SA regering praat met Zim oor handelsverbod

Foto: www.african-bulletin.com

Foto: www.african-bulletin.com

Die Suid-Afrikaanse regering tree met Zimbabwe in gesprek oor die jongste handelsverbod wat deur dié land ingestel is.

“Die departement van handel en nywerheid het met kommer kennis geneem van die beperkingsmaatreëls wat die regering van Zimbabwe ingestel het,” het die departement Sondag in ʼn verklaring gesê.

Die maatreëls sluit ʼn invoerverbod, bybetalings, verhoging van invoerbelasting, invoerpermitte en ander beperkings in wat ʼn negatiewe invloed het op streekshandel.

“Die Zimbabwiese regering meen die handelsbeperkinge is nodig om die ontwikkeling van die plaaslike bedryf te ondersteun en om die ekonomiese sanksies te verlig wat tot die uitdaging van agterstallige betalings gelei het,” het die departement verduidelik.

Die verbod op invoere of invoerpermitte wat vereis word is van toepassing op produkte soos skoonheidsmiddels, ontbytpap, koffieverromer, mayonnaise, kaas, geblikte vrugte en -groente, tweedehandse bande, staal- en ysterprodukte, meubels en geweefdekatoenmateriaal. Dié verbod, wat in Junie ingestel is, is bykomend tot vorige maatreëls.

“Die negatiewe impak op Suid-Afrikaanse uitvoerders kan nie onderskat word nie en die departement sal steeds reageer op die betrokke uitvoerders en die regering van Zimbabwe in gesprekke betrek,” het die departement bygevoeg.

Suid-Afrika en Zimbabwe is tydens die laaste vergadering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se komitee van handelsministers, versoek om verslag te doen aan die SAOG oor die invloed wat dié maatreëls gaan hê op die nakoming van SAOG-handelsprotokol.

Minister Rob Davies het namens die Suid-Afrikaanse regering die Zimbabwiese regering by gesprekke betrek deur SAOG-strukture om ʼn vreedsame oplossing te vind wat in ooreenstemming is met Zimbabwe se verpligtinge van die SAOG se handelsprotokol, maar ook terselfdertyd sensitief is oor Zimbabwe se nywerheidsontwikkeling en agterstallige betalings.

Zimbabwe is die afgelope twee weke deur gewelddadige betogings geruk toe die regering ʼn verbod geplaas het op die invoer van basiese voedsel en ander kommoditeite van Suid-Afrika. Oorgrenshandelaars het by die Beitbrug-grenspos betoog. Die betogings, wat in sommige gebiede met geweld gepaard gegaan het, het van Beitbrug na Harare, Bulawayo en Victoria Falls oorgespoel.

Lees alle vorige berigte oor Zimbabwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Grap ·

En Zuma het gedink bob is sy vriend en mentor en nou benadeel hy Suid-Afrika en bevoordeel Zimbabwe ……sluit die grense en stuur sy miljoene werkstelers terug.

Lance ·

Praat praat praat en drink tee dis al wat dit regtig is ….dis n joke

Marietjie ·

Stuur al die onwettige zim mense terug na bob, wat die wit mense se werk vat sonder permitte om in die land te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.