SA man verdagte ná ‘koelbloedige’ moord op Britse man

Volgens polisie is Kenway (39) Dinsdag op ʼn “koelbloedige teregstellingswyse” doodgeskiet (Foto: Daily Mail)

Volgens polisie is Kenway (39) Dinsdag op ʼn “koelbloedige teregstellingswyse” doodgeskiet (Foto: Daily Mail)

Die Thaise polisie is op soek na twee mans van Brittanje en Suid-Afrika ná die moord op ʼn Britse pa van vier by ʼn gewilde strandoord.

Volgens polisiebeamptes is Tony Kenway (39) Dinsdag op ʼn “koelbloedige teregstellingswyse” doodgeskiet.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die toneel wys hoe ʼn man die deur van Kenway se geparkeerde rooi Porsche Cayenne oopmaak en hom dan in die kop skiet. Die man het daarna op ʼn motorfiets gespring, wat deur ʼn medepligtige bestuur is, en weggejaag.

Kenway was glo op pad huis toe ná hy by die gimnasium geoefen het.

Die twee verdagtes is intussen as Abel Caldeira Bonito van Suid-Afrika en Miles Dicken Turner van Brittanje geïdentifiseer.

Die verdagtes het glo twee dae vantevore in Thailand geland, maar het intussen glo weer landuit gevlug.

Die twee verdagtes het op 'n motorfiets gevlug (Foto: Daily Mail)

Die twee verdagtes het op ‘n motorfiets gevlug (Foto: Daily Mail)

Die polisie ondersoek ʼn webwerf waar met sokker gedobbel is wat glo ʼn rusie tussen die partye kon veroorsaak het, maar het intussen gesê dit kan nog nie as amptelike motief vir die moord beskou word nie.

Kenway het glo talle vyande gemaak deur middel van dié webwerf nadat hy in die laat negentigerjare vanuit Europa na Spanje en later Thailand getrek het om sy besigheid uit te brei.

Kenway se vrou, Pans, het in September 2016 lewe geskenk aan hul vierde kind.

Sy suster, Kirsty Kenway, sê die familie is gebroke oor sy dood.

Die verdagtes staan tereg op aanklag van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die besit van ʼn vuurwapen sonder ʼn wettige lisensie.

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

steve ·

Excuse me?? Am I reading this right?? Maroela…

Two suspects are being sought as per your heading and according to your article they have also been charged…please help me right here… How is that possible??

Skollie ·

Ja kyk die misdaad in SA is nou nie genoeg nie, nou spoel dit na ander lande oor. Ons het “goeie” uitvoerprodukte. Wat ‘n skande.

Nicolaas ·

2 is geidentifiseer maar het landuit gevlug, dan skielik is hulle aangekla (laaste sin v berig). Nou hoe nou?

Landi Slatter ·

Dagsê Nicolaas

Dankie vir jou navraag. Abel Caldeira Bonito van Suid-Afrika en Miles Dicken Turner van Brittanje is inderdaad aangekla van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die besit van ʼn vuurwapen sonder ʼn wettige lisensie. Beide het egter uit Thailand gevlug en is steeds soek.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Wonder net ·

Die seun het voor my groot geword is van ñ goeie famielie. Wat dryf hulle na sulke dade? ?? Kry sy moeder en susters baie jammer.

Stem saam Nicolaas ·

Ek stem saam, as hulle land uit gevlug het sal Interpol die saak moet oorneem en klagstaat by hulle le. Al wat dit dan basies beteken is dat, hulle nooit weer hul voete in Thailand mag en sal sit nie. In elkgeval lyk daardie 2 manne so deurmekaar op daardie fiets dat hulle in elkgeval vinnig gevang sal word.

Oom Walker ·

Moet die verdagtes nie eers gevind en gearresteer word voordat hulle op enige aanklagtes kan teregstaan nie?

Cherokee ·

Ja my omie, jy mag reg wees naar dit verhoed steeds nie opinies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.