SA man vas ná vrou se valskerm nie oopgaan nie

Victoria en Emile Cilliers Foto: Mirror

Victoria en Emile Cilliers Foto: Mirror

Emile Cilliers (35), tans ʼn instrukteur in die Britse weermag, en wat in Suid-Afrika gebore is, is op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem nadat sy vrou se valskerm nie wou oopgaan nie.

Die polisie is in kennis gestel dat Cilliers moontlik met sy vrou se valskerm gepeuter het.

Sy vrou, Victoria Cilliers (39), glo ʼn voormalige soldaat, het ernstige beserings opgedoen toe sy op 4 April in Wiltshire, Engeland, 4 000 voet ver geval het nadat haar valskerm nie wou oopgaan nie. Haar lewe is gered danksy haar reserwe-valskerm wat gedeeltelik oopgegaan het.

Cilliers sterk by die huis aan.

Lees meer: Mirror, BBC, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Bruno Stef ·

Kan dit waaragtig nie glo nie.As dit die waarheid is wat is besig om met die mensdom te gebeur my ou ander helfte en ek was juis n paar dae terug 49 jaar getroud maar deur jou huweliks lewe het jy maar goeie en slegte tye.Ons het seker maar in n ander era grootgeword of soos Mbeki op n kol gese het misdaad het nie toegeneem nie dit word net beter gerapporteer.

Peet Schabort ·

Tot watter ‘hoogtes’ moet jy daal om dood te maak? Haar noodvalskerm is ook seker gedokter? Hy is ‘n instrukteur . . . van wat? By hierdie ou moet jy wegbly. Hy het ook seker gestaan en kyk of saam uitgespring om sy handewerk te aanskou. Hoop dat by skuldigbevinding gee hul as straf vir hom ‘n sambreel om mee te spring.

magriet ·

so peet, en waar het jy gestaan toe die ou aan sy vrou se valskerm gepeuter het. jy het mos net na hom gespring ook dan nie? me thinks jy het te veel tyd…..

Peet Schabort ·

Margarietha, my antwoord hier het, lyk my ook sonder ‘n valskerm gespring sodat jou antwoord nou nie sin maak.

Charmaine Smith ·

Dis maklik om mense te beskuldig, maar wat as hy onskuldig is en wat as dit regtig n ongeluk was. Iets fout gegaan het? Gebeur sulke goed nie maar nog steeds vandag… Oral om ons? Of is dit ook dan poging tot moord? Maar indien dit so is…. Is hy een baie siek mens!

Tobie Louw ·

Dis nie te se dat hy iets gedoen het met haar valskerm nie ,is dit bewys ? nee… maar moontlik. ..

Peet Schabort ·

Natuurlik word die “moontlik met sy vrou se valskerm gepeuter het” in ag geneem. Dis die Afrikaans wat ook ek gelees het. Hy is darem ook “in hegtenis geneem” wat nogal klem lê op die “gepeuter”.

carol every ·

Ai tog, bedaar – ons mense is so GOU om die kwaad eerste raak te sien – wag tot iets bewys is voordat julle oordeel!!

Verskilmaker ·

Bewyse geld nie meer nie, die bos-wet is aan die orde van die dag! Wie word skuldig bevind?

Peet Schabort ·

Kommentaar word gebaseer op inligting vervat in ‘n berig. Daar word dan op grond daarvan aannames gemaak (kommentaar gelewer) wat dan kan verskil. Die feit dat die man in hegtenis geneem is skep dan ook die indruk dat ook die polisie “GOU was om eerste die kwaad raak te sien”. Moes hulle dan ook gewag het vir verdere bewyse? Daar is op hierdie stadium GEEN beduidenis dat dit maar sommer net ‘n ongeluk was. Daar moet aanvaar word dat daar metodes is om vas te stel of daar fisies gelol is met daardie valskerm en valskermongelukke oor die algemeen. Sy het ernstige beserings opgedoen (en dus nie dood maar ook moontlik nie breinskade) wat beteken dat sy kan verslag doen oor haar nagmerrie-val aarde toe. Sy is ‘n voormalige soldaat (volgens die berig) wat aantoon dat sy heel waarskynlik opgelei is in die kuns van valskermspring. Sy is dus nie ‘n groentjie wat paniekbevange die verkeerde toutjies gaan trek ook met die nood-valskerm. Sou sy haar te pletter geval het was hierdie berig dan heel anders. Daarom glo ek dat haar weergawe die deurslag gaan gee tesame met fisiese getorring aan daardie valskerm(s). Let wel valskermS want normaalweg behoort die nood-valskerm jou veilig aarde toe te bring.

