SA man vas in Kambodja

Blignaut by die dwelms. Foto: Facebook

’n Jong Suid-Afrikaanse man is in Kambodja in hegtenis geneem nadat daar glo sakkies met dwelms in sy maag gevind is.

Die Phnom Penh Post berig Chan Blignaut (26) is op 13 September in hegtenis geneem nadat daar glo 59 sakkies kokaïene in sy maag gevind is. Blignaut is voorgekeer nadat hy op die Phnom Penh-lughawe aangekom het.

Volgens die owerhede het die kokaïene sowat 759 gram geweeg. Blignaut het volgens berigte van Brasilië via Dubai na Kambodja gevlieg. Hy is in hegtenis geneem waarna die sakkies uit sy maag verwyder is.

Nog ’n Suid-Afrikaner, Jacobus Dawie Botha (30), is op 2 Mei vanjaar tot lewenslange tronkstraf gevonnis in Kambodja nadat hy aan dwelmsmokkelary skuldig bevind is. Volgens berigte is Botha in September 2016 in hegtenis geneem nadat sakkies kokaïene wat sowat 587 gram geweeg het in sy maag gevind is.

Botha het tydens sy verhoor erken dat hy sowat 100 sakkies gesluk het voordat hy van Brasilië via Dubai en Bangkok na Kambodja gevlieg het. Volgens Botha was dit sy eerste poging om dwelms in Kambodja in te smokkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Skybird ·

Geen simpatie vir die “Drug lords” nie , mag hul verrot in die selle. Daar ander maniere (hard werk) om inkomste te verdien.

Cherokee ·

Hulle is nie wat genoem word ‘drug lords’ nie. Hulle is bloot die esels wat die vrag vervoer.

Sean ·

Dis maklik om te sê “hard werk” Wit kinders kry nie werk in ons land nie. Die regte druglords is die wat die kinders en hul armoede uitbuit om dit te probeer. dink jy werklik dit sal vir een oomblik ‘n verskil maak as die seun toegesluit word. Nee want die drug lord gaan net weer die vilgende een stuur.

Leahim ·

Daar word gediskrimineer teen hierdie mense in die land van hul geboorte omrede hulle wit is dit wat hy gedoen het is onaanvaarbaar maar ek verstaan hoekom hy dit gedoen het.

SP ·

Dink weer asb,ook aan die aan wie die dwelms versprei sou word.

Cherokee ·

As jy dinge doen wat ander se lewens kan verwoes behoort jy nie staat te maak op simpatie nie.

Snoefels ·

As jy dit nou sluk, hoe haal jy dit uit ? Trek jy dit van bo af uit of wag jy dat dit natuurlik uitkom… en as dit die geval is, wat keer dat jou pens dit nie verteer nie ?? Eeuw,, en hulle se dis van die maag verwyder, hoe hulle dit reg gekry ?

Veritas ·

‘n Goeie dosis purgeermiddel verrig wondere. Iets soos Fenolftalien.

Anoniem ·

Ek kan nie verstaan hoekom iemand kan verstaan hoe n mens ander se lewens met gemors soos delms kan vernietig nie en dan trek jy nog die rassis triek. Word groot man en bou eerder saam aan die land. Ons as blankes moet eerder gaan sit en dink so 50 jaar terug hoe het ons ander kleuriges behandel. En as jy my nou wil aanvat en se ek is n swart boetie bly dan liewer stil want ek is ook n opreg blanke maar wat glad nie trots is op wat gebeur het . Ek het ook op die grens geveg en vriende en familie verloor vir wat vra ek jou. Kom ons gaan terug na die drugs hoop nie jy het n kind nie want daar is bewys dat tot 66% van skool kinders blootgestel of selfs al drugs gebruik het en hoe gaan jy voel as jou kind n ander se lewe en selfs sy eie lewe geneem het en dit omdat jy verstaan.

