep op jou menseregte? Alles is ‘n voorreg waarvoor jy verantwoordelikheid moet neem om te beskerm.

Die diplomatieke wêreld het my nog altyd stom gelaat. Met woorde en dade op papier probeer hulle die Engelse gesegde “sticks and stones may break my bones, but names will never hurt me” verkeerd te bewys. Maar stokke en klippe het koeëls en bomme geword, en dit maak baie seerder as woorde.

Met Rusland op die veiligheidsraad van die VN beteken hiedie skorsing in die werkliheid niks.

Frank ·

So dit is indirekte ondersteunning van die verkragtingings, moorde en oorlogsmisdaad van die ANC

Tiptol ·

Anc is ruggraatloos. Hulle kan net sterk staan as daar ‘n geleentheid is om korrupsie te pleeg.

piet ·

Die BRICS-lande sal of neutraal bly of teen dit stem soos dit dan ook die geval was. Dis ons ekonomiese boeties en daar is groot ekonomiese en samewerkingsooreenkomste in plek. Geen verrassing nie. Sal egter interessant wees as Rusland begin om ons te dreig om nie op die draad te sit nie…….

Marius ·

Natuurlik sal jy buite stemming bly, veral as jy ruggraatloos is.

Jr ·

HOU OP ASB OM TE SÊ SUID AFRIKA EN SÊ LIEWERSTE DIE. AAANNNNNCCCC A. N. C
ANC cANCer party. In 2011 soos ek onthou het die ANC ook nie teen Libya gestem. Hang af wie pleeg die menseregte. Rusland, Libya Cuba, Venezuala, no problem Israel America please no no

johan ·

Die volgende land wat uitgeskop behoort te word is Amerika, met hulle blatante skending van vroueregte deur toe te laat dat mans teen vrouens kompeteer in sport!

VaalDonkie ·

Dis in elk geval die VSA wat oral oor die aardbol moeilikheid stook en dan kom “help”.

Anna-marie ·

Presies, nou maak hulle of hulle vreeslik besorgd is oor die mense van die Oekraiene.

Theo ·

Interresant vir n land wat altyd so skree oor menseregte… maar as dit kom by belange dan is hulle tjoepstil en tel menseregte nie meer nie. Clowns en hypocrites.

Akhenatha ·

Amerika het al BAIE lande ingeval on onskuldige mense doodgemaak. Ook in Suid Afrika toe hulle die ANC befonds het. Maar Amerika se misdade wêreldwyd word misgekyk en goedgekeur.

Arno ·

Dis net duidelik dat ons regering saam stem en dit goedkeur met die geweldadige massa moorde in die Ukraine, want net so keur die regering dit goed dat plaasmoorde, geweld, korrupsie, die lys gaan aan… aanvaarbaar is in Suid Afrika. Ons skuld mos die Russe biljoene geld wat niemand weet waar die geld spandeer is nie maar deur korrupsie verdwyn het, so dis mos beter om nou op die kantlyn te sit want die regering is nou bang om nie in te meng nie want die regering is bang die Russe draai ook teen SA want hoe gaan hulle ooit die geld terug betaal. Wat het van ons land geword, wat ‘n verleentheid om myself ‘n Suid Afrikaner te noem.

Jr ·

Skaam om myself Suid Afrikaner te noem, maar baie trots om myself boer te noem

Riaan ·

Miskien moet daar ook gelet word op die destabilisasie van die VSA. Hoë inflasie en die ondenkbare situasie wat kan ontstaan as China vir Taiwan inval, Suid Afrikastan mag dalk homself, aan die regte kant van die globale magstryd bevind – BRICs. Daar moet ‘n manier gevind word om programeerbare digitale geldeenhede globaal te implimenteer…

piet ·

China, Amerika, Duitsland, Brittanje en Japan is SA se grootste uitvoerlande. Nogal interessant om te weet Nederland is SA se 6de grootste uitvoerland. Nooit dit gedink nie. Seker ystererts, hulle het mos ‘n massiewe skeepsbou-bedryf.

AndrewL ·

Dit is heeltemal te wagte.

Die ANC is dalk so in die skuld by Rusland dat hul dit nie kan waag om teen hulle te stem nie

Stephen ·

Baie eenvoudig. Wanneer die stof gaan le wil die nuttelose ANC weer gaan bakhand staan voor Rusland.

