SA ma wat drie kinders versmoor se saak hersien

facebook-picture-of-gary-clarence

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: Facebook

Tania Clarence, ʼn ma van Suid-Afrika wat drie van haar kinders in Engeland versmoor het, se saak is hersien.

Gesondheidsbeamptes van die Verenigde Koninkryk het bevestig dat sy haar drie gestremde kinders vermoor het weens die oorweldigende druk wat hul sorg op haar geplaas het.

Tania het op 22 April verlede jaar haar vierjarige dogtertjie Olivia en driejarige tweelingseuns Ben en Max in hul slaap versmoor om hul “lyding te beëindig”. Sy het in November verlede jaar skuld beken en behandeling in ʼn psigiatriese hospitaal ontvang.

Tydens haar verhoor het dit na vore gekom dat Tania en haar man, Gary, heeltyd vasgesit het met die span van byna 60 mediese personeellede wat hul gestremde kinders help versorg het. Al drie kinders het aan spinale spierdistrofie gely wat hul lewenstydperk drasties verkort het. Die kinders het daaglikse versorging benodig en die mediese hulp het onder andere dieetkundiges, fisioterapeute en spesialiste ingesluit.

Tania en haar man het hul kinders se lewensgehalte hoër as hul lewenstydperk geag, wat gereeld tot onmin tussen hulle en die dokters en ander mediese personeel gelei het. Haar advokaat, Jim Sturman, het aan die hof verduidelik dat daar aan Tania gesê is dat sy ʼn slegte ma was omdat sy nie haar kinders verder wou blootstel aan oneindige indringende operasies en prosedures nie. Die hof het aanvaar dat dit alles bygedra het tot die “ondraaglike spanning” wat haar tot die moorde gedryf het.

Die Kingston Local Safeguarding Children Board (LSCB) het gesê die hersiening van die saak was ʼn leerskool vir kenners in maatskaplike gesondheidsdienste. Die LSCB het in ʼn verklaring gesê die ouers van gestremde kinders se behoeftes word nie altyd in ag geneem nie en die beskikbaarheid vir meer berading word dus ondersoek. Die onafhanklike voorsitter van die LSCB, Deborah Lightfoot, het gesê die dood van Tania se kinders was ʼn tragedie. Hoewel die verslag hul dood as onvoorspelbaar verklaar het, bied dit ʼn leerskool vir die betrokke praktisyns.

Die verslag beklemtoon ook die werksverhouding tussen gesinne en die betrokke kundiges, en verduidelik dat die Clarence-gesin ontwrig is deurdat hulle nie afskeid kon neem van hul maatskaplike werker voordat haar rol in die saak beëindig is nie. Die LSCB het met die bevindinge saamgestem.

Britse koerante het in Mei vanjaar vermoed dat Tania vrygelaat is nadat ʼn foto van haar buite hul huis in New Malden geplaas is. Haar prokureur het verduidelik dat die herstel van haar verhouding met haar man en oudste dogter, Tanya (8), deel is van haar behandeling. Ná haar verblyf tuis sal Tania teruggestuur word na die fasiliteite waar sy behandel word. Tania se dokter het hierdie herintegrasie tuis deel van haar behandeling op lang termyn gemaak.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Tania Clarence op Maroela Media. 

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Elbie ·

Ek stem ook saam A! Ek is seker daar was ander opsies wat sy kon oorweeg het..

Gallie Vermeulen ·

Dit is ‘n verskriklike tragedie en ek kan my indink met al die selfverwyt waarmee sy nou swoeg. Ons almal het sonde en dit help nie om nou haar te verwyt nie want ons het nie in haar skoene gestaan nie. A, laat die een van ons wat sonder sonde is, die eerste klip optel. God het haar reeds vergewe, wie is ons om te oordeel?

Yolandi Swanepoel ·

Y Ek dink julle weet nie waarvan julle praat nie. Altyd gou om te oordeel!