Ian ·

Ek weet nie wat die ergste is nie, jou liberalisme of jou spelling……

Karma ·

@Danien – júís omdat jy ook op die Grens geveg het en familie/vriende daar verloor het, moet jy besef dat ons blankes bedreig word en dat dit (moontlik) is hoekom mense dinge soos dié doen! Dalk kon die outjie nie werk kry nie a.g.v. regstellende aksie of “transformasie” of dalk wou hy dié geld gebruik het om vir hom elders ‘n potjie te gaan krap.

Danien, ek is in 1970 gebore. Ons gesins was apolities in baie opsette – of dalk is daar net nie politiek voor ons kinders gepraat nie. Ek het nie aandeel gehad in Apartheid nie – ek was nog ‘n kind toe! Hoekom word ek nou gestraf vir dinge waaraan nie eens my ouers deelgeneem het nie? As ‘n grootmens vandag weet ek nóú waarom dit vir my destyds snaaks was dat witmense dié telefoonhokkie, maar nie dáárdie telefoonhokkie mag gebruik het nie, of dat swart- en kleurlingmense nie by híérdie ingang nie, maar by dáárdie ingang moes ingaan; of dat hulle na húlle skole en ons na óns skole gegaan het.

Apartheid was verkeerd, ja, maar die verlede is die verlede – ons grootste probleem is níé die nalatenskap van Apartheid nie, maar wel die instroming van volksvreemdelinge en gevolglike misdaad en korrupsie vandag.

Karma ·

Danien, jou feite oor dwelmmisbruik onder skoolkinders is effe verkeerd, hoor! 66% van die leerders wat by selektief-gekose skole getoets is vir dwelmmisbruik was kinders wat ‘n geskiedenis van dwelmsmisbruik gehad het en hierdie persentasie maak iets soos minder as 2% van die totale hoeveelheid skoolleerders in SA uit.

Maar wat verwag jy ook as jy weet dat dié kinders wat getoets was, meesal uit skole van op die “Flêtse” kom, wat van babadae blootgestel is aan dwelms (deur hul ouers gebruik) en wat heeldag loop en koes vir die koeëls van die gêngsters?

Cherokee ·

…en wat jòu aanbetref weet ek nie wat die ergste is nie, jou misvatting oor wat die woord liberalisme beteken of jou kameraadskap met mense wat dwelmsmokkelary verdedig.
En indien jy wil poog om kapsie te maak oor wat ek sê is jy uitgedaag om liberalistiese idees in Danien se kommentaar uit te wys. Ek raai jy gaan die uitdaging systap.

Leahim ·

Ek verstaan uit jou kommentaar apartheid was verkeerd daarmee stem ek saam .Daar word teen n wit persoon .n kleurling en ook indiers gediskrimineer deur die meerderheid hoe is dit nou anders gaan jou kinders anderdag se hoekom is daar gediskrimineer teen ons en dan is dit weer payback en so gaan ons aan.

Estelle Leeuwner Claassens ·

Danien, hoe jy opgevoed is weet ek nie. Ons is geleer om ander te respekteer en ek doen dit vandag nog maar sal nie toelaat dat ń werker wit of watter kleur ookal my tart en in my eie huis verpes nie. Ek sien houding raak en nie kleur nie. My man het gesterf vir hierdie land, sy lewe geoffer vir niks! Dit terwyl sy seun al twee keer die slagoffer van die siek grap waarin ons vandag lewe was en dan gaan ek net op werk situasies in. Sy pa wou nie gaan veg teen mense wat hom niks gedoen het nie, maar ons mans was gedwing of dit was tronk toe. Ek voel ń veer vir die apartheids- regering, maar ons jongmense word deur werkloosheid in ń blik gedruk!!!!

