SA gesin kry dalk trekpas uit Nieu-Seeland

Travis en Ethan von Metzinger. Foto: Change.org

ʼn Suid-Afrikaanse gesin wat al nege jaar lank in Nieu-Seeland woon, kan dalk binnekort uit dié land geskop word.

Steven en Joan von Metzinger en hul kinders, Travis (18) en Ethan (15), het byna ʼn dekade gelede na Nieu-Seeland geëmigreer en woon tans in Dunedin. Die gesin het egter, ná ʼn nege jaar lange stryd met die plaaslike immigrasieowerhede, ʼn kennisgewing ontvang van die regering se voorneme om hulle na Suid-Afrika te deporteer.

Die rede vir die deportasie is ʼn chroniese niertoestand waarmee Ethan gebore is en waarvoor hy mediese behandeling ontvang en moontlik ʼn operasie sal moet ondergaan. Die gesin se aansoek om burgerskap is geweier omdat Nieu-Seeland Ethan se kondisie as ʼn las op die land se gesondheidstelsel beskou.

Volgens die webtuiste Stuff was talle appèlle teen die besluit om die gesin te deporteer telkens onsuksesvol. Travis, Ethan se broer, het aan die webtuiste gesê die gesin was nog altyd eerlik oor die nierkwaal waarmee Ethan gebore is en word nou gepenaliseer vir hul eerlikheid.

Hy het ook gesê sy pa, wat as ʼn sakekonsultant in Nieu-Seeland werk, het reeds $300 000 se belasting gedurende die gesin se verblyf in Nieu-Seeland betaal en is boonop bereid om uit sy sak vir Ethan se operasie te betaal, wat tot $200 000 kan kos. Volgens die gesin moet hulle toegelaat word om in die land aan te bly indien hulle bereid is om self vir Ethan se mediese onkoste te betaal.

“My gesin is geïntegreer in die Nieu-Seelandse samelewing; dit is ons tuiste. Ek en Ethan het grootgeword as Kiwi’s en het die grootste deel van ons lewens hier deurgebring. My ma is aktief betrokke by liefdadigheidsorganisasies en my pa is ʼn hoofprojekkonsultant en werk by die Dunedin-stadsraad, Allied Press en die University of Otago. Op alle maniere moontlik, behalwe wetlik, is ons Nieu-Seelanders,” het Travis gesê.

Travis het ʼn aanlyn-petisie opgestel waarin hy mense nooi om hul handtekeninge by te voeg ter ondersteuning van die gesin se voortgesette verblyf in Nieu-Seeland. Teen Vrydagmiddag het meer as 14 800 mense die petisie onderteken.

Soos die saak tans staan moet die gesin die land teen 27 Januarie verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

WOW ·

Ag weet jy seun, jy is BETER af in ‘n ander land. REGTIG, as dit is wie en wat Nieu Seeland is, dat julle nie eers kan bly al BETAAL jou pa al jou kostes nie, is hulle KLEINLIK! Regtig probeer ‘n ander land .. moenie hulle ryk maak met julle taxes nie. STERKTE aan julle gesin, maar los nou maar NZ, duidelik is julle nie meer welkom daar nie, hulle gaan julle aanhou harass!

A ·

NZ het van die begin af gesê hulle aanvaar nie siek mense nie. Dis hulle voorreg. Net soos Trump kan sê hy wil nie mense van Afrika meer aanvaar nie. Dis net ons land wat alles en almal toelaat en kyk hoe gaan dit hier. Daardie gesin moes jare gelede al toe die eerste briefie gekom het vir hulle ‘n ander land gesoek het.

Cherokee ·

Jy het ‘n praktiese uitkyk. Geen sentiment maar bloot sinvol wanneer na jou hele skrywe gekyk word. Dit kan wel beredeneer word en daar bestaan vele opsies daarvoor, maar jou redenasie is oortuigend.

Eish ·

Eish, kyk nou net die land van die silwer varing! Dan haal Trump hoofopskrifte oor sy tweets!
Baie jammer vir die mense wat terugkeer na die helhool.

