SA se $10 miljoen het blykbaar “gewerk”

Argieffoto

Argieffoto

Die omstrede $10 miljoen wat Suid-Afrika in ʼn rekening van Jack Warner, oud-visepresident van Fifa, betaal het vir die ontwikkeling van sokker onder Afrikane in diaspora in die Karibiese gebied, het klaarblyklik vrugte afgewerp … mits van die geld hiervoor aangewend is.

Volgens Fifa se ranglys vaar verskeie Karibiese eilande beter as hul weldoener op die ranglys. Die BafanaBafana het met tien plekke tot die 69ste plek teruggesak. Die Karibiese eilande wat nou beter as Suid-Afrika vaar is Trinidad en Tobago, Warner se land, wat die 67ste plek beklee, maar ook twee plekke teruggesak het.

Jamaika het met nege plekke verbeter en beklee nou die 65ste posisie. Haïti het in die 76ste posisie nog inhaalwerk om te doen, maar het darem met drie plekke verbeter.
Die meeste Karibiese eilande, waaronder Kuba (107) kon egter nie onder die beste 100 eindig nie.

Duitsland beklee die nommer een posisie, gevolg deur België en Argentinië. Algerië in die 21ste plek is die Afrikaland wat die beste vaar. Altesaam 15 Afrikalande vaar beter as Suid-Afrika.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Fifa-skandaal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wil weet ·

As hul nog bietjie meer betaal het, was hul sekerlik ook hoër op ranglys!!! hie-hie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.