Sula ·

Ek kan nie help om te wonder uit watter grotte mense met jou siening uitkruip nie Danien. Só gaan jou nageslag oor oor ‘n 100 jaar besig wees om te probeer vergoed vir wat hul voorgeslag 150 jaar terug aangevang het. Bou ‘n brug en kom oor jou ongeregverdigde skuldgevoel. Die 66% skoolkinders waarna jy verwys, verteenwoordig ook nie die totaal van alle skoliere nie. Net 263 kinders van ‘n paar skole wat getoets is in een provinsie van een land. En praat van vingers wys oor lewens wat geneem word. Wat dink jy is hierdie meneertjie besig om te doen? Hy steel die lewe van elke kind wat moontlik ‘n gram van daardie dwelms sou koop. En vir wat? Vir sy eie sak. Ek het geen simpatie met hierdie ou nie, hy moet homself maar gemaklik maak en sy sitvlak deur sit.

A. Mac ·

As jy teen vandag nie weet hoe streng en gevaarlik dwelms is nie sal en wil jy nie weet nie. Geen simpatie.

Ben ·

Die mense is stoepid die drug lords en veral Nigerians doen dit hulle stuur iemand met n bietjie oor en gee hom weg om die aandag af te trek van die groot vis wat op pad is om baie oor te vat wat miljoene werd is .

Karma ·

Wou ek ook nou net sê, Ben. Hulle het tien teen een self die outjie verklap, want hoe het die polisie geweet om op hom toe te slaan (behalwe nou as die Doeane Beamptes vir ‘n slag hul werk gedoen het en hy soos alle ander inkomelinge geskandeer is). En daar is baie ander baie meer effektiewe maniere om dwelms in ‘n land in te smokkel – die dwelmkartelle ken daardie alles op die punte van hul vingers. Dis ‘n “ou” truuk dié om kokaïen in kondome te sit wat dan ingesluk word.

Elsa ·

aales gaan oor ‘geld in eie sak,,, die jongman se gedagtes was verkeerd gerig,,mag ander wat dit oorweeg…wakker word en eerder gaan werk vir geld

Naief ·

Ek kry die kind jammer. Ek kry mense jammer wat tot die uiterste gedryf word. Moenie oordeel nie. Ons weet nie wat hom dit laat doen het nie. Hy het ook familie wat iets beter wou hê vir hom. Ek sien daagliks jong manne by robotte staan en bedek. Dit breek my hart.

anton ·

Hoe sê die spreekwoord…….As die koppie dom is, moet die lyfie maar suffer!!!
En Ian, ek het ook so gewonder.

Lame ·

Eks bly daardie land beskerm sy mense van dwelms. Mag hy kank sit.

Ben Prinsloo ·

Danien ek neem aan jy woon alreeds in Alex. Indien nie gaan asb so spoedig as moontlik want van daar af is dit soveel nader om jou boete te betaal aan die sogenaamde opressed. Vir mense soos ek is apartheid egter n vloekwoord wat verband moet word. Sterkte!

Bangkok ·

Hier speel jy nie met dwelms ni….As hulle jou vang dit die land in bring kry jy die dood straf……As jy i skulderkenning teken word dit versag na lewenslank…….As jy na 17 jaar gelukkig is kan jy i vertoe aan die koning skryf om te pleit vir versagting….. En miskien is jy gelukkig om terug na jou land gedeporteer te word……Thailand se tronke is nie speletjies ni…….Die ouens leef letterlik van rys water en vis grate….. As jou mense ni vir jou kos bring ni gaan jy dit ni maak ni…

GigiM ·

Hoe stupid om jou eie lewe so te waag deur die crap in jou maag te sit!! Regtig???

Manie ·

Dom mens. Kan hy nie die boodskap kry nie. Lees hy nie nuus nie? Hoe kan iemand so iets doen na almal wat dit ooit probeer het gevang is?