Rayman ·

Toe die lafaard Amerika Irak in geval het en hoeveel mense dood gemaak het is daar niks oor gesê nie,
so party lande kan dan maak net soos hulle wil swak, Oekraïne is nie so onskuldig soos julle voorgee en sê nie

Julius ·

Alles gaan in die weste se gesig ontplof waarmee hulle nou besig is. Nog geen bewyse is ingesamel oor die bewerings teen Rusland nie. Putin gaan klaarmaak wat hy begin het.

Heinrich ·

ANC logika: daar is geen plaasmoorde nie en daarom is daar nie menseregtevergrype deur Rusland se weermag nie.

MT ·

Suid-Afrika is die enigste land op planeet aarde waar ‘n meerderheid se belange teen ‘n geringe minderheid beskerm moet word.

Dis die eerste en enigste in sy soort, en kan met geen ander stelsel in geen ander land vergelyk word nie.

Jaco ·

Rusland beskerm basies 2 etnies-Russiese gebiede wat weggebreek het van die Ukraine. Dis wat baie in die Wes-Kaap ook maar wil doen: breek weg vanaf die res van SA. Dis vreemd dat die SA regering dink Rusland is reg, maar as die Wes-Kaap wil afskei is dit verkeerd en vol rassisme en apartheid.
Dis ook vreemd dat SA se petrolprys so kwaai styg. As SA dan so min of meer “aan Rusland se kant” is, dan kan SA mos aanhou om goedkoper olie direk van Rusland af in te voer.
Net so terloops: in 1768 het Frankryk die eiland Korsika by Oostenryk gekoop. In 1867 het Amerika weer Alaska nogal by Rusland gekoop. So die koop van landstreke is nie so vreemd nie. Rusland kon dus ook maar net die etnies-Russiese dele van die Oekraïne by die Oekraïne gekoop het. Ek wonder nou: is die Wes-Kaap dalk te koop en wat sou die prys wees?

Johann ·

SHAME ON YOU! Toonbeeld van gewetenlose blinde lojaliteit teenoor die ANC se mede massamoordenaars. Ter wille van hulle comrades…tenkoste van n land en sy burgers. Wys jou hoe ver en diep kommunisne Afrika in sy sak het.

JohanR ·

SA – een van die muishonde van die wereld…..jammer muishonde!

Chris ·

Dit is nou maar so. Die tyd het vir die bende aangebreek om terug te betaal. Maar soos die gesegde lui, ” wanneer jy saam met die honde lê, byt die vlooie jou”. Maar aan die lot hier is daar nie salf te smeer nie. Verwaandhaidswaansin. Wanneer ‘n nar by ‘n paleis instap word hy nie koning nie. Die paleis word ‘n sirkus.

Willem ·

Rusland moet heeltemal uit die VN geskop word en eers weer toegelaat word waneer hulle die oorlog beeindig en bewys dat hulle demokrasie en menseregte en ander lande se soewereiniteit respekteer.

Marthinus W ·

Ons moet wegbeweeg van die Amerikaanse binere denke: ja, nee; reg, verkeerd, swart, wit, goed, sleg. Die wereld is baie meer ingewikkeld, en tussen swart en wit is daar ‘n palet kleure. In die politiek moet jy altyd jou opsies oophou. Geen land het permanente vriende nie, net permanente behoeftes – kyk maar na Amerika: voor die oorlog was Venezuela die vark; nou vry hulle na die land, vir olie.

Wie is van die grootste menseregteskenders die afgelope 50 jaar, wat nog steeds op hierdie raad sit? Amerika en Saudi-Arabie. Die sogenaamde skendings deur Rusland is nog nie in n hof bewys en getoets nie, dis slegs bespiegelings.

Woensdag, die 6de April, het NBC berig dat die CIA erken het dat hulle berigte met disinformasie geskep en versprei het; die twee berigte wat hulle erken hulle geskep het: die een waar Poetin se raadgewers glo nie alles vir hom vertel nie, en die een waar Rusland militere hulp gaan soek by China. Watter ander berigte het hulle geskep?

Thom ·

Foto’s en video-materiaal van die tereggestelde burgerlikes in Bucha is nie bespiegelinge nie , dit is geneem terwyl die Russe nog daar was ( BBC ) ___ wat verstaan jy nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.