Neptunus ·

Peet, as ek reg onthou is sy self ook ‘n instrukteur. Die Daily Mail se berig en grafika is nogal omvattend. Lees ook oor die uitboek van die valskerm.

Peet Schabort ·

Ja-nee Neptunus, sy is nie ‘n baloeka. Kan jy die verwysing vir ons hier ‘spoeg en plak’?

Peet Schabort ·

Neptunus, vir een of ander rede is my antwoord gemodereer so ek probeer weer.
Ek het die berig gelees en sien dat vier (volgens foto) bande weg is wat belangrike gedeeltes van die valskerm aanmekaar vashou. Dit is verwyder vóór sy gespring het en dis waar die agterdog posgevat het. Die berig sê ook dat slegs haar ervaring haar lewe gered het.

Peet Schabort ·

Ek sien my antw. is wel daar. Lyk my ek het met ‘n klip gespring i.p.v. ‘n valskerm en was dus té vinnig.

magriet ·

Peet, daar is ook GEEN beduidenis dat dit nie ‘n ongeluk was nie…..
is jy afgetree?

Peet Schabort ·

Nee, nie afgetree, want dan sou ek my nek gebreek het met die aftrapslag.

SNEL ·

As ek so lees na die kommentare van Neptunus en Peet, van wat hulle in ander berigte ook gelees het, is hier wraggies n groot slang in die gras. Ek is dankbaar dat sy lewe en getuienis kan gee van wat gebeur het, maar nou wonder ek hoe seer het sy werklik gekry, ek hoop nie sy is verlam en dat haar hele lewe nou hierdeur verander is nie. Dis skokkend dat iemand vir wie jy omgee en lief is dit aan jou kan doen. Ek stem, mens gaan maar deur moeilike en maklike tye in n huwelik, maar mens werk daardeur en punt is, skei dan eerder as om te moor. Miskien was daar weer n groot lewenspolis gewees. Hoop hulle skroef die vent goed op vir wat hy gedoen het. Ek wonder hoe is Brittanje se regstelsel en wat hy in die oë staar as hy skuldig bevind word.

Neptunus` ·

In party Britse tronke kan die ouens selfs DVD-spelers en TV-speletjies aanhou. Daar is egter ander plekke waar jou keel afgesny kan word, of jy kan ouens soos Charles Bronson raakloop. Nee, nie die akteur nie, die ou wat sy naam verander het om dieselfde te klink. Google dit maar.

SNEL ·

Dankie Neptunus, ek gaan beslis Google en kyk. Ja-nee, wonder dan as hy skuldigbevind word watter behandeling hy gaan kry? Dit kan nou enige kant toe val, hang nou net af in watter tronk hy beland.

Danie ·

Het prokereurs deesdae so duur geword dat egskeidings nie meer bekostigbaar is nie. Of neem mense deesdae “tot die dood ons skei” bietjie te ernstig op.

nig ·

Jissie Danie, NOU praat jy. Dis baie erg die dinge wat deesdae aan die gang is.

pop ·

Danie lyk my dis die geval. Prokureurs tap jou leeg so kom ons maak eerder dood. Mens kan te bang wees om te trou deesdae.

Tonginniekies ·

Dis deesdae so erg, jy kan eers aan trou dink as jy genoeg geld het om te skei!

Shannon ·

Ek kan nie opspoor wat Emile se rol as nie. Wat het hy gedoen ? Bo en behalwe “moontlik” gepeuter.
Het hy die valskerm gepak ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.