Lolla ·

Pure onnodigheid. Hulle is nie terroriste nie, nie nuwelinge nie, nie n vlug risiko nie, nie belasting onduikers nie, nie sisteem misbruikers nie, en beslis nie moordenaars nie, en wat het geword van wat in die beste belang van die kinders is wat reeds 9 jaar daar aangepas is? En wat het geword van God se bevel om na alle nasies te gaan en hierdie aarde te versorg en te bewerk en in samewerking van n skepping wees? Of is hulle nou selfaangestelde god wat bepaal wanneer wie waar sal wees? Ek ondersteun wette sodat daar orde kan wees, maar die redes vir hierdie deportering is belaglik.

A simple man ·

NZ van begin vir hulle gesê, en oop kaarte gespeel. Om nou petisies op te trek, laat my dink aan tipiese ZA mentaliteit. Skool het gedragskodes, ons in skool en stem saam, tot ons 2 maande later almal blameer omdat ek my hare anders wil dra. Etc.

Zachrys ·

Julle is meer werd hier, welkom terug, hoop julle praat nog Afrikaans. Moenie self vir Jul kaartjie terug betaal nie.

Sarel ·

Ek stem saam met A. Dit is hul reg as land om dit te weier. En dit was heelmoontlik jare reeds so. Julle sal ongelukkig altyd as gaste in die land gesien word teenoor mense wat daar gebore is.

Magda ·

NZ se kant van die storie is dat die gesin in hul aanvanklike aansoek vir verblyfreg WEERHOU het om die seun se nierkwaal te meld. Dit word as oneerlikheid bestempel.
En die moontlikheid dat hy wel mediese behandeling sal moet kry in toekoms is heel waarskynlik.

Valerie ·

As ek reg onthou is dit NZ wat ‘n 100-jarige man gervra het om die land te verlaat en ook om daai “obese” Suid-Afrikaner toegang te weier/vra om te waai. Hoekom werk alles daar? Dis hoekom; daar is basiese wet en orde, en Trump se uitlatings is glad nie so negatief en simpel soos die liberale media dit wil maak nie en ons laat dink dat alles “gons” nou weer daaroor nie.

Therese van Schalkwyk ·

Hoe ironies dat die NZ-regering onlangs ‘n aanbod gemaak het aan die Australiese regering om nie minder nie as 150 migrante uit lg. se vlugtelingkamp in Nauru te verwelkom in hulle land.

Dit is jong mans wat hul families net so in hul “gevaarlike” lande van herkoms agtergelaat het en misdadige mensesmokkelaars betaal het om op onwettige wyse ‘n land te betree.
Maar ‘n hardwerkende gesin wat ‘n aanwins vir die samelewing is, moet uit hul land gedeporteer word?
Wat ‘n stapelgek wêreld leef ons nie in nie!

Rupert Ashford ·

Absoluut Therese. En 80% van daardie 150 is nie van plan om ooit te werk nie, maar permanent op die welsyn te teer. Statistieke wys dat meer as 50% van sg “asielsoekers” na 5 jaar nog steeds nie werk nie. Deel van die mensesmokkelaars se bemarking is om vir die ouens te vertel dat hy meer kan kry deur op die welsyn te teer as wat hy kry wanneer hy werk in sy eie land en dit is hoekom hulle die tog aanpak.

Juffie ·

Dit is alttd vir my vreemd as mense wie ons land verlaat om watter rede ookal, altyd “when the going gets tuff” weer SA toe wil kom. Of soos hulle sal sê “Huistoe kom?”
Hoekom?

Tinkie Nagel ·

Ek stem 100% saam met jou en dis nie die eerste keer nie, daar is talle mense terug gestuur deur siekte. Wat my so hartseer maak van party van die Suid Afrikaners wat daar bly is dat hulle ons land nou so afkraak, SA was goed vir hulle en nou is dit die slegste plek ooit. Geniet NZ en moet asb nooit ooit siek word nie,( al of n mens vra om siek te word) dan sal julle maar moet terugkom na die slegte plek toe.

