SA gesin ondanks protes uit Nieu-Seeland gedeporteer

Travis en Ethan von Metzinger. Foto: Change.org

Derduisende handtekeninge teen die deportasie van ʼn Suid-Afrikaanse gesin wat al nege jaar lank in Nieu-Seeland woon, kon dié gesin nie daarvan red om uit die land geskop te word nie.

Steven en Joan von Metzinger en hul kinders, Travis (18) en Ethan (15), wat byna ʼn dekade gelede na Nieu-Seeland geëmigreer en tot nou in Dunedin gewoon het, moes die afgelope naweek noodgedwonge die land verlaat nadat plaaslike immigrasieowerhede die gesin gedeporteer het.

Maroela Media het vroeër berig die rede vir die deportasie is ʼn chroniese niertoestand waarmee Ethan gebore is en waarvoor hy mediese behandeling ontvang en moontlik ʼn operasie sal moet ondergaan. Die gesin se aansoek om burgerskap is geweier omdat Nieu-Seeland Ethan se toestand as ʼn las op die land se gesondheidstelsel beskou.

Dit was ondanks die feit dat Steven glo bereid was om uit sy sak vir Ethan se operasie en verdere mediese koste te betaal. Talle appèlle teen die besluit om die gesin te deporteer was telkens onsuksesvol.

Travis, Ethan se broer, het hom in ʼn laaste desperate poging tot ʼn aanlyn petisie gewend waarin hy mense nooi om hul handtekeninge by te voeg ter ondersteuning van die gesin se voortgesette verblyf in Nieu-Seeland. Hy het gehoop dat hy genoeg ondersteuning kan werf om die owerhede te oortuig om die gesin se saak te heroorweeg. Teen Dinsdag het byna 30 000 mense dié petisie onderteken.

Die webwerf Stuff berig dié poging was egter tevergeefs en die gesin het Saterdag die land sak en pak verlaat. Volgens Stuff het ʼn probleem met hul paspoorte hulle boonop byna by die Christchurch-lughawe gestrand gelaat weens die feit dat hul paspoorte binnekort sou verval.

Die gesin moes toe hul beplande vakansie in Singapoer laat vaar en ʼn vlug direk na Johannesburg, via Dubai, neem. Volgens Stuff beplan die gesin nou om “vakansie” in Suid-Afrika te hou voordat hulle na Europa sal reis waar hulle hoop ʼn ander land hulle sal aanvaar.

Sondag het ʼn vriend van Travis op Facebook gesê hy is jammer om te sien dat die gesin die land moes verlaat. “Ek wens julle voorspoed toe waar julle ook al nou mag beland. Beste wense ook aan Ethan en sy niertoestand. Voorspoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Johann ·

Wel in aggenome die raakvat beskrywing van n sekere President oor die toestand van my geliefde huidige SA… hoop julle bring genoeg toiletpapier saam terug….

Proudly South African ·

So SA is n toevulg as ander lande jou nie il hê nie…???? Dit maak nie vir my sin nie. Ek is baie jammer vd kind en sy ouers vir sy toestand maar hoekom is SA nie goed genoeg om in te woon nie?? Elke land het maar sy struikelblokke en uitdagings ne!

Marisa ·

Die wereld is groot..mens kan seker maar bly waar jy graag wil en dit vir jou moontlik is.

Leeu ·

Soos n tiepiese Saffa het hul al gelieg met aansoek. tiepies SA.

HPV ·

Nieu-Seelandse burgers kom eerste wat reg is, anders as ons land waar alle buitelanders wettig en onwettig regte het behalwe ons eie burgers. Kyk en leer!

Linda Gouws ·

Ag nee. Ek is regtig jammer om dit te hoor. Sterkte aan die gesin en aan Ethan. Mag die operasie ‘n sukses wees. Hou ons asseblief op hoogte.

christa ·

ek wens SA wil ook daardie wet met buitelanders doen. Al die leegleers van buite SA kan ook rerus gedepoteer word.

Dani snoe ·

They are not foreigners to ZA. They were all born in South Africa and last I checked that makes you a citizen.

A ·

Jammer vir die gesin, maar dis enige land se reg om te besluit wie hulle daar wil hê en wie nie. Ek wens ons land kan weer beheer vat oor immigrasie en sekere mense deporteer……

marius ·

Nou hoekom soek hulle die mense van SA se hulp en nou wil hulle nogsteeds nie hier bly hoe nou?

Cherokee ·

Omdat dit die laaste en maklikste alternatief is. Mos nie moeilik om te verstaan nie?

Jona ·

Hoekom smeek SA altyd ons om in die buiteland dan om te gaan stem? Dankie, nou weet ek ons hoef nie meer nie, sal dit so oordra aan al die Saffas hier. Spaar my tyd, geld en petrol.

leon ·

Dit is so jammer dat kind nie in Nieu-Seeland behandeling kan ontvang nie. Ek is bevrees die soort arrogante optrede net nie meer geduld gaan word nie. Wat maak die landjie so spesiaal? Die wereldbevolking is binnekort 9 miljard mense. Die oorgrote meerderheid van Asie en Afrika wat gaan aandring op hulpbronne wat die ryk lande besit. Wel die wereld is bitter klein. My raaiskoot is Nieu-Seeland se beleid en brose grense gaan getoets word.