C* ·

Ek het ook dadelik begin om die vrou aan te val toe ek die berig lees, want hoe kan n ma so iets aan haar kinders doen? Maar ek was nog nie in haar skoene nie. Ek het gesonde (stout) kinders, wat my soms teen die mure kan uitdryf. Hulle het klaar baie aandag en liefde nodig, en teen die einde van die dag is ek dood moeg. Die ma se kindertjies het soveel meer nodig gehad van haar…dis harde werk wat mens soms moedeloos maak. Wat sy gedoen het was nie reg nie, maar tog het ek simpatie met haar en die omstandighede. Wie weet, as ek daai paar skoene aan gehad het sou ek dalk dieselfde doen. Ons is te vinnig om te oordeel.

SNEL ·

Ek stem C, ek sê ook nie wat sy gedoen het is reg nie, en ek glo sy is al baie spyt, maar ek dink sy was lewensmoeg en het geen ander uitkoms gesien nie, of net onder alles geknak.

Lettie ·

Gallie ek stem 100% saam met jou. Niemand was daar om saam met haar na die 3 om te sien nie en al hierdie dinge te leef en te aanskou nie.
Wat sy gedoen het was nie reg nie maar ek dink om een gestremde kleintjie te hanteer is erg hoe moes drie gewees het.
Sy is en gaan vir altyd ‘n MA bly. Wel haar oudste kind volgens die berig is al 8 jaar oud so as die volgende gestrem is gaan jy mos weer probeer wat jou oudste is normaal. Jy is maar net mens en kan foute maak.
Die Wyse woorde: “vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie” en as sy vergewe kan word deur ons Almagtige Vader is daar niemand nie een van ons wat ‘n klip kan gooi nie.

pauline ·

Ja almal maak voute my oudste seun is gestremd lyk soos n normale 20jr seun, is deer he’ll met hom. Ek glo van hart sy sou nie die kinders lewe geneem het as die woorde deur medise personeel aan haar gese is ni, JY IS N SLEGTE MA NI, so iets breek enige iemand se selfbleeld en druk hulle in n gat van depresie. Ja sy het verkeerd gemaak, maar sy is ook bereid om behandeling tekry. Bid vir herstel geestelik en fisies vir hulle almal toe.

Christine ·

Sjoe, eina, my Moedertaal – SPELLING!!!! Voute = foute; deer = deur; medise = mediese; gese = gesê; depresie = depressie.

Esther ·

Ek bid vir haar en vir aĺle ouers vir wie die uitdaging om hulĺe kinders te versorg te groot raak. Ek bid dat almal van ons, wie soms klippe gooi, bereid sal wees om so n ouer se nood raak te sien en daadwerklik sal help in plaas van klippe gooi wanneer dit te laat is. Die oordeel kom ons nie toe nie. Help! Help! Help! Dan lewer jy n positiewe bydrae.

E.K. ·

Net so Esther NET SO! As jy nie in iemand se skoene gestap het nie bly liefs stil. Ek kry die ma bitter jammer. Mense kan heiruit leer en as jy bure het wat gestremde kind/ers het, help nou en dan uit, neem hul vir ‘n wandeling, gaan sit en lees vir hul sodat die ma/pa ook net bietjie kan ontspan – enigiets sal help dat die ouers net weer kan asemskep. Maar die ou vingerwysers is mos alryd woelig hier op Maroela. Wat het een van HULLE vandag al gedoen om die wêreld ‘n beter plek vir iemand anders te maak? Raak besig en vergeet oordeel!

Marietjie ·

Ek het nou die vorige berigte van die vrou op Maroela gelees. Blykbaar het die kinders “floppy baby syndrome” gehad. Ek weet dit is iets wat eers opgetel word wanneer ‘n kind gebore word. Ek dink nie dit kan voor geboorte al voorspel word nie. Ek het destyds die storie in die Britse pers ook gevolg – ek het net simpatie met hierdie mamma. Dit was ‘n vreeslike stryd.

Struwie ·

Ek voel die ma moet boet vir wat sy gedoen het MOORD IS MOORD en jy mag nie MOORD pleeg nie en jy weet die dag wat die HERE afkom aarde toe gaan hy nie vir haar se toemaar Tania ek verstaan nie hkm nie die kinders in in tehuis gesit het nie???volgens berigte is hul wel af ja moenie vir my se eks maklik om te judge nie want my nefie en sy vrou het 2 kinders wat gestremd is die een het cerebral palsy en die ander een is oorlede nou hyt infantile batten disease gehad die probleem is party mense kan nie hul sosiale en werkslewe op hou sit om daai kinders te versorg nie my nefie en sy vrou is soooooo goed vir daai 2 engeltjies.

pop ·

As my kinders moes ly en en ek sien net n tonnel met dieselfde lyding voor hulle uitstrek. Ek sou dieselfde gedoen het. Mens noem dit genade. Ek sou maar met die verwyt geleef het. Ten minste sou my kinders ellende gespaar gewees het.