Attie ·

neem aan die regering het jou betaal om die boodskap op te sit SA is nie n goeie plek vir enige iemand nie gaan kyk mooi statistieke praat vir hul self

Frieda ·

NZ Immigrasie het geen simpatie ek praat uit ondervinding. Ek glo nie die petisie gaan help nie as hulle na 9 jaar nog nie toegestem het nie sal hulle nie. Ek voel baie jammer vir hulle maar ek dink hulle gaan gedepoteer word.

Vic ·

NZ immigrasie se werk is nie om simpatie te he nie, maar wel om volgens die kriteria opgestel deur wetgewing immigrante te keur. As jy simpatie soek, besoek n terapeut

Pop ·

My ki nders is nou kort soontoe. Hulle moes deur baie streng mediese toetse gaan vir toelating. Daai land hardloop op geoliede wiele. Die regering gaan nie toelaat dat enigiemand hulle wette en reels verbreek nie. Hulle medies is alles gratis vir landsburgers so as hulle mense toelaat wat sieklik is sit hulle ook spoedig met probleme. Die pa kan dalk nou betaal, maar wat gebeur as hy self se maar n hartaanval kry. Niks is gewaarborg nie.

wendy ·

wat vir my snaaks is toe hulle hul mediese vorms ingevul het moes hulle daar al vertel van nier probleem hulle moes ook n verslag van n dr kry het die oewerhede dit mis gekyk ek is seker hulle sou dan nie toegelaat word nie

Johan ·

Ironies genoeg het Nieu-Seeland geld vir die terroriste hier in Suid-Afrika gegee vir hulle “bestrydingstryd.” Ek glo het self van die terroriste daar gehuisves.

Sal nie my voete daar sit nie.

Valerie ·

Okay. Dankie dat ons dit nou weet. Onthou ook om maar nie die klomp te kyk as hulle weer 57-0 wen teen jou span nie.

Ikking ·

Derduisende mense het destyds net goedsmoeds alles verkoop, gepak en is NZ toe. Sonder vaste werk, sonder die wettige dokumente, sonder immigrasie toestemming, net met tydelike verblyf en werk. Ek voel baie simpatiek teenoor hierdie seun en sy familie. MAAR : die familie het ooglopend NOOIT wetlike toestemming gekry om burgers te word nie, juis agv die kind se siekte toestand. Hulle moes baie goed geweet het dat hulle nie burgerskap gaan kry nie ! of, hulle was nie eerlik met die NZ regering nie. Die NZ regering is baie streng, hulle het wette wat gehoorsaam moet word. Daar is moets en moenies en hierdie gesin het duidelik nie alles gehoorsaam nie en gehoop dat namate die tyd verby gaan, die regering hulle meer simpatiek gesind sal wees. Hulle gaan nie toegelaat word om te bly nie, hulle sal uit die land gesit word.

Wonder maar net ·

Ek neem aan een van die hoofredes waarom die gesin na NZ wou verhuis het te doen met Wet en Orde. Noudat wet toegepas word moet Wet en Orde nie so streng gehandhaaf word nie.

Francie ·

Ag nee wat, hulle het willens en wetens hulle bed opgemaak: Suid-Afrika was nie goed genoeg nie.
Die gesin wil dan juis nìé terugkom nie.
Immigrante word dan juis met wye arms ontvang, kry burgerskap, stemreg, ‘n huis en staatstoelaes.. Die mense wat agtergebly het, kreun onder die belastinglas om nóg ‘ n huisgesin te versorg.
Verstaan my mooi: Ek is werklik nie ongevoelig oor die seun en sy gesin se situasie nie. Dit gaan vir my. hier oor die beginsel. van dubbele standaarde.

Therese van Schalkwyk ·

Maak nie saak hoe ‘n mens na hierdie kwessie kyk, of verkies om feite te ignoreer nie … dit is en bly ‘n stapelgek wêreld waarin ons leef vandag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.