SA man beken skuld op twee moorde in VSA

Muziwokuthula Madondo

Muziwokuthula Madondo

’n Suid-Afrikaanse teologiestudent wat daarvan beskuldig word dat hy vier mense in die VSA doodgemaak het, het skuld beken op twee van die moorde.

Tim Rose, ʼn beampte van die kantoor van die distriksadvokaat, het gesê Muziwokuthula “Muzi” Madondo het Dinsdag skuld beken op die dubbelmoord van pa en seun, Bobby Gonzales (57) en Gabriel Baca (37).

ʼn Klerk by die Quay-streekshof het ook Madondo se skulderkenning bevestig. Madondo het glo ook erken dat hy met bewyse gepeuter het. Hy sal op 14 Desember gevonnis word.

Die skulderkenning volg vier jaar nadat Gonzales en Baca in die Tucumcari-motel doodgeskiet is. Dit volg ook ná ʼn uitgerekte regsproses waartydens die hooggeregshof in Nieu-Mexiko beslis het dat Madondo se regte geskend is toe hy skuld beken het.

Toe Madondo in Maart 2011 vir die eerste keer in Texas in hegtenis geneem is, het hy na bewering nie net skuld beken op die Tucumcari-moorde nie, maar ook dié van Jacquelyn Hilder, uitvoerende direkteur van FirstMerit Bank, en Zenzele Mdadane, oudleerder van Maritzburg College, in Ohio.

Madondo sal waarskynlik na Ohio gestuur word ná sy vonnisoplegging in Desember om tereg te staan vir die ander twee moorde. Hy kan moontlik die doodstraf opgelê word indien hy skuldig bevind word.

Madondo het in 2008 na Amerika geëmigreer om teologie te studeer. Hy is oorspronklik van Richmond naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Griki ·

… en veral nie Texas nie – die doodstraf is nog daar geldig.

AmY ·

Seker baie gou uitgevind die VSA is nie SA nie. Nou gaan jy dalk die doodstraf kry. In die VSA lewe jy nie op die belastingbetaler se geld nie.

Dee ·

Kan daar nie meer moordenaars gestuur word om in Texas verhoor te word nie?

SNEL ·

Ja Peet, my eerste gedagte ook. Sal nogal daarvan hou om te weet watse teologie.

Baie hierbo sê Texas het die doodstraf…dit klink amper te goed om waar te wees, maar dis wonderlik. Wonder of hy bewus was daarvan en of hy dit nou met skok moes uitvind. Hoop ons lees vorentoe wat met hom gaan gebeur.

Elbie ·

Hy het seker gedink die ‘gras is groener aan die anderkant’. Dik gesteel en gemoor die kant, toe is dit tyd vir groener weivelde! Kry maar vir jou….

jurie Blanche ·

dit is baie tragies mense dood moet tog n talent volle mens wees goeie skool waar het dit verkeerd gegaan?jammer artikel nie meer agtergrond nie

vermeende ·

Jurie dit mag dalk vir jou ‘n skok wees maar alles wat ‘n mens doen is keuses maak nie saak wat jou talent is of wat jy nou studeer nie. Keuses, alles is keuses.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.