Eish! ·

Ja, ek kan my net indink waste bystand in SA vir ‘n ouer is met sulke kids. Jammer maar ek is ‘n agtste daar en glo my niemand, maar niemand het genade nie. Geen hulp, geen medies, geen bystand……………jammer net mooi niks. So ‘n person leef in ‘n gevangenis van hul huis en omstandighede. Almal wat eiers le, gaan op jul kniee en se dankie vir die Here dat jul nie daardie beker moet leegdrink nie. Bid vir haar en moenie oordeel nie. Hier in SA vermoor gesonde kinders en ouers mekaar. Ek dra haar op in gebed en verstaan so kein, klein, klein bietjie. (In SA is nie eens tehuise wat ouers finansieel help met gestremde kinders nie. As jy nie kan betaal nie, dan moet jy self sien kom klaar.)

Karin Jordaan ·

Ek stem saam met jou, mense wat hul monde so vol het weet nie wat hierdie mamma deurgegaan het nie. My seun is al vir 10 jaar terminaal siek, dit is nie vir enige ma maklik om jou kind te sien agteruitgaan nie, te sien ly nie. Dit is soos jy se jou lewe kom tot stilstand, jy kom nerens nie, jou lewe draai om jou kind want jy wil alles doen om hul lewe vir hulle maklik te maak. Jy kan nie eens meer kerk toe gaan nie, jou ondersteuningsnetwerk raak al hoe kleiner want mense se lewe gaan aan, hulle het net nie meer tyd vir jou nie, en jy kan hul nie blameer nie. Dit is soos jy se in SA is die ondersteuning nerens te kry as jy nie kan bekostig om dit te “koop” nie. Party van ons moet ten spyte van van jou kind se siekte steeds werk want jy kan net nie bekostig om dit nie te doen nie. En al sou ek ook dit kon bekostig sal ek nooit my kind in ‘n tehuis sit nie, nie oor my dooie liggaam nie. So as jy nie weet waarvan jy praat nie moenie ‘n eier le nie.

Vliegie ·

Ek kan net my kop skud en in skaamte laat sak….wat het van ons geword dat ons almal net wil oordeel?? Nie een van ons het in daardie ma se skoene gestaan nie, nog minder ‘n dag saam met haar en die kinders deurgebring om werklik te besef wat aangaan. Hoop eerlik dat almal wat so klippe gooi nooit iets in ‘n oomblik van absolute wanhoop aanvang en dan deur die publiek gekruisig word nie soos wat julle tans doen nie. Skaam julle!

SkareelKind ·

Vliegie – ek hou van jou kommentaar. Niemand het in die vrou se skoene gestaan nie – om 3 gestremde kinders te moet versorg en dan neem almal ook sommer aan sy het voor af geweet van die ellende met die kinders. Ek is jammer vir haar – ek praat dit nie goed nie maar kan myself nie indink hoe erg dit vir haar moes gewees het nie. Die gestremdheid en die versmoring. Die lewe is nie altyd ‘n maklik plek nie. Ek wens haar sterkte toe.

Andre ·

Ek skaam my dood vir die snedige en gevoellose kommentaar van sommige van die kommentators.
Is ons Afrikaners al so afgestomp dat ons geen medelye meer oorhet nie. Probeer julle self indink waardeur die vrou is /was.

Fanie ·

Ek ly uit die berig af dat die kinders in elk geval nie lank sou lewe. En wat se lewe is dit nou om elke dag net meer en meer agteruit te gaan. Dit klink of die kinders stadig moes dood ly. Vir nog ‘n paar jaar vorentoe. Was die ma in hierdie geval, nie dan nou juis genadig teenoor almal nie? Dit is nou maar hoe ek redeneer. Soos ‘n Genade Dood.