Boerseun ·

Sou dieselfde gebeur as hulle non European Africans was?

Cherokee ·

Natuurlik Boerseun. Hou op om ‘n selfmartelaar te wees.

christa ·

mense is gou om SA te verlaat om groener weivelde maar as hulle in problem beland is SA goed genoeg om die kastaiings uit die vuur te krap.

Elaine ·

Nou verstaan ek jou glad nie Christa. Suid Afrikaners is dan altyd vinnig om te sê “welkom terug!” ,”julle sal nie spyt wees nie”! , ” Suid Afrika het sy probleme maar is ‘n pragtige land”

Cherokee ·

Christa, alle eer aan daardie gesin! Dit is wel so dat hulle miskien ja-stemmers was maar toe die paw-paw die fan strike het hulle nie soos jy en ek in forums gesit en kla nie. Nee, hulle het verkas! Toe hulle terwille van hul kind se gesondheid ander blyplek moes soek was Suid Afrika ‘n maklike opsie want hulle ìs van hier en hier is geen standaarde vir immigrasie nie en hiervandaan sal hulle verder soek.

Jona ·

Dankie, julle spaar my vreeslik baie tyd, nou hoef ek nie meer te gaan stem wanneer dit verkiesings tyd is in SA nie. Dan kan Saffas ook maar stop om ons te vra om plaasmoorde te versprei sodat die “wereld” weet. Dankie, nous ek klaar met dit ook. Sterkte daar. Eie bed opgemaak ne.

Marinda ·

En so lyk dit in ander lande. Hulle is nie die eerstes wat terug gedoponeer word nie en ek glo ook nie die laaste nie. Dis Nieu Zeeland se reg om te maak soos hulle goed dink. Baie jammer om van die seun se probleem te hoor.
Dink dis tyd dat SA ook hierdie stanspunt begin aan neem.

Anje ·

Ek glo meeste van ons sou ook uit hierdie land wou trek as dit finansieel moontlik was. As EK na amper 10 jaar in NZ gebly het , sou ek ook nie weer hier wou bly nie. Eks lief vir my land maar nie so lief vir al die drama en haat wat meer eensydig word by die dag nie…

Francois Joubert ·

As ek reg verstaan is mediese behandeling in NZ gratis, dis hoekom jy belasting betaal. Die kind se toestand is dus ‘n las vir NZ se belastingbetalers en daarom is die gesin nie meer welkom nie. Dit het niks te doen met kies nie. Hulle gevolgtrekking is ‘jy gaan ons geld kos, cheers!’

Pop ·

Ek kry hulle uit my hart uit jammer. Om nou hier te kom woon gaan vir hulle hel wees. Ek hoop hulle kry n ander plek om heen te gaan. Daai mense is heeltemal onvoorbereid om in hierdie gevaarlike land te kom woon. Waar hulle vandaan kom ken mense nie vrees nie. Die ergste ding in hulle howe is n vroueslaner. En dan se hy les op.

Lizette ·

Perhaps this family wasn’t upfront and honest about the health issue, when they moved to NZ, I don’t know, but that could lead deportation.

Francois Joubert ·

True. Hy het slegs vir werkspermit aansoek gedoen en sy gesin het eers later gevolg. Nou dat hy vir verblyfreg aansoek doen toe moes hul alles verklaar, en daar kom die probleem toe in.

francois Joubert ·

Leon, ek is heel toevallig nie fiks en gesond, daarom sou NZ my ook uitskop. Jy mis die punt. Hulle pas die reëls op gratis medies toe, dis al. As jy nie daarvan hou nie, moenie NZ toe gaan nie.

Lolla ·

Nee JY mis die punt. Hulle was bereid om alle mediese onkostes op hulself te neem. Toe speel NZ god met hulle lewens…

Ada ·

Toemaar alles sal nog uitwerk
Hou net moed
Julle wou ook maar net die beste vir julle kinders he soos enige ander omgee ouer
Sterkte vorentoe

Francois Joubert ·

Lolla, jy is reg. Ek is bewus dat hy sou pa staan vir die mediese koste. As ek moes kies sou ek sê hulle kan bly. NZ se reëls maak egter nie voorsiening daarvoor en daarom is hulle uit. Ons kan debateer of dit reg of verkeerd is, maar dis hulle reëls en dis hoe dit werk. ‘n Tyd terug het hulle ook ‘n Suid Afrikaner die pad gewys omdat hy intussen te veel gewig aangesit het en dus nou ongesond is en ‘n potensiële las op hul belastingbetalers.