Naam loos ·

Ek dink kambodja Sal maar renosterhoring aanvaar in plaas van dwelms

Boet Fasie ·

Ek het geen simpatiek vir dwelm smouse nie en ook nie vir baie van die tik verslaafdes wat so by die verkeersligte bedel nie. Meederheid van hulle bedel net vir geld om dwelms te koop, jy kan maar vir hulle werk aanbied, dan is hulle te siek of het ander verskonings. Werk het niemand nog ooit dood gemaak nie, al moet jy papiere optel en die straat skoonhou, kyk maar waar hulle staan en bedel hoe lyk dit om hulle- geen trots.

susan ·

Die meeste kommentaar hier is amper erger as die outjie wat die dwelms oorgeneem het. Ek sou veel eerder bid da al gaan die ou en vele ander soos hy tronk toe veraltyd, dat hul tot besef en insig sal kom, wat hul gedoen het verkeerd was en alles wat daarmee saamgaan. En vergifnis smeek van GOD en ook hulself kan vergeef. Niemand is sonder foute.

Lorieka ·

Ek is n ouer wie se kind self in Argentina gevang is met smokkel glo my ek het nie simpatie nie sy het geleentheid gehad om Ander werk te doen maar wou nie dus moet hul maar gaan dink hul is slim en gevang word dwells verniettig lewens

Gerda ·

Dis n pa en ma se kind daai. Ek kry sy ouers en ook geliefdes so jammer. N ouer bly n ouer en dit is nog een van die seerste seer dink ek wat n ouer moet deurgaan om hul kind so af te staan in n vreemde land. En dit deur bleddie dwelms en geldgierigheid!!!!

Lou ·

Daai ou is verlore. Die vet tannie het gesing. Koebaai. Nou wat gaan ons maak om jou en my kinders so groot te maak dat hulle nie by sulke dinge betrokke raak nie?

Boet Fasie ·

Daardie mense dink nie wat hulle aan jou kind en jou gesin doen nie, solank hulle geld maak. Dwelms verwoes mense se lewens. Ek sien daagliks wat ” tik” aan jong mense doen , dwelms vat die glimlag uit ons kinders se lewens. Dit veroorsaak dat kinders steel en misdaad pleeg net om ‘n fix te kry. Jammer ek kan nie saam stem met mense wat simpatie het met die draers en verspreiders van dwelms nie.

Engela ·

Danien, lyk my niemand verstaan wat jy sê nie! Ek stem saam met jou.

Andries Erwee ·

Waarom is daar so baie Maroela lesers wat van alees n rasse saak maak. Hierdie gaan oor dwelms in lande ver van SA en nie oor wit of swart in SA nie.

E.K. - ek sê net! ·

Mense moet bietjei dink voor jy “post”. Dwelms smokkel (as jy nie gevang raak) is skielik groot geld ja, maar het jy gedink aan die gevolge van jou daad vir die gebruiker? Om te sê hier is nie werk in ons land veral as jy wit is – nee wat laat ons ophou om daardie kaart te speel. Ja mense sukkel maar man, moenie so kieskeurig wees nie! Jong meisies gaan oorsee om au pair werk te doen maar wil nie hier dit doen want die salaris is te klein. So kan ek hope dinge opnoem. Alles is ‘n leerskool en dis nie te sê jy moet dit die res van jou lewe doen nie, maar leer iets uit elke ding en pas dit later toe. Ongelukkig was ons bederf in die ou dae as jy nie gaan studeer het, was die staatsdiens daar met al sy vertakkinge. Ons het nie regtig geleer om entrepreneurs te wees nie. Die Afrikaner moet met trots opstaan en bereid wees om onder te begin, te leer en dan jou eie besigheid oop te maak. My vriend in Rusland het onder die kommunisme grootgeword ,meeste moes studeer na skool. Hy het bv ‘n BSc graad maar daar was geen ander werk destyds as om ‘n kantoorklerk te word nie! Maar hy het dit geneem en daaruit die admin geleer en kon later toepas in sy eie besigheid. Almal dadelik sonder hard werk en sukkel skatryk word!

E.K. - ek sê net! ·

laaste sin moet lees: Almal WIL dadelik sonder hard werk en sukkel skatryk word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.