SA egpaar moor mekaar glo voor kinders in Ierland

Die toneel in Kildysart, Ierland, waar die Suid-Afrikaners Cornelius Belling (44) en sy vrou Angie (27), mekaar glo vermoor het Foto: Irish Independent

Die toneel in Kildysart, Ierland, waar die Suid-Afrikaners Cornelius Billing (44) en sy vrou Angie (27), mekaar glo vermoor het Foto: Irish Independent

Cornelius Billing (44) en sy vrou Angie (27) van Suid-Afrika het mekaar glo Woensdagaand voor hul kinders in Ierland vermoor.

Die paartjie het glo eers onlangs na die plattelandse deel in Ierland, Kildysart, Co Clare verhuis.

Die polisie en die brandweer was by ʼn brand by ʼn hardewarewinkel toe ʼn bebloede vrou uit ʼn huis oorkant die straat gehardloop het, berig die Irish Independent. Sy het op die voetpaadjie ineengestort met steekwonde in haar bors en nek. Paramedici het tevergeefs probeer om haar lewe te red. Sy is op die toneel dood verklaar.

ʼn Polisiebeampte het ʼn kind in ʼn nabygeleë huis hoor huil en het gaan ondersoek instel waar hy op die liggaam van ʼn man afgekom het. Die man is ook later op die toneel dood verklaar.

Die paartjie se twee kinders, onderskeidelik drie en vyf jaar oud, is nie beseer nie, aldus die Irish Mirror.

ʼn Woordvoerder vir die polisie het aan die Mirror bevestig hulle is nie op soek na enigiemand anders in verband met die moorde nie. “Dit wil voorkom of die paartjie mekaar aangeval en doodgesteek het. Dit lyk soos ʼn huishoudelike onderonsie wat handuit geruk het,” het die woordvoerder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tragies ·

Dit kan wees dat die 1 die ander aangeval het en die ander uit selfverdediging die naaste item, ‘n mes??(dit was moontlik in die kombuis), gegryp het en probeer keer en teruggeveg het. Wonder maar net! Die arme, arme kinders! Dis regtig verskriklik erg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.