Lolla ·

Raai wat Francois, hulle het in al dienjare wat hulle daar gewoon het, nie net bygedra met liefdadigheids werk nie, maar ook BELASTING betaal in NZ. Nou wat nou? Waar is hulle stukkie van die koek na al die jare se belasting wat hulle ook betaal het?

Rln ·

Hier is ook n familie na 11 jaar uitgeskop oor daar belasting ontduik is… So hulle is uitgewys as oneerlik en dit is nie aanvaarbaar nie.

Jean ·

As ek so lees wat baie mense se moet erken baie Afrikaners met hul patetiese koue houdinge maak my naar…eks bly ek bly nie meer tussen so n klomp geniepsige lot nie dank Vader…gin sy medemens niks nie.sterkte aan die familie
met so SWAK mediese sisteem waar hul mense laat sterf…!! Sal jy nie dieselfde vir jou kind probeer doen nie??

Nico ·

Dan raas en bler almal oor Trump se beleid! Ek voel jammer vir hulle, maar as jy eers begin hardloop het stop n mens moeilik!

Basson ·

Jip, in ander lande geld reels en regulasies nog wat ingestel is vir die lang termyn voordeel van die land en sy mense. Ons ken dit nie meer en ek is eintlik verbaas as ek so lees hoe mense nie meer besef dit is hoe dit ‘behoort’ te werk – bes moontlik agv ons eie ‘free for all’ situasie?

In kontras met eerste-wereld lande word hier in SA gesorg dat sekere inwoners ‘n las / afhanklike van die staat word en bly.

lvh ·

Ek glo vir geen oomblik dat NZ iemand im mediese redes sommer sal uitskop nie. Ek dink dit gaan oor die feit dat hulle die aangebore kwaal verswyg het. My mening

Jack ·

Na 12 jaar in Europa, is ons al 9 jaar terug in ons wonderlike land! Dis wonderlik om terug te wees. Nooit weer terug na n ander land.
Selfs my kinders ( al almal groot en uit die huis) het gesê hulle wil nêrens anders bly!

Welkom terug in ons mooi land

Benni ·

Wel hier staan en wag ethiopieers by die staats daghospitale tot hul gehelp word. ‘n situasie waarin hul hul bevind as hul dokumente nie meer in orde is. Hul word nie weggewys of gedeporteer, Word tog nog ‘n “laaste keer” gehelp tot hul medesyne weer op is.

Marcelus ·

Ek stem @Jona, Saffas moan by ons buitelanders met verkiesings, en hul plaasmoord stories te versprei, nee wat ek’s saam jou, los die Saffas uit, hulle wil alleen gelos word, laat hulle, hulle eie toekoms bepaal. Bly die EU het niks gedoen nie, SA verdien dit nie.

Olga ·

WANT DIE MENSE KOM OORSPRONKLIK VAN SUID-AFRIKA AF; LOGIES AS HULLE NIE MEER WELKOM IS IN ‘N ANDER LAND NIE, KAN HULLE NET TERUGKEER NA HULLE GEBOORTELAND!

Landie ·

Ag, dat die wonderlike paradys landjie, tuin van Eden landjie, genaamd Nieu-Seeland nou ‘n gesin kan uitskop oor gesondheids-probleme. Mens sou dink dit gebeur net in SA. Maar toe nie. Die land van melk en heuning is toe nie so wonderlik nadat jy dit aangeneem het as jou land nie. Nee dankie, ek bly net waar ek is. Hulle dink in elk geval hulle is kaas daar. Maar ou Sa’ners kom met lee tasse SA toe om te kom klere koop want hulle kan dit nie daar bekostig nie. Nou ja toe ne!!

adriana ·

Hou op lelik wees – dit is nie nodig nie – weer eerder nederig en verwelkom hulle met ope arms asb?
Waarom altyd – byt en byt en byt! Sulke byterige mense is gewoonlik ongelukkige mense.
Niemand weet werklik wat alles kon plaasgevind het nie – en mens se kinders is baie baie belangrik vir die wat dit dalk nie besef nie.,
Ek is bly julle kom terug en wens julle net die beste toe vir die toekoms

VanAfrika ·

Nieu-Zeeland, sies, om n siek kind te skop terwyl hy lê. ek hoop SA hou dit ook ingedagte as n Nieu-Zeelander hier siek word.

Jona ·

en die ouers wat gelieg het van dag 1 af op amptelike forms?? dis okay omdat crime in SA seevier, duld ons dit nie. Die regte besluit is geneem, WELL DONE NZ>

lizl ·

Voel vrreslik jammer vir hulle om hierheen te moet terugkom. Hulle gaan `n skok kry ! En bonop gaan hulle nie ordentlike behandeling vir hul kind kry nie. Ek hoop hul kom reg en vind `n holte vir hul voete. Bring maar die 2ply toiletpapier saam…

Jona ·

Hulle sou in $ “kon betaal” so eks seker die beste hospitale sal hulle geld vat.

Anita ·

Hier in Suid-Afrika is baie goeie privaat hospitale waar die kind behandel kan word met uitstekende spesialiste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.