Marita Marais ·

Gewoonlik behoort ‘n mens argiewe toe te gaan om voordat jy op ‘n beriggie waarvan jy nie die agtergrond en verloop ken nie, kommentaar te lewer…. Maar ai, dan moet ‘n mens eers die klippe neersit wat jy alreeds reg het om te gooi.

As ‘n ma wat self twee kindertjies aan hierdie geneties-oordraagbare siekte verloor het, kan ek vir jou vertel dat hierdie kindertjies uiteindelik versmoor. Ek weet. Ek was by. Self het ek hul nie versmoor nie, maar dit is die verloop van die siekte.

Vir geen ouer en veral vir geen kindjie wens ek die siekte toe nie. Vir die wat soveel genot daaruit put om hierdie vrou te kruisig en met woorde te vermoor, kan ek net se: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen of waarvan hulle praat nie.

CB ·

EK weet nie of enige van julle opgelet het na daardie pragtige glimlaggies van daardie kindertjie. Al die swaar wat hulle geken het, het hulle tog nog die Lewe wardeer. Was daar nogsteets n lus vir Lewe. Wie is ons om Lewe weg TE vat ongeag van die omstandighede. Dit is nie oordeel nie, my geloof in God leer my EN se vir my wat sy gedoen het was verkeerd EN niks geen rede kan my oortuig dat dit die regte EN of enigeste keuse was. Haarredes is nie genade dood nie genade dood is jou eie keuse. Hulle is nie die keuses gegee nie dis names hulle geneem. Noem my maar Dan selfsigtig want elke oomblik sien EK as genade EN n seening van bo. Wees dankbaar vir elke kosbare oomblik al is daar net nog een gewees. My gebede is met haar, maar keuses wat sy gemaak het in n oomblik van swakheid sal sy meer moet leef vir die res van haar Lewe.

Elize ·

As jy nog nie 50 myl in iemand anders se mocasins geloop het nie, moet jy liewer stilbly

Yvonne ·

Ek wou aanvanklik nie kommentaar lewer nie maar slaag nie daarin om my daarvan te weerhou nie. Nie net skaam ek my vir my medeafrikaners se oningeligtheid nie, maar ook hulle hardvogtigheid! Die arrogansie darem om oor so ‘n moeilike en ingewikkelde saak jou dom eier te lê, ja DOM, is verbysterend! Gaan lees tog net eers ‘n bietjie op oor hierdie saak voordat jy so vinnig oordeel (behalwe as jy net oordeel om jou eie tekortkominge en mislukkings te verdoesel).

Siek en sat ·

A sy het een gehad en toe ‘n tweeling lees mooi asb. In elk geval kan jy daai soort siekte in die swangerskap optel. Julle almal is vinning om haar te kruisig. Julle is mos perfek. Die vrou het ‘n siekte! As iemand net vroeer die signs kon sien kon sy dalk vir hulp gegaan het en kiddies sou nog gelewe het. Ek myself is bi-polar en het al my eie lewe probeer neem want die stemmetjies is overwhelming. Maar ek is vandag ‘n beter mens omdat ek vir hulp gegaan het. Mag julle wat so judge almal ‘n kramp kry waar julle hom nie wil he.

Gestrem ·

Ek wil net liewers vir die mense se wat daar buite sit.. Ek is doof en my man hard horend. En ons het seuntjie van vier oud.. Dis vir ons groot voorreg om ‘n kind te he wat kan hoor… Dis nie vir jou of vir my of vir ons te besluit hoe die kinders gebore word nie.. Dis die Here se WIL en hy het alreeds jou lewe bepaal voor ons nog gebore is… Dis nie vir ons altyd lekker om sosiale lewe te saam met mense wat kan hoor.. Hulle vergeet van ons wat nie kan hoor nie.. En soms maak ‘n grap daarvan.. Ons leef in ons silte wereld.. Maar ons grootste probleem is – dat ons vinnig ander mense “judge” in plaas van eers na ons self kyk.. So die mense wat te gou judge.. “what goes around comes around..” Mag die Here ons seen en ons vergewe wat ons se en doen.. Tiana – Here het jou lief.. Hoop van alle beste dat dit sal goed gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.